cookie

We use cookies to improve your browsing experience. By clicking «Accept all», you agree to the use of cookies.

avatar

Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

Show more
Advertising posts
276
Subscribers
No data24 hours
-27 days
-930 days

Data loading in progress...

Subscriber growth rate

Data loading in progress...

Dinsdag 2 Julie 2024 Môre Ons het gister gepraat en gesê dat dinge verander, dat misdaad tendense gedurig ontwikkel en dat ons moet aanpas by die tye. Nou hoor ek baie keer dat mense sê "Maar ek het nie geld nie" en dit is baie waar. Moderne veiligheid stelsels kos geld, baie geld. Ek ken mense wat letterlik honderde duisende rande gespandeer het en steeds nie veilig is nie. Daarom het ek gister gesê, jy moet self ook navorsing doen, self uitvind en bepaal wat vir jou gaan werk. Jy gaan die goed gebruik, jy ken die skuiwergate in en om jou plek beter as enigiemand. Gebruik hierdie kennis tot jou voordeel. En dan baie belangrik, BEGIN NET. Lao Tzu het gesê " 'n Reis van 'n duisend myl begin met die eerste treë" begin net, al is dit met 'n eenvoudige rooi liggie wat by jou voordeur brand om ander te laat dink jy het 'n alarm. Dit gaan jou letterlik 'n paar sent kos en as jy dit laat doen seker maar paar rand maar dan het jy reeds begin. Jy't nou begin, nou moet jy net aanhou beweeg. Elke maand een dingetjie aankoop, elke twee of drie maande dit laat installeer en voor jy weet het jy 'n redelike stelsel. Hou net aan beweeg Werk met 'n plan. Moenie sommer enigiets koop net omdat iemand dit aanbeveel nie, doen navorsing, Google is mos jou maaitjie. Gaan kyk eers of die stelsel vir jou sal werk en of dit aan jou huidige en toekomstige behoeftes gaan inpas. Hou ook in gedagte dat 'n alarm binne jou huis nie meer regtig die beste is nie. Ek wil nie weet as iemand binne my huis is nie, ek wil weet sodra hy my perseel binnekom. Ek wil reageer sodra daardie ou oor die draad, muur of ander obstruksie klim. Hy moet ook weldeeglik weet hy gaan weerstand kry van binne my werf. Hy gaan nie net daar inloop sonder enige gevolge nie. Moenie net 'n lam ter slagting wees nie, jy kan en mag jouself verdedig. Doen dit Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

275 followers

👍 1
Maandag 1 Julie 2024 Môre Op 'n oggend soos vanmôre sit ek en kyk hierdie skoon bladsy en wonder, wat moet ek sê? Wat meer kan ek sê, ek is nie lus om dit wat oor die laaste 3 tot 4 jaar gesê is weer te sê nie. Maar dan dink ek weer, daar is so baie wat dalk nog nie gehoor het nie en daar is so baie wat dalk onwetend in lewensgevaar verkeer en dalk sal een boodskappie iewers daar buite een ou se lewe red, dan begin ons maar weer. Ek het al by geleentheid die storie vertel van Koos wat werk gekry het by die saagmeule. Eerste oggend by die nuwe werk sommer so 10 minute na die werksaamhede begin het, sny Koos sy een vinger stomp teen sy hand af. Gelukkig ken die ouens al die storie, gryp die vinger, sit dit in 'n sak ys, jaag met koos en die vinger na die hospitaal waar 'n briljante neurochirurg die vinger weer aanwerk. Ses weke later is koos terug by die werk. Vinger is so goed soos nuut en baie trots wys Koos nogal die chirurg se handewerk aan almal. Die baas roep Koos en sê vir hom, " Koos, ek moet nog verslae en ander goed indien, kom vertel nou mooi vir my wat het verkeerd geloop daardie oggend" Koos antwoord: "Meneer ek weet regtig nie, ek het net my vinger in hierdie gaaitjie gedruk en haai kyk! Daar gaan hy weer . . ." Nou ons mense is baie soos Koos, ons hou aan om dinge op dieselfde manier te doen maar verwag dan dinge moet anders eindig. Dit kan nie so werk nie! Jy kan nie aanhou om jou vinger elke keer in daardie gaaitjie te druk en te verwag dit gaan wonderbaarlik eendag nie afgesny word nie! Dit werk net nie so nie. Jy kan nie steeds dieselfde veiligheid stelsels gebruik wat jou pa en oupa 120 jaar gelede gebruik het nie! Jy gaan bloei en as jy regtig baie gelukkig is gaan jy net jou vinger verloor. Mense, tye verander, modus operandi verander, jy kan nie verwag dat dinge dieselfde moet bly jaar na jaar nie. Moet ook nie dink dat jy alles binne 1 dag of week moet hernuwe nie. Tyd is kosbaar maar ook geduldig. Werk strategies en met 'n plan. Ek sien so baie ouens wat op een slag derduisende wil spandeer aan veiligheid en dan hulself vasloop in strikke. Onthou dat enige verskaffer van sekuriteit wil geld maak. Geen mens doen besigheid net vir die pret daarvan nie. Jy moet dus self ook bietjie weet wat jy wil doen, hoe jy wil hê jou stelsels moet werk en wat alles jy benodig. Ja jy mag jou laat lei deur die kenner maar moenie alles vir soetkoek opeet nie. Wees slim en wees wakker en bowenal, bly by die tye. Daardie eerste alarm wat jou pa in die huis laat sit het in 1980 is nie meer voldoende nie my vriend. Daardie alarm was al in 1981 verouderd. Bly by die jongste idees en planne. Nie eens misdadigers gebruik dieselfde tegnieke as in 1980 nie. Ons sien dat modus operandi omtrent elke 6 tot 8 maande verander. Jy moet buigbaar wees om aan te pas by hierdie nukke en grille. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 4
Vrydag 28 Junie 2024 Goeiemôre Kommunikasie, veral in 'n plaas, buurtwag situasie is uiters belangrik. Eerstens is dit belangrik om inligting aan lede deur te gee. Inligting kan wissel van die alledaagse verdagte persone tot inligting ivm misdade wat reeds gepleeg is of selfs wat nog mag voorlê. Dit is belangrik dat hierdie inligting gedeel word maar ook deur een of twee toegewyde lede geanaliseer en verwerk word tot iets wat bruikbaar is. Mens sal ook sensitief wees met sekere inligting, jy sal byvoorbeeld nie inligting rakende 'n definitiewe aanval wat geloods gaan word op 'n oop groep plaas nie. Eerstens weet mens nie hoe dit die uiteinde van die saak kan benadeel.nie en tweedens is daar altyd die moontlikheid dat iemand op sulke inligting kan reageer as vigilante en groot probleme kan veroorsaak. Dan is daar die stiptelikheid faktor. As jy vandag inligting ontvang help dit nie regtig as jy die inligting eers dae na die insident gaan deel nie. Stiptelikheid in die algemeen is nogal belangrik wanneer mens met veiligheid en sekuriteit werk. Weereens sal dit nie werk as mens vergadering reel en dan daag die ouens wat die vergadering reël laat op nie, of selfs jou radiotoets wat saans 20:00 is word skielik uitgestel en vroeër gemaak sonder die nodige kennisgewings en dit omdat een of twee persone die tye ongeleë vind nie. Waar dit kom by veiligheid moet mens maar se effe militaristies wees, streng orde en dissipline moet toegepas word anders val die ding naderhand uitmekaar. Elke ou wil mos nou maar eenmaal 'n one man army wees en dan is daar nog al die ouens wat in hierdie sameswering teorieë glo wat dit met almal wil deel. So kan mens aangaan maar die punt bly steeds jy moet streng kan standhou en mense wat nie inval by die reëls nie vinnig kan kortvat. Sterkte met wat elkeen van julle aanpak en doen en onthou die kortste pad na sukses is op jou knieë. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 4
Donderdag 27 Junie 2024 Môre Ons het vandag soveel tegnologie, inligting en ander hulpmiddele beskikbaar dat ons nie werklik meer 'n verskoning het as dit kom by veiligheid nie. Toe ek ongeveer 35 jaar gelede in die veiligheid bedryf betrokke geraak het, was veiligheid en sekuriteit amper 'n luukse in ons stede en dorpe. Baie mense het destyds nog met hul oop vensters geslaap en weinig het enigiets meer as 'n gewone plank deur aan hul huis gehad. Stadig maar seker het dinge begin verander, eers het diefwering aan vensters 'n noodsaaklikheid geword, daarna veiligheidsdeure, en so het dit voortgebou. Vandag leef baie mense in huise wat oor meer stelsels beskik as 'n gemiddelde tronk, en steeds neem dit toe. Die denkrigtings en het natuurlik ook baie verander. Eers het ons baie basiese alarms gehad, min hiervan het aan 'n reaksie maatskappy gerapporteer en die wat wel het, het meestal telefoon lyne gebruik. Toe ek begin betrokke raak het telemetrie stelsels net gewild begin raak. Jy kon dus jou alarm via radio sein aan die beheer kamer laat rapporteer. Destyds was die tegnologie nog in sy kinderskoene. Stadig het dit ook ontwikkel tot waar ons vandag met IP sisteme tweerigting kommunikasie met jou alarm paneel kan bewerkstellig tot so mate dat tegnici sekere verstellings aan die stelsel kan maak van sy selfoon sonder om jou huis eers te besoek. Alarms het ook 'n skuif gemaak, eers net binne die huis, later binne en buite en vandag amper eksklusief net buite waar dit 'n vroeë waarskuwing stelsel kan wees. Alarms, elektriese heinings en selfs goed soos hekmotors en buiteligte begin al meer met mekaar integreer en jou alarmstelsel begin al meer 'n tuis outomatiseer stelsel word, jou hek kan bv die opdrag gee dat buite ligte moet aanskakel of garage deur moet oopmaak en alarm moet afskakel as 'n gemagtigde gebruiker dit oopmaak. Alles werk met 'n App en dit is deesdae ook die nr 1 vraag, kan ek dit op my foon doen? Tog is ons lewe vandag steeds baie meer onveilig as 35 jaar gelede en word dit elke dag net nog meer so. Ons sien egter dat mense steeds baie blasé is oor hul veiligheid en baiekeer nie eens die basiese goedjies in plek het nie. Ek kan maar net wonder hieroor Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 4
Dinsdag 25 Junie 2024 Môre As mens kyk na onlangse wêreld gebeure soos bv die oorloë in Oekraïne en Gaza, sien mens dat een van die eerste goed wat regerings doen, is om internet toegang aan die begin van so groot insident te staak. Dit is dus duidelik dat die persoon/ entiteit wat inligting beheer, beheer die situasie. In 'n geval waar 'n ondersese kabel byvoorbeeld beskadig of gesaboteer word, verloor groot dele van die bevolking hul toegang tot inligting. In so geval word dit baie maklik vir iemand anders om beheer oor jou omstandighede oor te neem. Waar ek woon, en ek glo op baie ander plekke ook, gebeur dit so dat mens selfoon sein verloor wanneer die krag afgaan. Misdadigers het die selfoon torings se batterye al soveel keer gesteel dat dit nie meer die moeite werd is vir die maatskappye om dit te vervang nie. Een of twee torings word gefortifiseer terwyl die res dan sonder batterye gelaat word. Die uiteinde is gemeenskappe wat letterlik en figuurlik in die donker gelaat word elke keer wanneer die krag afgaan. Jy kan nie bel nie, jy't nie internet toegang nie dus is jy blootgestel. As mens nou kyk na ambassades van verskillende lande, sal jy sien dat hierdie ouens almal alternatiewe kommunikasie planne in plek het. In meeste gevalle is dit dan ook 'n kombinasie van ou en nuwe tegnologieë. Hulle gebruik meestal satelliet fone en ander satelliet verbindings maar ook kortgolf tweerigting radio. Alles 'n manier om kontak met hul onderskeie regerings te behou. Nou as hierdie ouens dit nodig vind om op internasionale vlak steeds kommunikasie te behou, wat maak ons dan so uniek dat ons dit nie wil doen nie? Ons kan mos onder onsself organiseer om radio kommunikasie te bou en behou vir tye van nood. Het jy al ooit nodig gehad om 'n ambulans te ontbied vir 'n noodgeval net om te vind jou selfoon is nie werkend nie? Dit het al by geleentheid met my gebeur dat ek erens tussen niks en nêrens op 'n ongelukstoneel afkom. Ek het darem die voordeel dat ek beide amateur radio sowel as marnet radio in my voertuig het. Uit my voertuig uit het ek normaalweg so tussen 30 en 50 Km reikwydte met die radio's en ja dit het my op meer as een geleentheid al uit die moeilikheid gehelp. Selfs net jou gewone buurtwag radio is 'n reuse hulp daar om die kospotte. As jou foon nie werk nie kan jy steeds hulp ontbied as jou kind of kleinkind 'n arm of 'n been breek. Ek noem nou sulke situasies maar eintlik vir alle nood hetsy beserings of aanvalle of wat anders ook al. Belê daarin om alternatiewe kommunikasie in plek te kry. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 5
Maandag 24 Junie 2024 Môre weer As ek kyk hoe ander lande noodtoestande benader, besef ek net weereens dat ons hier in Suid-Afrika erg aan die elemente uitgelewer is. Baie van ons is seker bekend met die Amerikaners se tornado sirenes of die Japanese se tsunami waarskuwing stelsels. Hier by ons bestaan daar nie die dringendheid om sulke stelsels in plek te sit nie met die gevolg dat ons redelik gereeld hoor van natuur en ander rampe wat in ons land plaasvind. Dink maar aan goed soos die Tulbach aardbewing, Laingsburg vloed en selfs die Westdene busramp. Hierdie gevalle het almal plaasgevind in 'n tydperk toe daar nog redelike beheer van regeringskant was maar intussen weet ons almal ook dat ons regering op die oomblik spartel om iets so eenvoudig soos kragvoorsiening onder die knie te kry. As daar vandag 'n natuurramp op die skaal van Laingsburg moet plaasvind glo ek dat duisende lewens verlore sal gaan. Hier in ons dorpie voorsien ons al lankal 'n groot natuurramp aangesien verskeie informele nedersettings hulself gevestig het in die vloedvlaktes van ons dorp spruit. Dit gekoppel met die feit dat ons oor jare natuurlike vleilande droog gelê het en boonop nog teerstrate en plaveisel oral ingesit het, kan mens net wonder wat sal gebeur as vloedwater ons dorp onverwags moet tref. Hier is dan ook waar ek vandag my aanknopingspunt wil maak. Hoe voorbereid is ons vir soortgelyke rampe en gevalle. Hoeveel van ons sal kan georganiseerd wees en aan georganiseerde teen veldtogte kan deelneem? Is daar enige gebeurlikheid planne in plek en as daar is, hoeveel mense is ingelig en betrokke? Het ons van ons kant af sulke planne in plek? Wat maak ons as dinge skeefloop en die owerhede kan nie van hulp wees nie. Is dit nie tyd dat ons hieraan moet begin dink nie? Moet ons nie planne en stelsels in plek kry vir verskillende situasies nie. Dit hoef nie net natuur rampe te wees nie, dit kan iets baie kleiner wees soos bv die sabotasie van hoof krag toevoer na dorpe, stede of selfs streke. Dan praat ek nie eens van politieke onstabiliteit nie. Het jy gebeurlikheidsplanne in plek in jou huis, gemeenskap, dorp of stad? Dit is net soos dood en begrafnis,mens wil nie regtig daaraan dink nie maar dit kom en wat maak jy as dit kom? Hoe hanteer jy dit. Hopelik het jy 'n plan in plek en kan jy darem een van die wees wat jou kop kan hou terwyl almal om jou hulle s'n verloor. Ek weet ek hamer baie hierop maar mens moet darem ook besef dat dinge nie altyd goed gaan nie en dat jy somtyds in slegte omstandighede kan beland. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 3
Vrydag 21 Junie 2024 Môre Ek word beskuldig daarvan dat ek alle mense van kleur oor dieselfde kam skeer wanneer dit by misdaad kom. My redenasie is bietjie anders en ek gaan dit weer probeer verduidelik. Veronderstel ek is 'n werker in jou huis of tuin. Ek is 'n goeie ou wat, net soos jy, nie misdaad duld nie. Ek werk Maandag tot Saterdag middag eenuur en is baie tevrede want jy behandel my goed, ek sukkel nooit om my salaris te kry nie, kry gereeld 'n ietsie ekstra soos wanneer julle gaan jag, en ou klere en sulke goed. Ek is lief vir die mense vir wie ek werk en sal julle beskerm met my lewe. Ek is ook altyd bly wanneer ek sien dit gaan goed met julle, julle word geseën met mooi geld en goed. Saterdagaand kuier ek saam met my mense en dan vertel ek hulle hoe goed julle vir my is, ek is so trots op my werkgewer want hy doen so goed. Hy het die week 'n nuwe TV gekoop, so groot een. Ook die week het hy 'n nuwe kar gekry, Toyota Landcruiser VX. Hy kon die kar en die TV koop met die geld wat hy gekry het van 'n polis. Ons almal is gelukkig omdat ek by so goeie man werk want daardie ou TV is nou myne. Ons het vanaand lekker storie gekyk hier. Goed sovêr niks verkeerds nie nè behalwe dat my suster en haar seun wat hier kuier, se laaitie 'n nyope koppie is. Ek het nie geweet nie, maar die slegte kind het dadelik sy maatjies laat weet van al die geld wat my werkgewer gekry het en sal jy glo voor ons mooi weet wat aangaan is ons vanaand geroof. Ook daardie TV wat ek persent gekry het, is nou weg. Hulle het ons vasgemaak en is nou op pad na jou huis toe. So maklik kan dinge skeef loop. Nêrens was jou werker doelbewus betrokke by enige onwettigheid of selfs kwade bedoeling nie maar deur net vir sy eie mense te vertel van jou sukses is julle albei nou vanaand in die moeilikheid. Omdat ek hierdie tipe scenario so baie gesien ontvou het, het ek ook al geleer om niemand te vertrou nie. Dit is ongelukkig so dat die pad na die verderf geteer is met goeie bedoelings. Sterkte vir elkeen, geniet die naweek wat voorlê Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 4
Donderdag 20 Junie 2024 Môre Veiligheid deur skyn. Gedurende die tweede wêreld oorlog het die Amerikaners met 'n plan vorendag gekom wat die oorlog heel moontlik ook so bietjie help stuur het. Hulle 'n afdeling gemaak wat daarop gekonsentreer het om die vyand te mislei deur illusie. Hulle het deur middel van opblaas tenks, vals radio kommunikasie, berigte ens die indruk geskep dat daar twee afdelings, ongeveer 30 000 man, ekstra op die grond is. Hoewel baie slim was hierdie nie die enigste keer wat misleiding gebruik is om die vyand om die bos te lei nie. In Feb 1986 word die film FX Murder by illusion vrygestel. In kort die storie van 'n spesiale effek kunstenaar wat die polisie behulpsaam is om 'n moordenaar vas te trek. Gaan soek dit gerus op Youtube. Ons kan vandag steeds veiligheid bereik deur illusie. Deur die illusie te skep dat daar bv heeldag en heelnag iemand op jou perseel wakker is, kan voornemende misdadigers goed die skrik op die lyf jaag. Deur 'n paar keer vinnig en effektief op vroeë waarskuwing te reageer kan die lussie skep dat 'n misdadiger maklik gevang kan word op 'n perseel, skrik so persoon gewoonlik af van daardie perseel af. Daar is honderde voorbeelde wat ek al gesien, sommige self beleef en selfs 'n paar self uitgevoer het met groot sukses. Ons almal ken sneller drade, "trip wires" en hoe jy bv 'n skadelose skoot kan laat afgaan om betreders die skrik op die lyf te jaag. Ons ouers en voorouers het dit gereeld gebruik om ape, bobbejane en ander probleem diere uit hul groentetuine te hou. Deur net snags ligte in sekere dele van jou huis aan te hou skep ook die illusie dat iemand wakker is, selfs as jy daardie ligte elke keer as iemand opstaan om draai te loop of water te drink, te ruil tussen vertrekke soos bv TV kamer en kombuis, kan regtig baie doen vir daardie illusie. Weereens moet die uitvoering geheim gehou word en slegs huismense, geen buite personeel, moet hiervan bewus wees nie. Met illusie kan jy baie dinge bereik met min mense. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 4
Woensdag 19 Junie 2024 Môre Wat is jou rol in jou gemeenskap? Is jy een van die reaksie ouens? Of dalk meer betrokke by logistieke, dalk is jy een van die mense wat inligting insamel en deurgee? Dalk is jy een van die massa mense wat net op die groep wa saamry sonder om ooit 'n woord te sê, die ou wat Vrydag of Saterdagaand by die braai vir sy vriende net die lekker sappige goedjies van die week deurgee. Die gemiddelde groep bestaan uit minder as 10% aktiewe lede. Aktief beteken nou ouens wat bydra, inligting deurgee, deel in die radiogroep en ander groep aktiwiteit. Dis die ouens wat by vergaderings opdaag, so hier en daar help om patrollie te ry of bloot darem so hier en daar inligting deurgee. Die ander <90% is net daar. Sit met sulke groot oë en kyk en sê/ doen niks verder nie. Dis dan ook uit hierdie geledere waar ons die meeste aanvalle sien. Dis die ouens wat sê kar wiele, batterye, tuinstoele, TV's en ander waardevolle items gewoonlik geneem word en wat dan nie kan verstaan wat aan die gang is nie. Dit is al oor en oor bewys dat die aktiewe ouens se risiko heelwat laer is as die wat altyd passief in die hoekie sit en stil bly. Gaan kyk maar in jou gemeenskap, die ouens wat bedrywig is loop bitter min deur. Hoekom werk dit so? Daar is verskeie redes maar die mees algemene is omdat hierdie betrokke ouens meer ingelig is, meer paraat is, meer geharde teikens is. Dit gaan nie oor ouderdom nie, ook nie oor fisies aktief wees nie maar oor die vlak van gereedheid. As jou bediende sien jy is gereeld in kontak met jou buurtwag deur middel van byvoorbeeld jou radio, dan loop die woord dat jy paraat en georganiseerd is. Dieselfde as jy reageer, sigbaar is. Dan loop die woord en hoewel die ouens nie noodwendig praat omdat hulle jou wil aanval nie, kom die inligting wel uit. Dieselfde met die ou wat in twee weke se tyd nog nie die moeite gedoen het om die buurtwag groep se boodskappe te lees nie. Glo my, mense sien dit en mense weet jy is nie aktief nie. Dus is jy 'n sagte teiken. Raak betrokke, wees aktief, al is dit net om gereeld die boodskappe te lees en waar nodig inligting deur te gee. Wees aktief, dit help jouself en jou gesin in die lang duur. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 6
Dinsdag 18 Junie 2024 Môre Soos ek gister genoem het, merk ons dat die misdaad tans skerp toeneem. Aanvalle vermeerder en ek merk dat plaaswerkers nou ook erg geteiken word. Ek het gister 'n berig gelees waarin melding gemaak word van verdagtes wat gearresteer is in verband met 'n aanval. Een van die verdagtes is jou werklikwaar 'n pastoor. Ons sien ook dat baie van die misdaad in ons area deur blankes beplan en selfs uitgevoer word. Hierdie is in baie gevalle dwelmgebruikers wat die misdade pleeg om hul gewoonte te voed maar ook in baie gevalle teen mense wat hulle bv geld skuld. Dit is dus baie moeilik om te bepaal wie mens kan vertrou en wie nie. Die tradisioneel "slegte" ouens begin opstaan as helde en omgekeerd. Ek kan maar net weer sê, kry jou vroeë waarskuwing stelsels in plek, sorg dat jy jou roetines gereeld verander, wees paraat, moenie sommer self uitgaan om ondersoek in te stel nie, kry hulp van buite, sorg dat jou kommunikasie in plek kom, sluit aan by plaaslike veiligheidstruktuur, as daar nie is nie, stig dit self. Enige struktuur, hoe klein en ongeorganiseerd ook al, is beter as niks. Vat hande met ander strukture, SAPD, ander buurtwagte van omliggende areas, veiligheid en sekuriteit maatskappye, selfs ouens soos ambulans en insleepdienste. Almal mense wat in tye van nood kan saamspan om te help. Raak betrokke by ouens soos AfriForum wat kan ondersteuning bied. Moenie net sit en wag vir wat ookal mag gebeur nie, wees pro aktief, tree pro aktief op. Maak inligting bymekaar, weet wie is om jou, wie om te vertrou en wie nie. Weet waar is die misdaad brandpunte, watter tipe misdaad word gepleeg en so meer. Die ou met die inligting is die koning. Ons almal ken mos die rympie? Om te meet is om te weet. Meet dit wat om jou aangaan, meet dit wat jy doen en balanseer dit teen dit wat jy weet om jou aangaan, is jy opgewasse teen dit wat jy probeer bekamp? Sterkte en wees asseblief versigtig. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Show all...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

261 followers

👍 4
Choose a Different Plan

Your current plan allows analytics for only 5 channels. To get more, please choose a different plan.