en
Feedback
OORLEWINGS tuine

OORLEWINGS tuine

Closed channel
1 284
Subscribers
-124 hours
-57 days
-1330 days
Posts Archive
TUINTAKE VIR JULIE 2026 Ā  Ek is laat met die aanwysings, want die werklike werk in die tuin begin eers na die 13 de wanneer die aarde se water tafel begin draai. Ā  GRASPERKE Aan die einde van die maand kan jy begin om jou grasperk kort te snoei en dan begin werk aan die grond se struktuur, om meer suurstof in die grond te kry. Eers in begin Augustus kan jy voeding toedien, wat hoog is in fosfate vir wortelgroei en nie in stikstof nie. Begin met ā€˜n dun lagie kompos en of erdwurmkompos, en dan GRASS ENERGIZER, maar net as jy kan water toedien. Ā  ROSE Die snoei van rose word afgehandel voor einde Julie en dan werk ons aan die grond en voeding. Begin met ā€˜n ½ sad vol kompos per roos, want hierdie jaar se hitte gaan dit vereis. Dan voed jy die roos met ROSEMIX en KOMPOS EKSTRAK WATER. Geel elke roos 20 - 25 liter water per week. As jy dit doen vir 2 – 3 weke lank in Augustus, is jy verseker van ā€˜n massa nuwe lote wat rooi Ā  VRUGTEBOME Vir sappige en soet vrugte word die volgende stappe na snoei gevolg: 1 – 2 sakke kompos per boom en 1 – 4 koppies vol voeding per boom, afhangende van die grootte van die boom. ACID FOOD vir appels, pere, nartjies, lemoene, suurlemoene, kumkwarte, pomelos, lemmetjies, Bessie bosse, en vir daardie advokadobome wat nie vrug maak nie. FRUIT TREE MIX vir die ander vrugtebome FIG TREE MIX vir die vyebome. Ā  GROENTETUINE Vir warmer tuine, waar geen ryp of sneeu voorkom nie, mag jy al begin om sade van somer groente te plant, sodra jou grond temperatuur bokant 15 grade Celsius is. Die beste datum vir ontkieming is 12 Julie. In die ryp areas sal ek wag tot vroeg in Augustus voordat ek enige somer groentesaad plant. Berei nou jou area voor waar jy somer groente wil plant deur genoegsame kompos te bekom. Met die aankomende El Nino en hoĆ« temperature gaan dit die een artikel wees waarvan ons baie gaan benodig. Ā  STRUIKE Snoei jou klein en groot struike voor einde Julie, voordat die plant nuwe uitloopsels toon. Gooi dan by elkeen ā€˜n mengsel van PLANT FOOD MIX en KOMPOS. Maak diep nat na toediening. Ā  MEERJARIGE PLANTE Die agapanthus, clivias en daglelies moet nou voeding ontvang vir die blomfase van die volgende seisoen. Voed met CLIVIA MIX en KOMPOS of ERDWURMKOMPOS. Ā  LEKKER TUINMAAK IN DIE KOUE VAN EINDE JULIE.

WINTERSNOEI VAN JOU ROSE Ā  Wanneer is die korrekte tyd om jou rose te snoei? En het die reĆ«nval van die Kaap ā€˜n invloed op wanneer jy kan snoei? Dit is die vrae wat ek gereeld ontvang. Ā  Hier bo, waar die grond temperature koud is, kan ons al begin snoei vanaf 13 Julie tot einde Julie, sodat die roos plante eers kan rus en nuwe wortels groei, voordat die plant enige nuwe groei bo die grond toon. Ek het al voorheen in einde Junie gesnoei, en dit het niks gedoen aan die tydperk wat die roos begin uitloop het nie. Die plant reageer op grond temperature. Ā  In die Kaap is die ou metodes se neiging om eers in einde Augustus te snoei, omdat dit reĆ«n, maar dan kry die plant nie kans om te rus en om nuwe wortels te groei nie. Dit is dus beter vir die plant om in Julie gesnoei te word. Solank daar net vir 3 dae nie reĆ«n op daardie nuwe wonde beland nie. Ā  Die grond se struktuur moet verbeter word na die snoei met die oopmaak van luggate vir suurstof en die toevoeging van nuwe kompos. As jy gebruik van van kunsmis met ā€˜n hoĆ« stikstof inhoud, moet jy eers wag vir Augustus, maar as jy gebruik maak van stadig oplosbare minerale, wat eers die wortels voed, moet dit alreeds na snoei toegedien word. Ā  Passop vir te hoĆ« stikstof in die begin, want dit gaan wortelgroei belemmer. Indien jy massa rose wil bekom in Oktober, groei eers sterk nuwe wortelstelsel voordat jy die plant toelaat om vinnige nuwe groei te toon. Ā  Het jy nodig om seĆ«laar op die wonde te plaas en kalkswael te spuit? Net as jy werk met chemiese kunsmis, en nie as jy gebruik maak van aerobiese kompos tee en of ekstrak nie. Ā  Groei rose met massaa blomme, sonder enige gifstowwe, deur die biologie in jou grond te verhoog, en bestudeer ons roos snoei video om die korrekte snit te maak vir massa blomkrag.

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

JOU VYEBOOM DRA SWAK OF VYE WORD AFGEGOOI Ā  Dit is boodskappe wat ek jaarliks ontvang en dus gaan ek gou die oorsaak daarvan bespreek. Ā  Hoe groot is jou vyeboom en hoekom het jy ā€˜n 4m x 4m vyeboom nodig as die vye net aan die nuwe groei gevorm word. Wanneer vyebome toegelaat word om groter en groter te groei, is die uiteinde daarvan dat elke ou tak te veel nuwe groei in Augustus gaan besorg en dit is juis hierdie massa nuwe groei en ook petite groei wat die energie steel vanaf jou plant, wat die oorsaak is hoekom joy boom sy vrugte afgooi. Ā  Ek het gaan inloer bu die Japanese se metode om vye kommersieĆ«l te groei en snoei en daar het ek my antwoord gevind, saam met die metodes wat gebruik word in Canada. Ā  Vyebome dra hul vrug aan die nuwe groei. Snoei dus jou vyeboon se ou takke tot ā€˜n knie hoogte en laat dan daardie takke toe om in Augustus maand net elkeen 2 – 3 nuwe takke te vorm. Die ander breek jy af in middel Augustus. Ā  Sodra die nuwe takke ā€˜n hoogte van 0.8 tot 1.2m hoog gegroei het, en 8 blare aan die nuwe tak gevorm het; dan breek jy die groeipunt van daardie nuwe tak uit. Dit sal gebeur in einde Augustus tot middel September. Deur die groeipunt uit te breek, stop jy die groei van die tak, en binne 3 dae sal daar dan miniatuur klein vytjies by elke blaar verskyn. Dus, gaan daar dan nou 8 vytjies minimum verskyn aan een stam, want jy het 8 blare op daardie stam oorgelos. HIerdie vytjies sal dan oor 90 dae gereed wees om te oes. Ā  Deur elke week, vir 3 weke lank, die groeipunte uit te breek van jou nuwe takke, beteken dus dat jy nie alle vye op een slag hoef te oes nie, want hulle gaan oor 3 weke spasieer om ryp te word. Ā  Sou jy nie hierdie metode gebruik nie, en die vyeboom oorlaat aan sy eie vermoĆ«ns, dan gaan die boom te veel nuwe lote produseer en al die energie word dan gestoot in groei van lang takke, en die boom gaan glad nie, of baie min vrugte produseer.

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

WANNEER MOET JY SITRUSBOME SNOEI Ā  Dit is nou jou lemoen, suurlemoene, nartjies, lemmetjies, pomelo’s en kumkwarte. Hierdie bome dra hul vrugte in die wintermaande, maar begin al hul nuwe blommetjies ontwikkel vir die volgende jaar se vrugte, die oomblik wanneer die winter grond temperature begin styg. Ā  Wanneer moet hierdie bome dan gesnoei word en hoekom moet hulle gesnoei word? Ā  As jy nie elke jaar jou bome snoei nie, sal die binneste takke oud word en begin om Pythophthora swamsiektes te toon. Die nuwe blare sal ook meer geel vertoon en gereeld tekens toon van wolluise . Om dus ā€˜n gesonde boom te verbou, met baie vrugte elke winter, moet die bome elke winter gesnoei word. Ā  Wanneer? Ā  Sodra die boom sy eerste tekens toon van blommetjies wat gevorm word. Jy sal nou vir my sĆŖ dat jou suurlemoenboom nog vrugte aanhet tot in Oktober, sommige suurlemoen bome hou nooit op met vrugte vorm nie. Maar, dit is waar jy as bestuurder van jou boom, die tekens moet raaksien in die winter, en snoei voordat die nuwe groei blomme uitstoot. Ā  Net verlede week het my bome hul eerste tekens getoon van blommetjies. Dus, het ek hierdie week ingevaar met die snoeiskĆŖr, en my snoeiwerk afgehandel, sodat my boom eers nuwe groei kan vorm in Julie voordat die blomme aan daardie nuwe groei in Augustus begin om blommetjies te vorm. Ā  Groei hierdie bome regtig in die winter? Ja, as die grond temperature begin styg. Het jy al gesnoei? Ā  En direk na snoei in Julie moet die boom voeding ontvang wat genoegsame kalsium en fosfate kan bied. Maar nie te veel stikstof nie, want dan gaan die nuwe groei geler vertoon en minder vrugte produseer. Hierdie bome benodig ACID FOOD vir voeding met tenminste ā€˜n sak tot 2 se goeie kompos as grond bedekking.

Ons het nog plek. Jeugsaal van Magalieskruin NG kerk in Joycestraat

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

DIE MAANKALENDE VAN JULIE 2026 Ā  Hierdie kalender is vir die hele SA geskryf, maar dit is hier waar jy moet besluite neem na aanleinding van die temperature in jou tuin. Die besluit of jy enige groente saad kan plant, berus by die temperatuur van jou grond en nie of jy in die winter of somer reĆ«nval area geleĆ« is nie. Ā  Kom ons begin by die groen gekleurde blokkie…dit is 2 dae voor Nuwe Maan…nou kan enige saad gesaai word, want dit is die datum met die vinnigste en hoogste ontkieming. Ā  Kan ons nou al somer sade saai? Nog te koud om graan gewasse direk in die grond te plant, maar warmer areas. Wat nie ryp ontvang nie, kan al graan gewasse in tonnels plant Nog te koud vir tamaties, komkommers, spanspek, waatlemoene en pampoen, maar ek kan al einde Julie hierdie sade plant in bakkies in my tonnel om dit uit te plant in die tuin na die 8 September as groot saailinge As jy vanaf die 18 tot 21 ste jou Brassica saad saai, gaan dit eers gepluk kan word einde Oktober, wanneer die grond temperature al baie warm is en Luise dan gaan oorneem; dus is dit beter om hierdie saailinge in potjies te plant en eers middel Augustus in die koeltetuin te plant. Waar jy baie ryp ontvang, is die grond nog te koud om wortels direk te plant einde Julie maand, maar tuine sonder ryp mag wel al hierdie plant. Sterk geurige plante soos rissies kan wel in Natal se warmer grond gesaai word, maar nie in dele naby die ryp en sneeu areas nie. Oor die algemeen is Julie maand nie ā€˜n gunstige maand om saad te saai nie, want dit is nog te koud vir somer saad en alreeds amper te laat vir wintersaad. Maar, as jy beskik oor ā€˜n tonnel, kan sommige saad alreeds geplant word.

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

Ons SNOEI LESING word nou aangebied in die vlg areas: *4 Julie in Magalieskruin *6 Julie op die Donkerpoort pad *10 Julie by Rietvallei, Pretoria *15 Julie in Centurion *22 Julie in Waverley *29 Julie in Mooiplaats, Boschkop Ons benodig nog inskrywings veral vir Rietvallei en Magalieskruin

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

Arina stuur more en donderdag koerier pakkies weg. Bestel ons spesiale aanbod op minerale mediums

Photo from Garden of Eden Info
Photo from Garden of Eden Info

NUWE BROKKOLI BIED HOOP VIR BETER GROEIKRAG As jy nog net gesukkel het met die groei van jou brokkoli en nog nooit groot koppe kon oes nie, dan is hierdie nuwe variĆ«teit vir jou bedoel. Dit is die nuwe variĆ«teite van Starke Ayres se Summerset hybrid en Parthenon hibried wat net 60 – 75 dae neem van saad tot oes. Ā  Van dag een na ontkieming is hierdie saailinge se stamme sterker , die groei is vinniger en elke saad wat ek gesaai het, het ontkiem. Ā  Hierdie brokkoli is ook die oplossing vir ons tuiniers wie see grond temperature in die wintermaande nie lank genoeg koud genoeg is om met sukses ā€˜n brokkoli te groei nie. Wanneer dieĀ  brokkoli se grond temperatuur te vinnig styg in Augustusmaand, dan ontwikkel die brokkoli se blomkop Luise, sodra dit begin vorm aanneem en die tuinier eindig met 3 – 4 maande se versorging van die plant, sonder om ā€˜n oes te kan afhaal. So ā€˜n plant se kop is ook geneig om vinniger te fermenteer en af te gaan sodra die brokkoli kop geoes is. Ā  Navorsing oor roket as ā€˜n plant pasmaat vir brokkoli is nie wel bekend in die media nie, maar in my navorsing oor plant pasmaats het ek afgekom op hierdie interessnate verskynsel. Die roket groei beter wanneer dit tussen die brokkoli geplant word met groter blareĀ  en die reuk wat afgegee word deur die roket blare, hou die insekte weg van die brokkoli. Nou gaan ek die buitenste blare van die roket oes om meer spasie te bied vir die brokkoli blare om uit te sit.

šŸ„’ Leer hoe om gesonde komkommer plante met ’n groter oes te groei! ā±ļø Duur: 2 uur 10 minute šŸ’° Prys: R180 Sukkel jy met komk
šŸ„’ Leer hoe om gesonde komkommer plante met ’n groter oes te groei! ā±ļø Duur: 2 uur 10 minute šŸ’° Prys: R180 Sukkel jy met komkommers wat geel word, ophou groei, bitter smaak, krom groei of swak dra? In hierdie video-opleiding leer jy hoe om jou komkommerplante reg te versorg en algemene foute te vermy. Jy leer onder andere: šŸ„’ Grondvoorbereiding vir sterk wortels šŸ„’ Regte natmaak om probleme te voorkom šŸ„’ Groei in potte en klein spasies šŸ„’ Trellis- en TP-strukture vir beter groei šŸ„’ Snoei vir sterker plante šŸ„’ Siektebeheer en algemene probleme šŸ„’ Wanneer en hoe om te oes šŸ„’ Die regte variĆ«teite vir jou klimaat Jy leer ook oor: 🌿 Amish-grondvoorbereiding 🌿 Gis- en melasse-tee 🌿 Gesonde grondlewe 🌿 Voorbereiding vir ’n langer groeiseisoen Vir tuine, verhoogde beddings of potte – leer stap vir stap hoe om jou komkommers beter te laat groei. šŸ„’šŸŒ± Om te bestel, stuur VID105 aan Tessa op WhatsApp by +27663266321 met jou naam en e-posadres.

Tuintake vir Junie 2026 Ā  Alle tuinprobleme — of dit nou insekte is wat jou plante opvreet, wortelvrot en swamsiektes, geel blare of plante wat swak groei — lei uiteindelik terug na ƩƩn kernsaak: grondgesondheid. Ā  Maar wat beteken grondgesondheid werklik? Dit beteken dat die grond die nodige minerale aan die plant kan voorsien, presies wanneer die plant dit benodig. Dit gebeur nie net deur kunsmis alleen nie, maar deur ’n lewende stelsel van grondorganismes wat voortdurend werk om voeding beskikbaar te maak. Ā  Ons is nie almal plantkundiges nie, en daarom is die natuur se eie ā€œprofessionele dokterā€ so belangrik: die grondbiologie. Hierdie mikroskopiese organismes breek organiese materiaal en minerale af en stel dit beskikbaar vir plante op die regte tyd en in die regte vorm. Ā  Elke plantgroep het egter sy eie behoeftes: Rose verkies ’n grond met meer voordelige swamme (fungi) om sterk en gesond te groei. Groente soos blomkool benodig ’n ander balans van mikro-organismes om plae soos luise natuurlik te help beheer. Vrugtebome benodig selfs nóg meer voordelige fungi — dikwels tot vyf keer meer as groentetuine — om volop vrugte te kan dra. Ā  Hierdie ā€œprivate dokterā€ van jou tuin moet nie net een keer per jaar teenwoordig wees nie. Die grondbiologie moet dag en nag aktief wees om die grond lewendig en gebalanseerd te hou. Dis hierdie organismes wat help om probleme reg te stel voordat ons dit bo die grond kan sien. Ā  Maar grondorganismes kan nie uit niks voeding skep nie. Hulle moet organiese minerale en materiaal in die grond hĆŖ om mee te werk. Daarom is Junie en Julie kritieke maande in die tuin. Ā  Wat moet nou gedoen word? Tydens Junie en Julie behoort jy reeds: organiese minerale neer te sit, kompos en organiese materiaal by te voeg, die grond met deklaag te beskerm, en die grondbiologie aktief te voed. Ā  Dit gee die organismes genoeg tyd om voeding af te breek en chemies om te skakel na plant-opneembare vorms voordat die groeiseisoen in Augustus begin. Dit is veral belangrik vir: vrugtebome, rose, struike, en meerjarige plante. Ā  Omdat ons laat en swaar reĆ«n in die afgelope seisoen gehad het, is baie voedingstowwe uit die grond geloog. Daarom benodig plante nou ekstra ondersteuning om sterk deur die winter te kom. Ā  Soos ’n warm pot sop ’n mens in die winter help warm bly, so help: minerale voeding, goeie kompos, en aerobiese kompostee om plante teen koue grond en ysige nagte te beskerm. Ā  ’n Gesonde tuin begin dus nie by gifstowwe of noodbehandelings nie — dit begin by lewende, gebalanseerde grond.

Arina lewer WOENSDAG produkte af vir die laaste keer in Meimaand. Bestel asb voor Maandag 08h00 by 082 331 5434.

DIE KOSTES VAN TAMATIES Ā  In die begin van Meimaand het ek gesien dat tamaties nou R35,00 per kg kos in die meeste winkels, en net gister sien ek ā€˜n facebook plasing van iemand wat noem dat tamaties nou R60,00 per kg kos. Wat gaan gebeur as die tekorte van kunsmis, en ook die dieselprys dit nog meer gaan lig tot selfs 70% verhoging. Gaan jy nog kan tamaties koop? Ā  En dan voorspel mense dat die El Nino vir ons hoĆ«r temperature gaan besorg, wat natuurlik die tamatie blommetjies laat verkrummel en opdroog, met verlaagde vrugdrag. Wat kan ons doen as tuiniers om hierdie verskynsel teĆ« te werk? Ā  Ek het gaan ondersoek instel na organiese boerderye, daar waar mense glad nie kunsmis of gifstowwe of selfs organiese minerale kan bekom nie. Wat doen hulle om +200 tamaties te oes van net 4 plante en 1 vierkante meter se grond. En was my verbasing groot om te sien hoe hulle presies die beginsels volg van biologiese verbouiing, net soos ons, en sonder die tegniese kennis van biologie, maar hulle het ons ā€˜n hele paar generasies gewen met sekere toepassings van hierdie inligting. Voorbeelde hiervan is: Ā  WATER METODIEK….ons sit die besproeiing aan of spuit elke aand die grond bolangs nat met ā€˜n tuinslang. En, daarmee gee ons te gereeld te min water en die uiteinde is daardie swart kol aan die onderkant van jou tamatie. As jy op sosiale media gaan soek vir die antwoord, dan beveel almal aan jy het ā€˜n kalsium tekort. Maar, dit is nie ā€˜n kalsium tekort nie. Kalsium toevoeging gaan ook nie help nie. Dit is ā€˜n water tekort by die dieper wortels, wat veroorsaak dat die kalsium nie vervoer kan word in die stam nie. Ā  WORTELSTELSEL EN VRUGDRAG…die diepte wat die tamatie se wortels kan groei, bepaal die hoeveelheid vrugdrag wat die tamatie kan vorm. Dit is nie die kunsmis toevoeging wat die verskil in vrugdrag maak nie, maar wel die grootte van die wortelstelsel. Hoe jy jou saailing plant, het dus ā€˜n bydrae tot die hoeveelheid vrug wat jou plant gaan vorm. Ā  KUNSMIS OF KOMPOS….navorsing by verskeie Amerikaanse Universiteite het gevind dat die Amish meer vrugdrag afhaal van hul tamatie plante (sonder mineraal aankope)Ā  as mense wat elke 2 weke kunsmis of minerale of blaarvoedings toedien. Maar, die grond voorbereiding is hier van kardinale belang. Ā  Al hierdie inligting het ek vir jou uiteengesit, tesame met oplossings vir ons omstandighede hier in SA, om minder tamatie plante te plant, maar meer vrug van elke plant af te haal. Sien al hierdie navorsing in my nuwe video, MINDER PLANTE EN MEER TAMATIES.