1 285
Subscribers
-124 hours
-57 days
-1330 days
Posts Archive
1 285
Is jou bestelling geplaas vir Saterdag Se aflewering?
Die vragte raak nou vinnig vol. Bestel dus vroegtydig
1 285
SPINASIE EN MEELDOU
Ā
Meeldou is ān luggedraagde swamsiekte wat ān kenmerkende wit poeierlaag op die blare laat. Die spore versprei maklik deur die lug na ander plante, insluitend pampoene en komkommers.
Ā
āļø HITTE EN DROOGTE KAN DIE PROBLEEM VERERGER!
Ā
Wanneer temperature hoog is en die bogrond uitdroog, is spinasie meer vatbaar vir meeldou. Die siekte kan die plant se groeikrag ernstig strem.
Ā
š§ Maar meer water is nie noodwendig die antwoord nie!
Oormatige of oppervlakkige besproeiing kan die grond se suurstofvlakke verlaag, wat weer die wortels en uiteindelik die groeikrag van jou spinasie kan benadeel.
Ā
šæ HELP JOU SPINASIE OM STERKER TE GROEI:
š± Kweek ān dieper wortelstelsel
Help die plant om dieper in die grond te wortel sodat dit beter toegang tot vog het.
š§ Gee minder gereeld, maar dieper water
Laat water dieper in die grond intrek eerder as om gereeld net die bogrond nat te maak.
š¾ Beskerm die grond teen hitte
Gebruik ān ligkleurige grondkombers of deklaag om die hitte weg van die plant se bowortels te hou en vog beter te behou.
šæ Moenie te veel hoĆ«-stikstofbemesting gebruik nie
Oormatige stikstof kan sagte, vinnige groei bevorder wat plante meer vatbaar vir probleme kan maak.
š„ Vars melk as ān natuurlike hulpmiddel
Die gebruik van vars melk kan voordelige Lactobacillus-bakterieĆ« ondersteun en word tradisioneel gebruik as deel van ān benadering om plante se weerstand teen droogtestres te help.
Ā
š± STERK WORTELS = STERKER SPINASIE!
Gee jou spinasie die regte grondomstandighede, diep water en beskerming teen die hitte ā en help jou plante om sterker deur warm, droĆ« toestande te groei.
1 285
Volgende week se aflewerings van produkte:
MAANDAG 24ste
* 13h30 by Rietvallei kerk in Umgenistraat
* 14h30 Waterkloof op hoek van Grus en Rabiestraat
WOENSDAG, 26ste
* 09h00 by Inn Joy Boutique hotel
* 10h00 by Valleisig kerk in Faerie glen
* 11h30 by Waverley Oos
* 12h30 by Magalieskruin in Joycestraat
*
Bestel voor VRYDAG, want vragte raak nou groot, en jy wil nie uitmis op n aflewering nie
1 285
GRASPERK-WENKE VIR āN PRAGTIGE LENTE-GRASPERK! šæ
Ā
āļø Die ergste koue is verby!
Die son skyn elke dag warmer ā en dit is nou die perfekte tyd om jou grasperk uit sy winterrus wakker te maak!
Ā
šæ BEGIN MET GESONDE GROND
Breek eers die grond se kompaksie deur. Maak suurstof-tonnels met ān vurk of āspike machineā en gebruik daarna KOMPOS EKSTRAK WATER om die grondlewe te stimuleer.
Het jy kaal kolle waar die gras se wortels nie behoorlik groei nie?
š Dien ERDWURMKOMPOS toe en plant vroeg in September nuwe grassade in die losser, gesonder grond.
š§ WATER DIEP ā VOED DIE WORTELS
Ā
Maak jou grasperk diep nat en dien daarna GRASS ENERGIZER toe.
Dit help om:
š± die wortelstelsel te versterk
š± die grond met belangrike minerale te voed
š± gesonde groei te ondersteun ā sonder om die gras te vinnig te forseer.
Ā
ā ļø MOENIE TE VINNIG NA HOĆ-STIKSTOF KUNSMIS GRyP NIE!
Wag totdat jou grasperk se wortelstelsel sterk genoeg is om hoƫ vlakke van stikstof te hanteer. Te veel stikstof te vroeg kan meer probleme veroorsaak as wat dit oplos.
Ā
š¼ HET JY BAIE OXALIS?
As jou grasperk vol Oxalis met hul pragtige geel blommetjies is, kan dit ān teken wees dat jou grond gekompakteer is.
š« Vermy oormatige nitraat-stikstof ā dit kan die onkruid eerder bevoordeel.
š± Fokus eerder op gesonde grondstruktuur, goeie belugting en die regte pH-balans om die probleem aan te spreek.
Ā
šæ GEE JOU GRASPERK āN GESONDE BEGIN!
Maak die grond los.
Voed die wortels.
Verbeter die grondlewe.
En laat jou grasperk sterk terugkom!
š ān Gesonde grasperk begin altyd by gesonde grond. š
1 285
SOETRISSIES & GRONDTEMPERATURE š±
Ā
KRY āN VROEĆR BEGIN EN āN BETER OES!
Ā
Soetrissies en rissies is baie sensitief vir koue grond nĆ” die winter. š±
Ā
Wanneer saailinge buite geplant word terwyl die grondtemperatuur onder 16°C is, kan die ontwikkeling van jou plante ernstig vertraag word ā en jou oes kan met tot twee maande teruggesit word.
Ā
š”ļø Die ideale oggend-grondtemperatuur vir soetrissies en rissies is bo 18°C.
Maar wat van diƩ van ons wie se grond eers later in die seisoen warm genoeg word?
As jy wag tot middel Oktober voordat jy plant, kan jou oes maklik tot begin Januarie uitgestel word.
Ā
š± KAN ONS DIE GROND VROEĆR WARM KRY?
JA! Daar is verskeie natuurlike groeitegnieke wat kan help:
ā
Maak die grondorganisme-stelsel wakker met die korrekte voeding.
ā
Bedek die grond met ān grondkombers om warmte en vog beter te behou.
ā
Water minder gereeld, maar gee dieper water wanneer jy wel natmaak.
ā
Ontwikkel ān dieper en sterker wortelstelsel sodat die plant beter toegang tot voeding en vog het.
ā
Pluk die eerste blomme af om die plant aan te moedig om eers groter en sterker te groei voordat dit vrugte dra.
Ā
š¶ļø Hierdie is slegs ān klein gedeelte van die groeitegnieke wat ons in 2026 in ons EL NIĆO GROENTEKURSUS dek!
Wil jy rekord-oeste van jou soetrissies en rissies afhaal? š¶ļøš¶ļøš¶ļø
Ā
š Skryf nou in vir ons kursus, of bestel die video!
š Kontak Tessa: 066 326 6321
Ā
š± Kweek slimmer. Verstaan jou grond. Oes meer! š¶ļø
1 285
REDE VIR MEELDOU OP JOU PLANTE
Ā
Meeldou op die pampoene, spinasie en komkommers is seker een van die grootste frustrasies vir ons groente tuiniers, Want, dit is iets wat jy nie maklik van ontslae raak nie. Is daar ān rede daarvoor en kan jy daarvan ontslae raak sonder om swamdoders , of konkoksies uit die kombuis, te gebruik?
Ā
Een van die grootste redes hiervoor is die oneweredige toediening van water op plante, en die plante se wortelstelsel wat oppervlakkig groei en dus nie water dieper uit die grond gaan inneem nie. Maar, soms kan te veel soute in ons grondmedium presies dieselfde probleem veroorsaak, deurdat die plantweefsel so deurspek is met stikstof, magnesium en of kalsium soute, dat die plant meer water benodig of daardie soute brand die weefsel van die plant.
Ā
Wat beteken dit alles vir ons plante as ons dink aan die hitte en droogte wat op ons wag in die komende somer van 2026?
Berei jou grontetuin voor met diep kompos
Bly weg van hoendermis en onverwerkte kraalmis, wat te veel stikstof soute bevat
Maak liewer gebruik van stikstofvrystellende bakterieƫ, wat vir jou stikstof uit die atmosfeer kan uithaal, as hoƫ stikstofryke blaarvoeding of kunsmis
Help die saailing of plant se wortels om dieper te groei, vir beskerming teen uitdroging
Gooi ān dik laag grondkombers
Plant variƫteite wat meer hitte bestand is
Plant blaarslaai, spinasie en ander blaar groente in die skaduwee van ander groente
Ā
Water toediening moet minder gereeld, maar dieper per toediening aan die plant gebied word. Dit sal die wortelstelsel dieper laat groei op soek na die water. Maar, die bogrond moet beskerm word teen die droogte en hitte, deur ān dik laag strooi as grondkombers te gebruik.
Ā
Gooi elke 2 weke KOMPOS EKSTRAK WATER oor die grond, sodat die aerobiese organismes daarin die grond kan vul met suurstof en die plant kan help om sy wortelstelsel dieper in te beweeg in die grond. Hierdie organismes sal die plant voed met mineralisasie. Die plant kan dan Lipiede ontwikkel, wat die plantselle sal beskerm teen die vorming van meeldou.
1 285
TAMATIES IN DROOGTE EN HITTE
Ā
Elke tuinier wat die besluit gaan neem om binne die volgende maand hul tamatie saad te gaan koop, moet belangrike besluite neem oor watter variƫteit tamatie wel erge hitte en droogte kan weerstaan. Want, die variƫteite verskil.
Ā
Daar is ādeterminateātamaties wat so groei soos ān bos tamatie en nie rank nie. Hierdie tamaties dra hul massa vrugte meestal klaar binne 2 ā 3 maande na aanplanting, en binne 2-3 weke is die drag van hierdie tamatie verby en gaan die bos dood.Ā Omdat hierdie tamatie so baie groei toon, hy bos letterlik, en die tamaties oor ān kort tydjie geoes word, kan die uitwerking van droogte en hitte hierdie plante die meeste affekteer. Tamaties gooi hul blomme af in hitte hoĆ«r as 32 ā 34 grade Celsius. Dus, kan ān hele oes blommetjies verlore gaan met ān hittegolf. En jy verloor al jou tamaties.
Ā
Daarenteen , groei die ā ĆÆnterdeterminateātamatie vir 3 ā 6 maande lank en word opgerank om hoogtes van 3 ā 6 meter te bereik, soos die tuinier die hoogte toelaat. Maar, dit beteken ook dat die blomme nie almal op een slag vorm nie, maar groei en vrugdrag vind gereeld oor hierdie tydperk plaas. As ān hittegolf dus die blomme laat aborteer, dan kan groei weer plaasvind en blomme weer vorm.
Ā
Die geheim van tamaties in warm en droƫ tye, is om jou plante so te plant dat diep wortels kan groei in lewendige en ryk grond. Hoe dieper en groter die wortelstelsel kan uitstoot in die grond, hoe meer bestand is die plant teen hierdie natuur skokke. Sodoende kan die tamatie se vrugdraag met tot 300% verhoog word.
Ā
Die toediening van ān dik grondkombers sal nie net die water toediening verminder nie, maar ook die bowortels en grond organismes beskerm teen sonbrand en uitdroging. Dus, verlaag die afval van jou tamatie blomme. En selfs die witvlieg en rooi spinnekop aanvalle sal verminder.
Ā
Tamatie plante word meer aangeval deur Luise en witvlieg en rooi spinnekop wanneer dit warm is en die grond droog bak in die hitte. Hierdie jaar gaan ons minder toedienings van nitraat stikstof moet gebruik, juis om daardie aanvalle van suigende insekte te voorkom. Verhoog liewer die fosfate in die grond vir meer vrugdrag. Protozoa organismes kan ook die stikstof verhoog, maar met laer insekte lading. Maak liewer meer gebruik van stikstofvrustellende bakterieƫ, om stikstof uit die atmosfeer te verkry, as om nitraat stikstof op die grond te gooi.
Ā
Kom leer nog meer tegnieke oor tamaties in ons volgende kursus, waar ons jou leer hoe om produkte uit die kombuis te gebruik om jou grond meer vrugbaar te maak. Skryf nou in, want ons beperk die deelname van elke kursus volgens die beskikbaarheid van sitplekke in die venue.
1 285
WAT KAN JY NOU PLANT IN DIE GROENTETUIN
Ā
Die aarde se water tafel het klaar gedraai, die dag en nag temperature is alreeds hoƫr as normaal, en die bome en struike begin tekens toon om dormansie te breek. Dus, is dit nou die tyd om te dink aan die somer aanplantings.
Ā
Vir diegene wat nog ryp ervaar, julle kan in vroeg Augustus begin saad saai in jou houers, nie direk in die grond nie. Ek het sopas, 07h00 in die oggend my grond temperatuur gaan meet, en ek staan nou op 11 grade grond temperatuur, wat alreeds 3 grade hoƫr is as normaal. Dit is egter nog te koud om enige saad direk te plant in die grond.
Maar, alle groentetuine het beplanningĀ en voorbereiding nodig en hierdie jaar gaan ons goeie voorbereiding moet doen. Om te beplan vir die somertuin, moet jy eerstens die volgende vrae beantwoord vir jouself, voordat jy begin met die beplanning.want dit is hoe ān tuinier sy antwoorde vind vir dit waarmee hy nie sukses bereik het nie.
Ā
Het jy die vorige somer enige Luise, rooi spinnekop of witvlieg gehad?
Het jy meer as 15 tamaties van een plant kon afhaal?
Het jou tamaties roes gekry?
Het jy meer as 25 komkommers van 1 plant kon afhaal?
Was daar meeldou op jou pampoene?
Hoeveel keer kon jy boontjies oes van jou plante?
Smaak jou blaarslaai bitter?
Het die steekvlieg jou baby marrows en pampoene oes verwoes?
Kon jy elke week tenminste 4 blare afpluk van jou spinasie plant?
Het jou saad 80% ontkieming bereik?
Ā
As hierdie probleme voorgekom het in jou groentetuin in die vorige somer seisoen, gaan ons veranderinge moet aanbring aan jou grond voorbereiding, anders gaan jy groter probleme ervaar hierdie somer met die hoƫr hitte en droogte wat voorspel word.Hierdie vrae en antwoorde is wat ons gaan beantwoord in ons volgende groente kursus. Ons gaan ook kyk wat ons kan gebruik uit die kombuis om hierdie probleme te voorkom.
Ā
En, dan seker een van ons grootste uitdagings vir hierdie somer, gaan wees daardie ekstra 3 grade Celsius in temperatuur, wat ons tamatiesĀ se blomme gaan laat afval, ons komkommers en ander groente meeldou besorg, en die suigende insekte in ons tuin vermeerder. Daarvoor moet ons voorberei in ons grond voorbereiding en beplanning. Ons deel massa idees met jou op die volgende kursus.
Ā
Ons gaan ook kyk na oplossings om massa groente te oes uit ān baie klein area en om gebruik te maak van vertikale groei vir sekere groente om spasie en water en voeding te spaar . Vertikale groei neem ook die steekvlieg probleem weg uit jou tuin. Kom leer interessante idees hoe om jou tuin meer pes bestand te maak met minder moeite en uitgawes op pesbeheer en swambeheer.
Ā
In die volgende kursus gaan ons net 10 - 15 deelnemers per kursus toelaat, dus moet jy vroegtydig boek om ān plek te vind op daardie kursus.
