691
Subscribers
No data24 hours
-17 days
-1730 days
Posts Archive
691
Waarskuwing: Senteeko-damwal kan enige oomblik meegee
MPUMALANGA. – ‘n Dringende waarskuwing is Vrydag omstreeks 15:30 deur die Umjindi Barberton-owerhede uitgereik nadat ingenieurs en die De Kaap-besproeiingsraad bevind het dat die damwal van die Senteeko-dam uiters onstabiel is en enige tyd kan meegee.
#Senteeko #damwal #waarskuwing
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/waarskuwing-senteeko-damwal-kan-enige-oomblik-meegee/
691
Malema-saak tot April uitgestel vir vonnisbetoë
OOS-KAAP. – Julius Malema, die EFF-leier en LP, het Vrydag vir voorvonnisverhoor in die Oos-Londen-landdroshof verskyn. Die saak is vir betoog oor verswarende en versagtende omstandighede tydens vonnisoplegging tot 15 en 16 April uitgestel.
#JuliusMalema #saak #uitgestel
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/malema-saak-tot-april-uitgestel-vir-vonnisbetoe/
691
KYK: Binnelandse sake ondersoek voorval by Tygervallei-kantoor
WES-KAAP. – Die departement van binnelandse sake het bevestig dat hy bewus is van ’n voorval tussen ’n kliënt en veiligheidspersoneel by die Tygervallei-sentrum in Kaapstad, nadat beeldmateriaal daarvan op sosiale media versprei is. In die beeldopname kan gesien word hoe die vrou se handsak breek en hoe haar been tussen die deur en die raam vasgedruk word.
#video #BinnelandseSake #Tygervallei
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/kyk-binnelandse-sake-ondersoek-voorval-by-tygervallei-kantoor/
691
Motoris vertel van vreesaanjaende voorval op N2
WES-KAAP. – Theunis, van weerhou, was Vrydagoggend tussen 07:30 en 08:00 onderweg van Somerset-Wes na Kaapstad toe hy die ooggetuie van ‘n beweerde vuurwapenvoorval op die N2 geword het. Hy beskryf die voorval waartydens ’n man met ’n vuurwapen ‘n voertuig tot stilstand dwing aan Nuusflits. Theunis noem dat dit die derde misdaadvoorval- by die een vanoggend indirek – in twee jaar in die omgewing van Kaapstad is waarby hulle betrokke was.
#motoris #N2 #voorval
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/motoris-vertel-van-vreesaanjaende-voorval-op-n2/
691
Britse vrou skuldig bevind wat man steek wat honde laat uitsit
LONDEN. – Claire Bridger (64) wat van poging tot moord in die hof verskyn het, is deur die Norwich Crown Court skuldig bevind nadat sy haar vervreemde man, Keith Bridger, met ‘n skerp voorwerp in die bors en maag gesteek het. Sy het hom gesteek nadat sy uitgevind het dat hy hulle twee geliefde dachshunds laat uitsit het.
#vrou #vervreemdeman #honde
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/britse-vrou-skuldig-bevind-wat-man-steek-wat-honde-laat-uitsit/
691
Dodetal nou 4 ná tragedie by skool
OOS-KAAP. – Drie onderwyseresse wat Donderdag by die Ntabankulu Primêre Skool geskiet is, is dood. Die derde onderwyseres het gedurende die nag aan haar beserings beswyk. Die vierde sterfgeval is die vermeende skieter, wat op die toneel dood verklaar is nadat hy glo die vuurwapen op homself gerig het.
#skool #dodetal #tragedie
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/dodetal-nou-4-na-tragedie-by-skool/
691
Skoliervervoervoertuie geskut – 22 leerlinge in 7-sitplek voertuig
LIMPOPO. – Altesaam 11 voertuie wat skoolkinders vervoer, is Woensdag in die Ladanna-gebied van Polokwane tydens ’n geteikende wetstoepassingsoperasie deur die openbare vervoereenheid van die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid geskut. Tydens ‘n afsonderlike voorval is 22 leerlinge in ‘n 7-sitplek voertuig vervoer.
#skoliervervoer #geskut #oorlaai
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/skoliervervoervoertuie-geskut-22-leerlinge-in-7-sitplek-voertuig/
691
KYK: Steers sê oor voorval van personeel wat skoonmaak buite restaurant
GAUTENG. – Steers het bevestig dat hy ’n ondersoek van stapel gestuur het nadat ’n video op 7 Januarie op sosiale media versprei is waarin personeel by ’n Steers-franchise gesien word waar hulle onkruid en rommel buite die restaurant verwyder.
#Steers #personeel #tuinwerk
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/kyk-steers-se-oor-voorval-van-personeel-wat-skoonmaak-buite-restaurant/
691
Gr. 11-leerling bereik mylpaal op pad na volwaardige vlieënierslisensie
WES-KAAP. – Georgia Borges, ’n gr.11-leerling van Somerset Kollege in Somerset-Wes, het onlangs ’n belangrike mylpaal in haar lugvaartloopbaan bereik. Sy het op 13 November 2025 haar eerste solovlug voltooi, wat haar ‘n eerste vlieënierstreep besorg het.
#GeorgiaBorges #SomersetKollege #leerlingvlieënier
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/gr-11-leerling-bereik-mylpaal-op-pad-na-volwaardige-vlieenierslisensie/
691
KYK: 1 dood en 109 beseer in botsing tussen bakkie en skoolbus
LIMPOPO. – Een persoon is dood en 109 skoolleerlinge het geringe beserings opgedoen in ‘n ongeluk tussen ’n Toyota Hilux en ’n Volkswagen-bus wat leerlinge vervoer het. Die ongeluk het Donderdagoggend kort ná 06:00 op die R510 tussen Thabazimbi en Northam, naby die Amandelbultmyn in die Waterberg-distrik, plaasgevind.
#sterf #beseer #ongeluk
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/kyk-1-dood-en-109-beseer-in-botsing-tussen-bakkie-en-skoolbus/
691
Name bekend van 2 matrieks wat ook ná skoliervervoerongeluk sterf
GAUTENG. – Thato Moetji en Sagwadi Mathe, in gr. 12 van Hoërskool Vanderbijlpark, het Donderdag gesterf weens beserings wat hulle Maandag in ‘n ongeluk op pad skool toe opgedoen het. ‘n Gesamentlike begrafnisdiens sal Sondag by die Saul Tsotetsi-sportgrond in Sebokeng gehou word.
#skoliervervoerongeluk #matrieks #name
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/name-bekend-van-2-matrieks-wat-ook-na-skoliervervoerongeluk-sterf/
691
Waarskuwing: Indien jy ‘n MG MG3 ry, lees hier
NASIONAAL. – Altesaam 209 MG MG3-voertuie wat sedert 30 Augustus 2025 landwyd verkoop is, is deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) weens ‘n produkveiligheidsrisiko teruggeroep vir inspeksie.
#nasionaleverbruikerskommissie #MG3 #inspeksie
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/waarskuwing-indien-jy-n-mg-mg3-ry-lees-hier/
691
Skoolskietery – dodetal styg tot 3
OOS-KAAP. – Twee onderwyseresse is dood en ’n derde onderwyseres is in ’n kritieke toestand in die hospitaal ná ’n skietvoorval Donderdag by Laerskool Ntabankulu. Die vermeende skieter, ‘n voormalige onderwyser, het op die toneel selfdood gepleeg.
#skoolskietery #onderwyseresse #skieter #dood
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/skoolskietery-dodetal-styg-tot-3/
691
3-jarige kleuter ‘vermoor en in emmer versteek’
OOS-KAAP. – ‘n Kleuterseun (3) is na bewering op 1 September 2024 in die Gqwesa-gebied naby Sulenkama vermoor. Die plaaslike polisie het Woensdag ‘n paartjie van 32 en 23 jaar oud op die aanklag van moord in hegtenis geneem.
#kleuterseun #moord #emmer
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/3-jarige-kleuter-vermoor-en-in-emmer-versteek/
691
Skietery by skool dood 2, beseer 2
OOS-KAAP. – ‘n Dodelike skietvoorval het vanmiddag (Donderdag) by Laerskool Ntabankulu plaasgevind. Twee persone is dood en nog twee is beseer.
#skietery #skool #dood #beseer
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/skietery-by-skool-dood-2-beseer-2/
691
Topmatrikulant begin medies studeer ondanks breinoperasie in 2024
WES-KAAP en GAUTENG. – Tiaan Bierman (18), wat met agt onderskeidings aan Hoërskool Durbanville gematrikuleer het, het in Oktober 2024 ‘n breinoperasie ondergaan en was selfs in ‘n geïnduseerde koma geplaas. Hy begin binnekort met sy mediese studie aan die Universiteit van Pretoria (UP).
#TiaanBierman #matriek #studies
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/topmatrikulant-begin-medies-studeer-ondanks-breinoperasie-in-2024/
691
Bestuurder laat vaar borgaansoek op 14 moordklagte ná dood van leerlinge
GAUTENG. – Ayanda Dludla (22), die bestuurder van ’n voertuig wat skoolleerlinge vervoer het, het Woensdag sy borgtogaansoek in die Vanderbijlpark-landdroshof laat vaar. Hy het op 14 aanklagte van moord, drie van poging tot moord, die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n geldige geskiktheidsertifikaat, sowel as ‘n professionele bestuurslisensie en die bestuur van ‘n ongelisensieerde voertuig in die hof verskyn.
#bestuurder #leerlingvervoer #moordaanklagte
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/bestuurder-laat-vaar-borgaansoek-op-14-moordklagte-na-dood-van-leerlinge/
691
Moordbeskuldigde bly in aanhouding
WES-KAAP. – Bevan van Druten (53) het Woensdag op ‘n aanklag van moord in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn. Die saak is tot Maandag uitgestel en hy bly in aanhouding. Hy word daarvan verdink dat hy Anneke “Nicky” van Heerden (54) vermoor het.
#AnnekeNickyVanHeerden #moord #Alaskarunwithwolves
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/moordbeskuldigde-bly-in-aanhouding/
691
18 gevangenisskole se matrieksukses bevestig DKD-rehabilitasie
15 van 18 gevangenisskole het in 2025 ‘n matriekslaagsyfer van 100% behaal. Altesaam18 skole binne die departement van korrektiewe dienste (DKD) het matriek geskryf. Dit bevestig volgens ‘n DKD-plasing vanoggend (Donderdag) op sosiale media die departement se toewyding aan opvoeding as kern van rehabilitasie. Hierdie skole bied gestruktureerde leergeleenthede aan wat gevangenes bemagtig om hulle lewens deur kennis en dissipline te verander.
#gevangenisskole #matrieks #DKD #rehabilitasie
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/18-gevangenisskole-se-matrieksukses-bevestig-dkd-rehabilitasie/
691
Julius Malema Vrydag in hof vir voor-vonnis verrigtinge
OOS‑KAAP. – Julius Malema, die leier van die EFF, sal Vrydag in die Oos Londen-landdroshof verskyn vir voor‑vonnis verrigtinge wat verband hou met ’n vuurwapensaak wat uit ‘n EFF-byeenkoms in 2018 spruit.
#JuliusMalema #hof #voorvonnisverrigtinge
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/julius-malema-vrydag-in-hof-vir-voor-vonnis-verrigtinge/
