en
Feedback
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Open in Telegram
1 507
Subscribers
No data24 hours
-67 days
-1730 days
Posts Archive
Laaste kans koop nou jou steen www.affie-brug.co.za
Laaste kans koop nou jou steen www.affie-brug.co.za

Goeiemôre aan ons Affie-gemeenskap, Ek is Ronel, die BL-voorsitter. Ek kan met trots sê dat ek deel is van ons Affie-gemeenskap en die opwindende nuwe brugprojek! Vanoggend het ek die geleentheid aangegryp om my baksteen vir die projek aan te skaf as deel van ons spesiale Vrydag-aanbod. Dit is regtig 'n wonderlike geskiedkundige geleentheid waaraan elkeen van ons kan deelneem. Sluit gerus by my aan en koop u baksteen vandag nog! Hier is die maklike stappe om deel te word van die Affie-brug: Gaan na ons webtuiste: www.affie-brug.co.za Volg die skakel en instruksies. Saam bou ons nie net 'n brug nie, maar ook 'n blywende nalatenskap vir die toekoms. Vriendelike groete, Ronel BL Voorsitter

Beste ouers, Hiermee deel ons 'n belangrike skrywe vanaf die Beheerliggaam (BL) rakende die aanstelling van 'n waarnemende hoof vir AHMP vir 2025. Ons vertrou dat hierdie besluit tot voordeel van ons skoolgemeenskap sal wees en waardeer u voortgesette ondersteuning en betrokkenheid. Met vriendelike groete, Beheerliggaam

Belangrike Reëlings: Vrydag, 6 Desember • 07:30: Saal • 08:30: Rapporte word uitgedeel soos op die plan aangedui. 1. Dogters moet in skooldrag wees. 2. Dra hul keppie. 3. Slegs dogters wat die saalbyeenkoms bywoon, mag hul rapporte ontvang. 4. Geen rapporte sal na 6 Desember uitgedeel word nie. 5. Rapporte sal nie per e-pos aan ouers of leerders gestuur word nie.

Evelynne Nel en Jess Blom (Afrikaanse Hoër Seunskool), beide Graad 11, verteenwoordig Suid-Afrika by die World Robotics Olymp
Evelynne Nel en Jess Blom (Afrikaanse Hoër Seunskool), beide Graad 11, verteenwoordig Suid-Afrika by die World Robotics Olympiad in Turkye van 28-30 November. Na suksesvolle deelname op provinsiale en nasionale vlak, het hulle in September 2024 die Senior-kategorie van Robo Mission gewen en is gekies as een van twaalf Suid-Afrikaanse spanne vir die internasionale kompetisie. Na die WRO vertrek Evelynne na Frankryk vir die jaarlikse Franse uitruilprogram by AHMP. Baie geluk en sterkte aan hulle! Na baie ure se harde werk het die tyd aangebreek en drome word waar!

Registreer jou Woolworths of MySchool-kaart gratis en kies Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria as jou begunstigde om die sko
Registreer jou Woolworths of MySchool-kaart gratis en kies Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria as jou begunstigde om die skool te ondersteun. Met 829 aktiewe ondersteuners word ongeveer R10 637,50 per maand ingesamel net deur kaarte te swipe. Hoe werk dit? Registreer vir 'n fisiese of virtuele kaart, of koppel jou bestaande kaart aan MySchool. Kies Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria as jou begunstigde. Koop by deelnemende winkels soos Woolworths en swipe jou kaart; 'n persentasie van jou besteding gaan aan MySchool sonder ekstra koste vir jou. Voordele: Skool: 'n Gedeelte van elke aankoop help met skoolprojekte en materiaal. Ouers: Geen ekstra koste – dra by tot jou kind se skoolgemeenskap. Koppel jou kaart nou en maak 'n verskil! Besoek die MySchool-webwerf of laai die app af om te begin.

Registreer vir 'n fisiese of virtuele kaart, of koppel jou bestaande kaart aan MySchool. Kies Afrikaanse Hoër Meisieskool Pre
Registreer vir 'n fisiese of virtuele kaart, of koppel jou bestaande kaart aan MySchool. Kies Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria as jou begunstigde. Koop by deelnemende winkels soos Woolworths en swipe jou kaart; 'n persentasie van jou besteding gaan aan MySchool sonder ekstra koste vir jou. Voordele: Skool: 'n Gedeelte van elke aankoop help met skoolprojekte en materiaal. Ouers: Geen ekstra koste – dra by tot jou kind se skoolgemeenskap. Koppel jou kaart nou en maak 'n verskil! Besoek die MySchool-webwerf of laai die app af om te begin.

Drie van ons dogters gaan binnekort vir die jaarlikse Franse uitruilprogram na Frankryk reis. Tussen Desember en Januarie sal
Drie van ons dogters gaan binnekort vir die jaarlikse Franse uitruilprogram na Frankryk reis. Tussen Desember en Januarie sal hulle die geleentheid hê om die Franse kultuur, taal en lewenstyl van nader te leer ken. Vorige deelnemers aan hierdie program het vertel dat hulle Frans ongelooflik verbeter het en waardevolle vriendskappe gesmee het wat 'n leeftyd hou. Ons wens hierdie drie leerders 'n wonderlike ervaring toe en vertrou dat hulle baie sal leer en geniet. Hulle is voorwaar Ambassadeurs vir hulle gesinne AHMP en Suid-Afrika.

Belangrike Inligting: Paarl Gimnasium Sportnaweek 11 en 12 April 2025 Ons tweejaarlikse sportnaweek teen Paarl Gimnasium vind volgende jaar op 11 en 12 April 2025 plaas. Die spanne vlieg op Vrydag, 11 April, met Safair en sal op Saterdag, 12 April, laatmiddag terugkeer. Aangesien die vlugte as 'n groepbespreking gereël is, kan geen wysigings aan die kaartjies aangebring word nie. Sportsoorte en Spanne wat Deelneem: Hokkie: 1ste, 2de, 3de, 4de, 16 A, B, 15 A, B, 14 A, B, C Netbal: 1ste, 2de, 19 C, D, 17 A, B, 16 A tot F, 15 A tot H, 14 A tot H Tennis: A-span Skaak: A-span Gholf: 2 spelers Die beraamde koste vir deelname beloop R4 600 per speler. Ons verstaan dat die spanne nog nie gekies is nie, maar wil u as ouers vooraf in kennis stel. Betalingsopsies sal in Januarie 2025 aan u deurgegee word.

Beste ouers, Om kommunikasie te vereenvoudig, het die skool besluit om die Telegram-kanaal op 30 November te verwyder. AHMP sal voortaan fokus op die volgende kanale: WEBTUISTE – www.ahmp.co.za Ons webtuiste is die sentrale punt vir alle inligting oor die skool. Hier kan ouers op hoogte bly van belangrike aankondigings, beleid, en algehele skoolnuus. FACEBOOK – AHMP op Facebook Hier deel ons skoolnuus, prestasies, en gebeure. Dit is 'n sosiale platform wat ouers en die gemeenskap betrek by wat in en om AHMP gebeur. https://www.facebook.com/AHMP.co.za/ INSTAGRAM – @affiemeisies_1920 Instagram bied ’n visuele blik op die lewe by AHMP. Dit is ideaal vir foto’s en kort video’s van aktiwiteite en gebeure. https://www.instagram.com/affiemeisies_1920/profilecard/ AHMP-kanaal op WhatsApp – Skakel na WhatsApp-kanaal Hier ontvang ouers vinnige aankondigings en herinnerings regstreeks op hul fone. Dit is 'n gerieflike manier om seker te maak jy bly op hoogte van belangrike inligting. https://whatsapp.com/channel/0029VafTs0dAO7RDrQpBzW04 D6-platform – D6-portaal D6 is nodig vir skooldokumente, kennisgewings, en formele aankondigings. Ouers kan hier al die nodige inligting vind. https://portal.d6.co.za/login Dankie vir julle samewerking om ons kommunikasie so duidelik en toeganklik as moontlik te maak! Vriendelike groete, Die AHMP-span

Privaatvervoer – Nuutste Inligting
Privaatvervoer – Nuutste Inligting

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria waardeer die waardevolle blootstelling wat Prontuit aan skole bied deur opvoedkundige projekte en prestasies op nasionale vlak te deel. Hul ondersteuning versterk ons gemeenskap en help om ons leerders se harde werk en suksesse aan 'n wyer gehoor bekend te stel. Volg gerus Prontuit en word deel van hul inspirerende reis om jeugpotensiaal en onderwys te bevorder.Woensdagaand, 13 Nov om 21:00 op kykNET (DSTV kanaal 144) uitgesaai. Hiermee ook die heruitsending tye. Donderdag 15:00 Sonderdag 16:00 Sondag 10:00