cookie

نحن نستخدم ملفات تعريف الارتباط لتحسين تجربة التصفح الخاصة بك. بالنقر على "قبول الكل"، أنت توافق على استخدام ملفات تعريف الارتباط.

avatar

Kruispad

God se Woord in vandag se woorde

إظهار المزيد
مشاركات الإعلانات
203
المشتركون
لا توجد بيانات24 ساعات
لا توجد بيانات7 أيام
+130 أيام
توزيع وقت النشر

جاري تحميل البيانات...

Find out who reads your channel

This graph will show you who besides your subscribers reads your channel and learn about other sources of traffic.
Views Sources
تحليل النشر
المشاركاتالمشاهدات
الأسهم
ديناميات المشاهدات
01
Sagte en mooi woorde in die storm https://photos.app.goo.gl/v5dPP9Ehftzd9qRW9 Ek is besig om my in te grawe in een van Jesus se gelykenisse waar Hy vir Sy dissipels vertel dat die kos wat jy eet, jou nie kan besoedel nie, maar eerder dit wat hier van binne af kom. Lelike gedagtes soos moord of ontrouheid of om nie die waarheid te praat nie, ontstaan in ’n mens se gedagtes en hart.  Baie mense se harte en gedagtes is besmet. Hulle besef nie dat hulle die deur van hul harte oopstoot wanneer hulle hul mond oopmaak nie. Selfs deur hul dade kondig mense die toestand van hul hart aan.   Baie keer word ons benadeel deur die mense wie se harte en gedagtes nie so lekker vars is nie. Mense kom in jou wêreld in en sê jou sleg en was jou wasgoed op hulle stoepe. Heeltemal ongevraagd.  Soms word ’n mens se naam ongevraagd en heeltemal onregverdig deur die modder gesleep. Jy was rustig besig met jou eie storie, toe daag iemand sommer by jou op en sê dinge wat glad nie waar is van jou nie.  Hoe hanteer ’n mens so ’n situasie? Met wysheid, is my eerste gedagte. Tog is dit nie so maklik nie, want ’n mens se emosies kom in die pad en dan wil jy dadelik opstaan en begin verdedig.  Jy wil die persoon verkeerd bewys. Jy wil vir hom of haar wys op die besoedeling in hulle lewe en dat dit nou jou wêreld ook aan die besoedel is. Met jou woorde wil jy die persoon in jou wêreld innooi om die waarheid te kom kyk.  Jy kan dit doen. Ja, ons moet dit doen om die olifant uit die kamer te kry, maar ons moet dit nie op dieselfde manier doen soos toe die ander persoon skiet-skiet die werf ingekom het nie.  So maklik word ons opgewerk deur die ander een se emosies en voor ons ons kom kry, woed daar ’n jong oorlog en ons weet mos dat daar geen wenners uit ’n oorlog stap nie. Om vuur met vuur te veg, werk nie.   Nee, daar is ’n baie beter manier: 9As iemand lelik teenoor jou optree, moet jy nie op jou beurt lelik wees nie. Hou jou skerp tong in, al beledig iemand jou. Dis menslik om die ander persoon se stemtoon op te tel en op sy of haar trant aan te gaan.  Die menslikheid maak dit egter nie reg nie. Inteendeel, dis nie hoe kinders van God maak nie. Ons wag eers so ’n rukkie voor ons reageer, want dis in die wagtydjie wat wysheid gewoonlik sy opwagting maak.   Wysheid help ons om te besef dat ons eers die emosies op hok moet kry voordat ons reageer. Baie keer soek mense konfrontasie, want hulle is goed daarin om as wenners uit die stryd te tree.  Hulle is egter nie opgewasse om met sagte wyse woorde gekonfronteer te word nie. Gou blaas hulle die aftog en soek ’n ander plek om amok te gaan maak.   Dié een kom nie vanself nie, maar kom ons maak moeite om sagte en mooi woorde vir ander te hê, al kom hulle skiet-skiet op ons werf aan.   Teks 1 Petrus 3:8-11 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.8-11.DB Dink bietjie hieroor Waar is jy in die spervuur? Hoe kan jy reg optree? Wie kan jou help?  Gebed Vader, soms kry ek so seer deur ander se manier van praat en doen aan my. Dis dan vir my nie so maklik om nie ook so te praat nie. Mag U Gees my help om sagte en wyse woorde te spreek. Amen.  Shalom Gerjo Ben Ns. Gaan na www.kruispad.tv om na Gerjo Ben en Renata se eredienste te luister. Skakel Sondae om 9:00. in om gemeenskap van gelowiges te ervaar.
440Loading...
02
Media files
500Loading...
03
Media files
500Loading...
04
Media files
500Loading...
05
Die coach sê: Doen reg 2 Petrus 1:3-9 Wil jy jou geloof laat groei? Wil jy erns maak met dit waarin jy glo? Doen dan wat die coach sê: Doen die regte dinge. Elke keer! Nie so maklik nie, maar ons is tog hiervoor ge-gear! Gerjo Ben Kruispad247TV https://youtu.be/HrPzpS6KxPk Hier is die link na die lied - The Jesus Way by Phil Wickham https://youtu.be/w9VtMrMCRWg
470Loading...
06
Eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig https://photos.app.goo.gl/QWVLi7JZKVc6QacB6 Daar is al baie boeke geskryf oor hoe ’n mens die lewe reg moet lewe of hoe jy moet lewe om sukses te behaal. Die boeke het baie keer ’n punt of twee beet, maar ’n mens vergeet dit so gou en dan kap jy maar weer op die ou manier aan.  As ’n mens egter die Bybel se raad lees en dit deel maak van jou wese, kan die nuwe lewenstyl werklik ’n blywende impak in jou en ander mense se lewens maak.   Hier is vyf woordjies wat ons uit ons koppe moet leer en bewustelik deel moet maak van ons wese: 8Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Omdat ons uniek gemaak is, met elkeen sy eie idees en manier van doen, is dit nie so maklik om altyd eensgesind te wees nie. Die Engelse praat mos van likeminded. Ons moet almal probeer om eensgesind te wees, al stem ons nie oor alles saam nie. Ons moet oop genoeg wees, sodat ons by ander kan leer.   Sit ’n slaggie jou onbuigbare manier van doen eenkant toe. Doen soos die ander een. Miskien neem dit effe langer, maar daar word nie tyd gemors op oorloë nie. Harmonie kry baie meer punte as die wen van jou manier van dink en doen.  Sien jy ook die woordjie ly in die woord medelye? Dit beteken dat wanneer jy medelye uitoefen, jy saam met daardie persoon ly. Saam swaarkry. Saam trane stort. Saam tande kners.  ’n Vriend bel my en sê dis Vrydagaand en hy het nie geld om kos vir sy gesin te koop nie. Ek het net moeg op die bank neergeval. Medelyding beteken om dan op te staan, die gevriesde wildspastei uit die vrieskas te haal, ’n uur op die pad te wees en met ’n opregte glimlag en ’n dankbare hart die kos af te gee.  Wanneer ’n mens ’n plastiekbottel tot bo toe met water vol maak en jy gee dit dan ’n ligte drukkie, loop dit oor. Wanneer ’n mens vol van liefde is, loop dit maklik oor na ander wat dit nodig het.   Ons moet sorg dat ons liefdestenke vol bly. Ons moet toelaat dat God deur Sy Woord en deur die werking van Sy Gees ons vol maak met Sy liefde.   Hierdie liefde moet ons tenke so vol maak dat dit daagliks oorvloei na ander mense se lewens om ons. Dit sal die wêreld vir seker anders maak.   Dis so jammer dat ons kop ons besluite neem en nie ons hart nie. So maklik begin ons somme maak en dan keer ons kop dat ons hart goed doen. Ons moet dalk ’n stokkie steek voor ons somme en toelaat dat ons hart ons besiel en net doen.   Ons is mos Jesus se hande en voete op die aarde. Wanneer ons harte op die ou end die motivering doen, sal mense vir Jesus vandag deur ons in hul lewe ervaar. En natuurlik moet ons dit doen met die eie ek wat op die agtergrond staan en net toekyk.   Kom ons leer die vyf woordjies uit ons kop. Eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. As ons regkry om altyd so te leef, sal ons en die wêreld om ons heel anders lyk!   Teks 1 Petrus 3:8-11 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.8-11.DB Dink bietjie hieroor Maak jou lewe werklik ’n verskil in ander? Hoe kan jy in alle omstandighede hierdie vyf eienskappe leef? Wie kan jou hier help?   Gebed Vader, uit dankbaarheid wil ek ’n verskil maak. Op my eie is dit nie moontlik nie. U sal moet help, asseblief. In Jesus Naam vra ek dit. Amen.  Shalom Gerjo Ben Ns. Jy is welkom om ’n gebedsversoek te stuur na [email protected] en Kruispad se gebedsspan sal vir jou intree.
610Loading...
07
Liefde uitleef nie altyd so maklik nie https://photos.app.goo.gl/DacPyGV2FS8i14TUA Ek laai iemand by die lughawe af. Op pad soontoe sien ek dat die N2 van vooraf lekker dik staan en besluit om eerder die Stellenbosch Arterial te vat. Die pad wikkel deur ’n paar voorstede, maar is toe ook erg verstop.  Ek sit die musiek harder, maar die klomp taxies wat op die linkerkant se skouer verbyskuur, begin aan die temperatuur van my bloed te timmer. Ek sit later die lugversorger hoër en konsentreer op die ritme van die dromme wat doef-doef uit die luidsprekers blaas.  Na ’n bitter lang ruk kom ek voor by die robot en ek sien wat die probleem veroorsaak. Dis die taxies wat op die linker skouer verby gebeur het, wat voor regs wil draai. Daardie pad is ook verstop en die taxies kan nie indraai nie. Nou blok hulle al die lane waarin ek staan om net reguit oor die verkeerslig te ry.   Ietsie het êrens in my gepop.   Die lig was nog rooi vir my toe probeer ’n ou met sy taxi van links voor my indruk. Met spoed skiet ek vorentoe en blok sy pad. Hy wou iets sê, maar ek vermoed hy kon lippe lees en het toe gedwee gewag om eerder voor die volgende ou in te druk.  Die res van die pad het ek my optrede ’n bietjie in oënskou geneem en hoe verder ek gery het, hoe skamer het ek geword. “Jy’s dan die ou wat ander vertel wat die Bybel sê, maar hier het jy ’n toets of twee liederlik gedop!” het ek myself aangevat.  Ja, ek moes my kop in skaamte laat sak. Hierdie een het ek 6-0 verloor. Ek besef maar net weer dis nie so maklik om die Bybel se taal in die wêreld te praat nie. Die lewe gebeur en dan kap ’n mens mos agter jou eie voetspore aan en dit lei nie altyd na die regte pad nie.  Dit vat energie om in alle situasie in Jesus se voetspore te volg. Dit vat opleiding en inoefen. Dit vat val en weer en weer opstaan. Na jy weer jou kop in skaamte laat sak het, moet jy terug na die tekenbord om te kyk hoe jy dit volgende keer anders kan en moet doen.  Die eerste reël op die tekenbord is: 8...Soos jy jou eie broer of suster liefhet, moet julle mekaar liefhê. Die tweede is: Gee vir mekaar om en dit word gevolg met die laaste ene: moenie te veel van jouself dink ten koste van ander nie. Liefde was nie sigbaar nie en nog minder het ek omgegee en vir seker het ek net aan myself gedink. Eintlik alles die teenoorgestelde wat ek gedink het deel van my manier van lewe in die wêreld is.   Ek besef maar net weer dat die klap wat ons van die sonde wat ons met die sondeval gekry het, dieper in ons vassit as wat ons dink. Hier voor die tekenbord besef ek dat ek heel anders te werk sal moet gaan om die eienskappe altyd deel te maak van my lewe.  Ek sal eerstens moet besef dat daar situasies in my lewe gaan wees waaroor ek nie altyd beheer gaan hê nie. Dis so asof my default skeeftrek, in die teenoorgestelde rigting trek.  Ek sal dan die situasies waar ek weet ek nie goeddoen nie, gaan uitsnuffel en dan juis daar op my hoede wees. Ek sal vir die Heilige Gees moet vra om te help, want op my eie gaan ek dit nie maak nie.    Teks 1 Petrus 3:8-11 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.8-11.DB Dink bietjie hieroor Waar het jy al jou geduld verloor? Waar sukkel jy met liefde uitleef? Hoe kan jy anders maak om orals liefde uit te leef?   Gebed Vader, ek moet bieg dat ek dit soms ten koste van ander optree. Ek sukkel om liefde orals uit te leef. Vergewe my asseblief en help my tog hier. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.  Shalom Gerjo Ben
740Loading...
08
Wees ’n saamtrekker https://photos.app.goo.gl/ZH82fCXhuTNyq4L2A Die woord dwarstrekker kom uit die ossewaens se tyd. As een van die beeste nie saam met die span wil trek nie en sy eie ding die heeltyd doen, word hy onmiddellik beslaan met die naam dwarstrekker.   Die kans dat hy sy pos in die span sal behou, is nie goed nie. Hy word vir ‘n tyd afgesaal om eers sy eie ding te doen. Dan sal hy later weer ingespan word, maar as hy nie vinnig deel word van die span nie, is die rooster sy voorland.   Die Bybel sê ons moet eensgesind wees, die teenoorgestelde van ’n dwarstrekker. In Engels sê hulle ons moet likeminded wees. Ons moet in harmonie met mekaar leef, sonder om toe te laat dat ons verskille ‘n kloof tussen ons veroorsaak.   Eintlik moet ons mekaar toelaat om in die ander een se wêreld in te kom, sodat ons kan sien hoe doen die ander dit. Dan kan ons van mekaar leer en dalk ons skewe manier van lewe reguit trek en in gelid stap met mekaar.   Ons is mos eintlik op pad na dieselfde plek. Ons het dieselfde doel en daarom moet ons saam in dieselfde rigting trek. Wanneer ons saamtrek, gebruik ons veel minder energie as wat een heeltyd die ander kant toe trek.  Tog is ons almal nie dieselfde nie. God het ons elkeen uniek gemaak. Ons elkeen sien die wêreld anders en ons ervaar dit nie noodwendig soos die ander nie. Dit is nie verkeerd nie.   Ek werk met musiek in die agtergrond en my voete loop die heeltyd rond onder die tafel. As dit stil is, raak ek onrustig en wonder wat is fout. Renata is weer die teenoorgestelde. Sy het stilte nodig en sal sommer met armpies in die sy kom staan as ek die water fonteintjie in ons agterplaas laat loop.   Die geraas van die water maak my rustig. Vir haar pla dit.   Maar ons jaag dieselfde doel na. Ons wil God dien met alles in ons. Ons wil ons roeping oral uitleef en ’n verskil maak waar ons gaan. Ons doen dit net effe op ’n ander manier en hiervoor moet ons ruimte hê.   Soms sit ek my musiek sagter en soms laat sy my gaan met die doef-doef wat die ruite laat rattle. Maar in ons uniekheid het ons ruimte vir ander en kom ons by dieselfde doel uit: om ander by te staan waar hulle dalk swaar deur die lewe ploeg.  Hiervoor het jy ’n hart nodig. Eintlik alle kinders van God moet met so ’n hart op hulle mou loop. Mense moet kan sien dat ons ander mense se swaar wil help dra. Ander moet dit aan hulle lywe ervaar dat ons werklik omgee en sensitief is vir ander se seer.   Dis moeilik om vandag waar ons so hard baklei vir ons eie sonnige plekkie in die wêreld, om ook op ander ingestel te wees. As jy egter besef wat Jesus vir jou gedoen het en jou uit die modder van die lewe kom sleep het, wil jy mos van hierdie genade aangee vir die mense wat saam met jou in die modder geploeter het.   Dan raak jou hart sag en soek jy gereeld ’n plekkie waar jy werklik ander wat swaar sleep, se las ligter kan maak deur te help sleep. Ja, dan is ons nie dwarstrekkers nie, maar saam-trekkers.  8Vir julle almal kom dit hierop neer: moenie dwarstrekkerig wees en elkeen sy eie kop volg nie. Wees sensitief vir mekaar se gevoelens.  Teks 1 Petrus 3:8-11 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.8-11.DB Dink bietjie hieroor Is jy soms dwarstrekkerig? Hoe kan jy nie meer dwarstrek nie? Waar moet jy nou saam trek?   Gebed Vader, ek weet U wil nie hê ek moet dwarstrekkerig wees nie. Help my asseblief om meer sensitief vir ander se gevoelens te wees. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.  Shalom Gerjo Ben
870Loading...
09
Media files
700Loading...
10
Media files
820Loading...
11
Wat dra jou deur moeilike omstandighede? Filippense 4:10-20 Wat dra jou deur moeilike omstandighede? Paulus het goeie raad. Kom luister hoe hy dit reggekry het om altyd en in alle omstandighede blydskap te ervaar. Renata van der Merwe Kruispad247TV https://youtu.be/coaOgL8ZEH4 Hier is die link na die lied - My God Can van Katy Nichole & Naomi Raine https://youtu.be/PV0jvPq8-Xg
740Loading...
12
Wees net ’n lekker mens https://photos.app.goo.gl/ughcg2JSezh6cJ2Q9 Terwyl jy hierdie stuk lees, word daar 20 vrouens in Amerika fisiek in die huwelik mishandel. Om nie eers te praat van die vrouens wat verbaal mishandel word nie. Een uit vier vrouens en een uit sewe mans was al slagoffers van ernstige fisieke geweld deur ’n intieme maat.  As jy vier getroude mansvriende of sewe getroude vriendinne het, is die kans goed dat een van hulle agter die stuur van verwoesting van hul huweliksmaat staan.   Dis skokkend.   Ek en ’n vriend ry Suid-Kaap toe en ek gesels met hom oor iets wat swaar op my hart druk. Een van my vriende is besig om goed droog te maak en ek wonder of ek iets moet sê? My vriend is duidelik: Vriende het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar om mekaar te help en by te staan, maar ook aan te spreek as hulle droogmaak.   Veral in huwelike. Of my vriend my bedoeling om hom te help, gaan aanvaar, bly natuurlik ’n ope vraag. Ek wonder of ons vriendskap die toets gaan deurstaan as ek vir hom sê hy maak nie reg nie. Aan die ander kant, wil ek ‘n vriend hê wat nie wil aangespreek word as hy op die verkeerde pad is nie?  Die opdrag is eenvoudig en eintlik nie moeilik om uit te leef nie: 7Net so moet ’n man hom goed gedra in sy gesin. Jy moet altyd mooi optree teenoor jou vrou en haar nie seermaak of ongeskik met haar wees nie. Net soos die aanmoediging vir vrouens in die vorige gedeeltes ook op mans van toepassing is, is hierdie aanmoediging aan mans ook van toepassing op vrouens. Laat jou optrede sonskyn bring en nie donderweer nie.  ’n Omroeper op Bokradio het altyd haar program geëindig met: Dis lekker om ’n mens te wees, wees net ’n lekker mens! Ja! Wanneer jy jou gedra in die huwelik, wanneer jy te alle tye mooi optree en nie ongeskik is nie, is dit vir ander baie lekker om saam met jou te lewe.   ’n Gesonde huwelik stuur gesonde kinders die samelewing in. Die huwelik is die kweekhuis waar kinders geleer word hoe om gebalanseerd en met respek vir ons medemens te gaan leef.  Die teenoorgestelde is natuurlik ongelukkig ook waar.  So maklik laat ons toe dat daar gate in ons huwelik se mure kom. Ons stop ons eie salarisse vol met stoporders wat elke maand meedoënloos afgaan. Dan moet ons nóg harder werk en nóg minder tyd by die huis deurbring.   Ons laat toe dat die duiwel torring aan ons emosies en vir elke spoedbult in die huwelik val daar goeters uit die pot tot die dag wat ons wakker raak langs ’n vreemdeling in die bed. Dis vir party soms genoeg rede dat elkeen sy eie paadjie stap, of is dit strompel?  Nee man! En vrou. Kom ons pak die een by die horings. Stop jou nonsense en gedra jou in die huwelik. Tree mooi op teenoor mekaar. Moenie deel word van die statistieke nie. Wees tog net ’n lekker mens!   Teks 1 Petrus 3:1-7 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.1-7.DB Dink bietjie hieroor Waar tree jy nie reg op nie? Waar moet jy meer energie spandeer? Is daar dalk iemand wat jy weet jy moet reghelp?  Gebed Vader, ek wil vir ander regtig ’n lekker mens wees. Ek wil ander laat lag en goed voel oor hulleself. Dit is wat ek nou gaan doen. Help my asseblief daarmee. Amen.  Shalom Gerjo Ben Ns. Jy is welkom om ’n gebedsversoek te stuur na [email protected] en Kruispad se gebedsspan sal vir jou intree.
1040Loading...
13
Dien mekaar https://photos.app.goo.gl/6suPrsv1CJzHwpVN6 Terwyl ek stil word, kry ek ’n boodskap van my vrou wat vra ek moet dink aan ’n vriendin wat nou saam met haar man by die sielkundige ’n draai moet gaan maak. Hulle huwelik hang aan ’n dun draadjie.  So dun, dat die man gesê het hy wil eintlik nie meer voortgaan nie. Dis nou klaar en tyd om op hulle eie paaie te gaan. Ek bid vir ’n wonderwerk. Ek bid dat die man sy rol as hoof van die huis sal raaksien. Ek bid dat God Hom sal wys hoe lyk die rol wat hy eintlik in die huwelik moet vervul.  So baie vrouens kry swaar in hul huwelike, omdat mans nie meer weet wat hul rol is in die huwelik nie. Ek wonder of dit die lewe daar buite is waar jy net kan demand, dan daag jou begeertes by die voordeur op?  Wat ek wel weet, is dat dit nie goed gaan in die huwelike nie. Dis asof die duiwel die oorhand kry en die telbord in sy guns geswaai het. Daar word algemeen aanvaar dat die helfte van huwelike soos ’n verstote lappop op die ashoop beland.  Die meeste van die aansoeke om ’n einde te maak aan die huwelikspad word deur vrouens geïnisieer.   Met hierdie prentjie in gedagte, is die volgende opdrag nie maklik nie: 5In die ou tyd het die vroue wat God getrou met alles gedien het, hulle ook so mooi gemaak. Hulle was goeie vroue wat na hulle man geluister het. 6Dink aan Sara as voorbeeld. Sy het na Abraham geluister en erken dat hy die leiding in die gesin moes neem. En wat nou as die man nie die leiding neem nie? Wat nou as hy so lank as moontlik wegbly van die huis en die vrou leiding moet neem, anders val alles in die huis om?   Ek het al by vrouens gestaan wat heeltemal in ’n pappery is, omdat hulle alleen die stuur moet vashou. Dan kom daar net ’n stadium wat hulle eenvoudig net nie meer kan nie en alles net so los.   Mans moet man up! Mans moet só leef dat vrouens graag agter hulle wil aanstap. ‘n Man moet ’n vesting wees vir sy vrou en wanneer die lewe te swaar raak, kan sy gaan skuil onder sy arm.  Ek weet ek is hier op ’n gevaarlike terrein, maar ek sien die huwelik as ’n veilige hawe waar man en vrou mekaar dien. ’n Vesting waar vrouens én mans beskerm word teen die aanvalle van die wêreld.   Die huwelik is nie ’n magstryd waar julle kan kyk hoe julle mekaar kan uitoorlê nie. Die huwelik is ’n plek waar eggenote mekaar motiveer en mobiliseer om nog hoër hoogtes te bereik.  Vandag is ’n gesonde groeiende huwelik nie noodwendig op die kaarte nie en om dit alleen aan te durf, is nie ’n goeie plan nie. Om ons rolle reg te speel, het ons hulp nodig. Daarom, om soos Sara en Abraham ’n suksesvolle huwelik te hê, moet ons hulp kry.  En watter groter hulp is daar nie as die Heilige Gees nie. Laat die Heilige Gees in jou huwelik toe en stap agter Hom aan. Dan sal dit makliker wees om mekaar te dien en ’n plek te skep waar almal altyd veilig is.   Teks 1 Petrus 3:1-7 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.1-7.DB Dink bietjie hieroor Hoe gaan dit in jou huwelik? Waar loop die duiwel voor? Wat moet jy opgee? Gebed Vader, U weet dat ons mans nie altyd die leiding in ons huwelike neem nie. Help ons om dit maklik te maak vir ons vrouens om by ons te skuil en ons leiding te aanvaar, omdat ons U voorbeeld volg. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.   Shalom Gerjo Ben
1080Loading...
14
Saai liefde, nie oorlog https://photos.app.goo.gl/9P2RCA8pM56dcCXv8 Voor ek stil word, val my oog op ’n berig van ’n Afrika-land wie se regering alweer omvêr gegooi is. Steeks manne in die weermag het die nag ingesluip en die land oorgevat. Die een ou se kommentaar: Afrika se demokrasie in werking. Die ou met die grootste geweer is in beheer.   Dis nie God se idee nie. ’n Vriend van my wil graag die Zimbabwe ruïnes vir ons gaan wys. Dit is heel merkwaardig hoe die mense die klomp stene honderde jare gelede daar in hoë rye gepak het en dat dit vandag steeds staande bly.   My oog vang die dorpie Morgenster net so 5 kilometer verder. Ek wil dit terstond besoek, want my pa en ma het mekaar daar ontmoet. Dit was nogal vir my emosioneel om daar te kon rondloop en natuurlik word daar ’n preek geskiet.   Soos gewoonlik vlieg ek met die hommeltuig om videomateriaal vir die preek te kry. Ek staan verwonderd wat ek van bo af sien: ’n skool vir dowes en ’n skool vir blindes. ’n Laer- en ’n Hoërskool. ’n Kerk en ’n teologiese skool. ’n Groot onderwys kollege en ’n klomp huise.   Alles tot stand gekom deur ’n paar sendelinge in 1891 wat nie anders kon as om die liefde van Jesus met ander te deel nie. Wat nie anders kon as om op ’n praktiese manier ’n verskil in mense se lewens te maak nie.   Vandag nog maak dit ’n reuse verskil in hierdie Afrika-land.   Dit is God se idee!  Nog ’n idee van God is dat ons sag met mekaar sal werk. 4... Hoe mooi is dit nie as ’n vrou sag en vriendelik optree nie! Of ’n vrou nou oud of jonk is, hierdie soort mooiheid kan jy nie van haar af wegvat nie. In God se oë is dit die kosbaarste juwele wat ’n vrou kan dra. En soos ek elke keer sê, dit geld vir mans ook. Dis God se idee dat ons sag en vriendelik teenoor mekaar sal optree. Nee, nie oorloë en omvêrwerping van regerings nie. Selfs nie ’n ligte oorlog in ons verhoudings nie.   Kyk maar so bietjie om jou, mense skiet gate in mekaar met hulle tonge. Daar lê lyke orals rond van huwelike waar eggenotes mekaar verwoes het. Dis beslis nie God se idee van verhoudings nie.  As elkeen van ons net hierdie een reël kan afdruk op ons verhoudings en sag en vriendelik teenoor mekaar optree, sal die wêreld anders lyk. Onthou, dit gaan nie oor hoe mooi ons vir die wêreld lyk nie. Ons optrede praat harder as ons looks. Dis die mooi dade, die uitleef van Jesus se liefde wat ’n glimlag op God se gesig sit. Die sigbaar maak van Jesusliefde is die droom wat nagejaag word en meer as honderd jaar later gebruik God steeds Christen onderwysers in ’n Afrika-land wat sag en vriendelik teenoor mekaar optree.  Mag ons elkeen in ons lewe die ware skoonheid najaag en mag ons manier van lewe die wêreld ’n plek van vrede maak.  Teks 1 Petrus 3:1-7 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.1-7.DB Dink bietjie hieroor  Wat pas nie in God se idee vir jou wêreld nie? Wat pas in God se idee in jou wêreld? Hoe kan jy dit gaan uitleef Gebed Vader, ek weet ek doen dinge wat nie ’n glimlag op U gesig sit nie. Help my om eerder te doen wat binne U wil vir my lewe is. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.  Shalom Gerjo Ben
1010Loading...
15
Media files
850Loading...
16
Media files
910Loading...
17
Hoe gemaak met die ongelukke in jou lewe? 2 Korintiërs 4:7-18 God wil hê dat ons ons vrese en uitdagings op ’n spesifieke manier moet hanteer, sodat ons nie terneergedruk, radeloos, verlate of vernietig moet voel nie. Dis nie maklik nie, maar kom ons probeer wel. Gerjo Ben Kruispad247TV https://youtu.be/sy9jbIZqrX4 Hier is die link na die lied - Hard Season by Matthew West https://youtu.be/cKpaKaIzAq8
850Loading...
18
Soos ‘n moederhen … https://photos.app.goo.gl/T9W9LfGcE1T1ZzED8 My Ma sê vandag steeds vir my en my broer en suster hoe lekker dit vir haar is wanneer al haar kuikens onder haar vlerk is. Wanneer die lewe met sy uitdagings ons in trane gehad het, was sy op haar gelukkigste as ons by haar kom inloer. Dan het sy enige iets gedoen om ons las ligter te maak.   ‘n Ma wil, soos ‘n moederhen, haar kuikens teen die aanslae van die lewe beskerm en hulle veilig hou. ‘n Ma wil haar kuikens toevou en naby haar lyf hê sodat sy kan weet hulle is ok.  Ongelukkig is daar baie moederhenne wat vandag ‘n hartseer verhaal het oor haar kuikens wat gekies het om nie by haar te leer hoe om weg te bly van gevaar nie en ook nie by haar skuiling soek nie. Om dan die gevolge van daardie kuikens se verkeerde keuses te aanskou, is hartverskeurend.   Jesus het soveel begrip. Hy het Sy eie begeertes en gevoelens teenoor die hardkoppige mense in Jerusalem met dié van ‘n hoenderhen vergelyk. In Matteus 23:37 lees ons: “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!” Wanneer die hen 'n roofdier sien aankom, maak sy 'n harde geluid om haar kuikens bymekaar te maak, sodat sy haar vlerke om hulle kan vou en só teen die gevaar kan beskerm.  Net soos 'n moederhen haar kroos onder haar vlerke wil wegsteek wanneer daar moeilikheid kom, net so wil God Sy volk teen die gevare van die lewe beskerm deur hulle te nooi om naby Hom te bly.  Jesus se woorde aan die einde van vers 37 is egter hartverskeurend: “… maar julle wou nie!”  Die geskenk van God om self te kies, is dikwels die oorsaak van ons eie dood. God dwing ons nie om Hom lief te hê en te gehoorsaam nie. Dit bly ons keuse. Net so kan ‘n hoenderhen ook nie haar kuikens dwing om onder haar vlerke in te beweeg wanneer die gevaar dreig nie.    Op Moedersdag wil ek jou herinner dat God aan jou spesiale kwaliteite as moeder gegee het om te beskerm en te lei, maar al kies jou kuikens dalk verkeerd, glo ek jy sal, soos Jesus, altyd daar wees as hulle besluit om die veiligheid van jou nabyheid op te soek.   God, ons Vader, was die Skepper van elke moeder. Elke moeder is dus na God se beeld geskep. Daarom sê ons vandag dankie dat Hy aan ons die kapasiteit gegee het om te beskerm en te lei, maar ook om die verwerping te kan hanteer, soos wat Hy die verwerping van Sy Skepsels steeds elke dag hanteer.   Teks Matteus 23:37 https://www.bible.com/af/bible/6/mat.23.37 Dink bietjie hieroor Is jy ‘n moederhen wat teleurstelling moet hanteer? Hoe word jy vandag deur God vertroos? Is jy ‘n kuiken wat gekies het om nie Sy beskerming te geniet nie? Watter troos en hoop het jy vandag gevind? Gebed Hemelse Vader, dankie vir die kwaliteite van ‘n moederhen wat U in moeders gedeponeer het. Jesus, dankie dat U die hartseer van verwerping ken en dat daar altyd vir ons ‘n veilige plekkie onder U vleuels is. Heilige Gees, herinner ons almal dat hardkoppigheid hartverskeurende gevolge kan hê, maar dat ons kan kies om terug te beweeg na U vleuels van veiligheid. Ons bid in Jesus se Naam. Amen. Shalom Renata
1050Loading...
19
Mooi mense https://photos.app.goo.gl/ZB7crbBDC29bGhtM8 Ek sê gereeld dat ek gelukkig is om ’n man te wees. Ons mans spandeer nie baie tyd om man te wees nie. Ons staan op, spring in die stort, borsel ons tande en stoot ’n kam of borsel deur ons hare. En daar trek ons die dag in.  Vrouens doen dit nie so vinnig nie. Wel, die meeste van hulle nie. Daar word behoorlik geskrop in die stort, so asof hulle die vorige dag onder ’n kar gelê het of deur die lande geploeg het.   Nadat die dag se pakkie uiteindelik sy verskyning uit die kas gemaak het, breek die tyd vir hare doen en mooimaak aan.   Op en af beloer sy haar dan in die spieël en die meeste van die kere is daar nie iets wat goed genoeg lyk nie. Dalk ’n ander pakkie of nog ’n druk aan die hare, totdat sy met ’n tevrede stappie die dag aanvat.  Teen daardie tyd het ek al ’n lang stuk van my dag agter die rug.  Ek vermoed ons mans slaan nie genoeg ag daarop dat ons vrouens hulle so mooimaak vir ons nie. Dalk moet ons dit oorweeg om so nou en dan ’n mooi kompliment in hulle rigting te stuur. Ek vermoed hulle sal dit erg waardeer.  Tog is daar iets wat nog meer werd is as 'n goed versorgde vrou. Dit voeg soveel waarde by en word deur almal met wie sy skouers skuur, raakgesien. Dit is die mooiheid wat van binne af uitstraal.   3Ek vra julle: Wanneer is ’n vrou regtig mooi? Vir ’n Christen sit skoonheid nie aan die buitekant nie, maar dit kom van binne. Dis seker waar dat skoonheid vir ons wat kinders van God is, van binne kom. As iemand jou met mooi en sagte woorde groet, voel ’n mens sommer welkom en weet jy hier is iemand wat omgee.   Wanneer iemand jou dadelik die hand gee as jy êrens langs die pad van die lewe staan, ervaar ’n mens ’n plekkie van hoort. As iemand vir jou ’n stukkie tyd uit hul besige lewe gee, sonder om haastig te lyk om weer die pad te vat, voel ’n mens spesiaal.  Dis alles skoonheid wat van binne kom. So ja, al waardeer ons vrouens en natuurlik mans wat goed versorg is en moeite maak met hul voorkoms, is dit belangriker hoe dit binne die mens lyk.   Dis die binneste skoonheid wat eintlik tel. Die buitenste skoonheid dop so met die tyd af. Plooie kom, hare val uit en boepense stoot.  Maar dis die binneste skoonheid wat met die grysheid net meer word. Dis die ondervinding wat ’n mens leer hoe om toe te sien na die binneste skoonheid en eerder meer tyd daarin te belê.   Mag ons, mans en vrouens, meer belê in die skoonheid binne-in ons, sodat die wêreld ook die liefde van Jesus kan sien en daarvan kan beleef.   Teks 1 Petrus 3:1-7 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.1-7.DB Dink bietjie hieroor Skyn jy van binne af? Is dit mooi vir ander? Maak dit ander beter?  Gebed Vader, ek weet dat skoonheid eintlik van binne kom. Mag my skoonheid ander mense nader aan U trek. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.  Shalom Gerjo Ben
940Loading...
20
Slegs Jesus in die middel https://photos.app.goo.gl/ktUtQr87KLodMwbn6 Wat is bekommernis? Wanneer begin ons stres? Wanneer ons nie meer in beheer is nie. Wanneer dinge buite beheer raak.   As ek genoeg geld in die bank het, stres ek dan? Nee, want ek is in beheer van my geldsake.   Maar as ek onseker is of daar genoeg geld teen die einde van die maand in die bediening se rekening gaan land om al die uitgawes te dek, rol ek rond.   As die dokter daar in die spreekkamer die nuus vertel, op ’n manier die vervaldatum sticker op ons lyf kom plak, slaan ons in koue sweet uit.  Vrae pop op. Wat van die? Wat van daai? Jy sien, ons is dan buite beheer. Ons kan nie die roes wat hier binne aan die vreet is, beheer nie. Ons weet nie of die dokter ons ongesteldhede met sy salfies sal kan beheer nie en dit veroosaak spanning vir ons en ons families.   Wanneer die wiele van ons huwelik na al die jare se probeer afkom, raak selfs dit buite beheer en ...  Dan worry ons. Dan trek dit baie amps. Ons fokus net op die uitdaging in die pad. Ons slaap sleg. Ons voel sleg en baie keer moet die mense langs ons die pak vat vir ons wat in tamatiestraat is.   Eintlik wil ek sê: welkom by die lewe, want dis presies wat in die lewe aangaan. Die lewe is gesaai met uitdagings. Sonder uitnodiging kom lê die uitdagings in ons pad. Sommerso ongevraag.  Die probleem kom in waar ons die deur van ons hart oopstoot vir die uitdaging om sy lêplek te kom maak. Nou is dit ons verantwoordelikheid om dit op ons eie te hanteer en dis hier waar die stres oplaai.  Want ons kan dit nie op ons eie hanteer nie. Dis juis hier waar ons buite beheer raak en nie ’n groot genoeg vurkhyser het om die uitdagings uit die pad te sleep nie. So wat nou?  Ons moenie toelaat dat die bekommernisse in ons hart kom blyplek maak nie. Dis nie hulle plek nie. Daar is eintlik net vir een plek: 15Julle moet eerder wys dat daar in julle lewe net vir Een plek is, naamlik vir Christus, die Here. Hierdie klink nou amper soos ’n geestelike sousie wat ons oor ’n probleem wil smeer of ’n pleister wat te klein is, probeer plak oor ’n groot seer. Maar dit is nie so nie. Jesus moet die fokuspunt wees en bly. Enige iets of iemand anders gaan net die dinge binne ons opfoeter.   Jy sien, wanneer Jesus alleen in ons harte woon, help Hy ons om die uitdagings wat in ons pad is, te hanteer. Nee, Hy tel hulle nie op en skuif hulle uit die pad uit nie. Hy help ons met Sy Heilige Gees om hulle in die regte perspektief te sien.  God is baie kragtiger as enige probleem in ons pad. Jesus en die Heilige Gees help ons om die uitdagings met ’n nuwe bril te sien en saam planne te maak om dit te takel. So nee, as Jesus die enigste een in jou hart is, gaan jou probleme nie soos mis voor die son verdwyn nie. Hy gaan jou wel help, wysheid en krag gee om daaraan te werk en te help om dit aan te spreek.   Probeer dit!  Teks 1 Petrus 3:12-17 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.12-17.DB Dink bietjie hieroor Hoe lyk die uitdagings in die pad? Is Jesus alleen in jou hart? Hoe kan jy die ander in jou hart wegjaag?   Gebed Vader, dankie vir hierdie boodskap, want ek sukkel met die uitdagings. Ek laat baie ander toe in my hart. Help my om hulle uit te kry en Jesus alleen daar te laat woon. Amen. Shalom Gerjo Ben Ns. Jy is welkom om ’n gebedsversoek te stuur na [email protected] en Kruispad se gebedsspan sal vir jou intree.
90Loading...
21
Dade trek vêr https://photos.app.goo.gl/tjTgncQx8pJtQkpN8 Ek sê gedurig dat ons nie noodwendig met woorde mense moet vertel van die Here nie, maar veral met ons dade. Die spreekwoord sê mos: woorde wek, maar voorbeelde trek.   ’n Mens stap makliker agter ander se dade aan as wat ons hul woorde volg. En nog minder help dit as iemand sê moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê. Dit maak mense en veral kinders net woes deurmekaar.   Ek kuier saam met vriende by hul vriende. Ons kuier baie lekker en ons geniet die mense se geselskap. Later vind ek uit dat die een paar nie gelowig is nie. Hulle was in die kerk, maar is so seergemaak dat hulle glad nie meer glo nie.  Om met die mense in gesprek te gaan en hulle te probeer oorreed om hul besluit om nie meer te glo nie, te heroorweeg, sal heel waarskynlik nie werk nie. Die seer dade aan hulle het te hard gepraat en verwoesting gesaai.  Ek het die volgende oggend in my bed gelê en gewonder of my dade gehelp het om die mense te laat wonder oor hulle besluit. Of het my dade hulle rustig laat slaap oor hul besluit om hul geloof in God vaarwel te roep?  Die Woord van God moedig vrouens wat nie gelowige mans het nie, aan om hul geloof prakties en te alle tye uit te leef. 1... Die manier waarop julle in die gesin leef, is belangrik. As daar byvoorbeeld ’n man is wat nie na die Woord van God wil luister nie, 2moet die manier waarop jy as vrou leef, hom oortuig dat dit waarin jy glo, die waarheid is. Jou lewe praat baie harder as jou woorde. Dit is eintlik nie eens nodig om baie met jou man oor God te praat as jy leef soos Hy wil hê nie. So sal jy vir jou man wys hoe wonderlik God is. Hierdie geld natuurlik vir mans wie se vrouens ook nie gelowig is nie.   So trou ek ’n jong man wat ongelooflik lief is vir sy nuwe vroutjie. Hulle pas soos ’n handskoen. Sy ouers is gelowig, maar ongelukkig kom die vroutjie uit ’n ouerhuis waar daar geen geloof in God was nie.  In ons gesprekke voor die huwelik het ons keer op keer by geloof ’n draai gemaak, maar omdat die vroutjie geen blootstelling daaraan in haar ouerhuis gehad het nie, kon sy nie saampraat of selfs vrae vra nie.  Ek het baie mooi vir haar eggenoot verduidelik watter reuse taak hy het om as gelowige man vir haar te wys wat Jesus se liefde werklik beteken. Deur sy dade moes sy vroutjie dit aan haar lyf voel.  Natuurlik geld dit nie net in die huwelik nie, maar in alle verhoudings. Daar by die werk moet mense kan sien en ervaar ons is anders. Hulle moet deur ons dade kan ervaar wat dit beteken om ’n gelowige in God te wees.  God se wonder moet deur ons dade sigbaar word in die wêreld. Woorde raas deesdae in mense se koppe, want daar is soveel strooi stories. Woorde wek en verdwyn in die donker, sonder dat dit enige impak maak. Maar dade strek, dit maak ’n impak en kan met die werk van die Heilige Gees mense se oë oopmaak en lewens verander.   Teks 1 Petrus 3:1-7 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.1-7.DB Dink bietjie hieroor  Hoe lyk jou woorde? Hoe lyk jou dade? Sien mens die wonder van God in jou dade raak?  Gebed Vader, ek weet dat my dade nie altyd reg is nie. Vergewe my asseblief en help my om ander van U te vertel met my dade. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.   Shalom Gerjo Ben Ns. Jy is welkom om ’n gebedsversoek te stuur na [email protected] en Kruispad se gebedsspan sal vir jou intree.
1110Loading...
22
Wees ’n goeie eggenoot https://photos.app.goo.gl/gbj4cuZMMLDL6Fhp8 Dis vir my so lekker om die kalwerliefde van jongmense dop te hou. Hulle is die heeltyd in mekaar se space bubbles. Soms wonder ek of my seun nog weet dat hierdie sy ouerhuis is en nie net ’n pitstop vir skoon klere en sakgeld nie.  Dis vir my net so lekker om betrokke te wees by jong paartjies wat wil trou. Hulle sit so styf teen mekaar op die bank en hou hande vas. Hulle is al te geneë om te leer en saam aandag te gee aan die werksareas wat die program geïdentifiseer het.   Dis vir my so lekker om God se Woord te bring by die troues waar die twee trou aan mekaar belowe. Hulle oë skitter en in die toesprake belowe hulle om deur dik en dun mekaar te dien.  Dan is dit nie vir my lekker om te sien hoe hierdie pragtige paartjie se wiele afkom sodra die lewe te bedrywig raak en die kinders al hoe meer aandag vereis nie. Ja, ek weet daar is huwelike waar die een party heeltyd skeeftrek en die ander een mishandel. As die een nie sy streke laat staan nie, is daar ’n groot kans dat die ander uit hierdie onveilige mure gaan breek.  Waar steek die eerste krakie sy kop uit? Ek het dit al gesê, maar ek sê dit weer. Dis so belangrik. Wanneer ’n paartjie by my pa se spreekkamer opgedaag het, was sy eerste vraag aan hulle: “Bid julle nog saam?”  Wanneer ’n paartjie gereeld saam bid, is dit nogal nie so maklik om te baklei nie. Wanneer jy deur gebed vir God en die Heilige Gees daagliks in jou huwelik innooi, is dit makliker om sagte woorde vir mekaar te hê, al is die weer bewolk.  Dan is dit so belangrik dat ons mekaar dien. Let wel: mekaar. 1... Wees ’n goeie vrou (en man) vir jou man (en vrou). Doen wat hy (of sy) van jou verwag. Die 1983-vertaling praat van onderdanig.   Vrou én man moet aan mekaar onderdanig wees. Daar is sekere afdelings in die huis wat ek oorgee aan my vrou, want sy is eenvoudig beter daarin. Sy call the shots daar en ek aanvaar dit met liefde so.   Daar is weer ander afdelings wat ek weer beter doen en sy aanvaar dat ek daar in beheer is. Dit is belangrik dat ons albei ons deel in die huis en in ons huwelik doen, want dit verseker ‘n gelukkige lewe.   Wanneer ’n mens besluit om te trou, offer ’n mens ’n stuk van jouself op. Die “ek wil hê” word vervang met wat “ons wil hê”. Wat vir my belangrik is, verander na wat vir ons belangrik is. Maar dit lyk vir my hoe langer ’n mens getroud is, hoe meer word die ons na die agtergrond geskuif en kom staan die eie ek kordaat regop.  Die huwelik is nie give and take nie. Jy gee ’n bietjie en ek gee ’n bietjie nie. Nee, die huwelik is gee en gee en gee. As jy iets terug ontvang, is dit ’n bonus. Kom ons maak tyd vir mekaar en kyk waar kan ons skaaf om ’n goeie eggenoot te wees. Kom ons kyk waar ons aan die ander een se verwagtinge kan voldoen. Kom ons kyk hoe ons die wêreld kan wys hoe werk ’n gesonde huwelik en hoe ons mekaar regtig kan geniet.  Teks 1 Petrus 3:1-7 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.1-7.DB Dink bietjie hieroor  Waar is daar haakplekke in jou huwelik? Waar is werksareas? Hoe kan julle mekaar beter dien?  Gebed Vader, dankie vir my huwelik. Ja, ek weet daar is plekke waar ons moet skaaf. Gee aan my asseblief meer wysheid en versterk ons liefde vir mekaar. Amen.  Shalom Gerjo Ben Ns. Jy is welkom om ’n gebedsversoek te stuur na [email protected] en Kruispad se gebedsspan sal vir jou intree.
1080Loading...
23
The buck stops here! https://photos.app.goo.gl/Q6AnJhbXRtnkbmUq9 Wanneer ’n mens ’n besigheid begin, doen jy alles self. Jy doen die aankope en die verkope. Jy maak jou hande vuil en sit die produk aanmekaar. Jy ontvang die geld en spandeer dit weer. Dit noem ’n mens ’n eenmansaak.   Soos die besigheid groei, begin jy meer mense aanstel. Mense om te help met die bemarking, aankope en vervaardiging. Mense wat help om die produk by die kliënte uit te kry en administratiewe personeel om te help dat die kantoorsake vlot verloop.   Ewe skielik doen jy glad nie meer wat jy aan die begin gedoen het nie. Jy dra nou netjiese klere en maak nie eintlik meer jou hande vuil nie. Meer kere sit jy met syfers en beplan die toekoms van die besigheid. Ja, en later is jy die personeelbestuurder wat almal se persoonlike stories ken en hul behoeftes moet aanspreek.  As daar fout kom, hardloop almal na jou toe. As die finansies steier, moet jy pa staan. As die kliënte ontevrede is, bel hulle jou. As die produk nie op standaard is nie, moet jy die planne maak. Soos die Engelsman sê: The buck stops here! Alles word op jou tafel gesit en jy is die laaste een wat dit kan hanteer.   Dit maak ’n mens moeg en later wonder jy hoekom jy so groot geraak het. Kan jy nie maar net weer teruggaan na ’n eenmansaak nie?  Dis egter ’n posisie waarvoor Jesus Sy hand opgesteek het. Hy is die Herder wat omsien na die welstand van Sy skape. Hy is die Een wat graag vir elkeen wil help met hul probleme en uitdagings. As daar enige foute is, wil Hy help met die oplossing.   Jesus, die Herder, gee werklik om. Hy wil sorg dat jou lewe nie in gevaar gestel word nie. Hy wil jou lei na groen weivelde waar dit goed sal gaan met jou. Hy wil toesien dat daar waar jy in die wêreld woon, werk en speel jy nie uit die bus sal val nie.   25Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe. (1983-vertaling) Ons het rondgeploeter in die donker. Soms het ons onsself te pletter geloop weens keuses wat nie so lekker vars was nie. Ons het die littekens, maar gelukkig het ons as verlore skape teruggekom na die Skaapwagter.   Hy is ons bewaker. Die Griekse woord wat ons hier gebruik vir bewaker, beteken letterlik toesighouer of selfs biskop of hoof van die kerk. Dit is presies wat Jesus is. Dis Sy werk om toe te sien na God se mense in die wêreld.  Hy sien toe dat God se kerk, God se besigheid in die wêreld reg verloop. As daar probleme is met enige van die lede van God se kerk, kan hulle na Hom gaan. Hy wil graag help. Hy is die personeelbestuurder wat graag na elkeen wil omsien. Hy wil help en Hy wil wysheid gee. Ja, the buck stops here! Trek jy swaar? Het jy uitdagings in jou pad wat te groot is om te hanteer? Het jy seer? Het jy wysheid nodig? Gaan na die hoof, die bestuurder, die toesighouer, die een wat al die toue bymekaarhou. Hy wil graag help.  Teks 1 Petrus 2:22-25  https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.2.22-25.DB Dink bietjie hieroor  Wie bestuur jou lewe? Waar moet jy nader aan die Bewaker beweeg? Hoe kan jy die hoof van die kerk in die wêreld meer tyd in jou lewe gee?  Gebed Jesus, ek kan nie sonder U nie. Ek erken U as die Bewaker, die CEO van my lewe. Ek wil graag meer en meer tyd in U teenwoordigheid deurbring. Amen.  Shalom Gerjo Ben Ns. Jy is welkom om ’n gebedsversoek te stuur na [email protected] en Kruispad se gebedsspan sal vir jou intree.
1010Loading...
Sagte en mooi woorde in die storm https://photos.app.goo.gl/v5dPP9Ehftzd9qRW9 Ek is besig om my in te grawe in een van Jesus se gelykenisse waar Hy vir Sy dissipels vertel dat die kos wat jy eet, jou nie kan besoedel nie, maar eerder dit wat hier van binne af kom. Lelike gedagtes soos moord of ontrouheid of om nie die waarheid te praat nie, ontstaan in ’n mens se gedagtes en hart.  Baie mense se harte en gedagtes is besmet. Hulle besef nie dat hulle die deur van hul harte oopstoot wanneer hulle hul mond oopmaak nie. Selfs deur hul dade kondig mense die toestand van hul hart aan.   Baie keer word ons benadeel deur die mense wie se harte en gedagtes nie so lekker vars is nie. Mense kom in jou wêreld in en sê jou sleg en was jou wasgoed op hulle stoepe. Heeltemal ongevraagd.  Soms word ’n mens se naam ongevraagd en heeltemal onregverdig deur die modder gesleep. Jy was rustig besig met jou eie storie, toe daag iemand sommer by jou op en sê dinge wat glad nie waar is van jou nie.  Hoe hanteer ’n mens so ’n situasie? Met wysheid, is my eerste gedagte. Tog is dit nie so maklik nie, want ’n mens se emosies kom in die pad en dan wil jy dadelik opstaan en begin verdedig.  Jy wil die persoon verkeerd bewys. Jy wil vir hom of haar wys op die besoedeling in hulle lewe en dat dit nou jou wêreld ook aan die besoedel is. Met jou woorde wil jy die persoon in jou wêreld innooi om die waarheid te kom kyk.  Jy kan dit doen. Ja, ons moet dit doen om die olifant uit die kamer te kry, maar ons moet dit nie op dieselfde manier doen soos toe die ander persoon skiet-skiet die werf ingekom het nie.  So maklik word ons opgewerk deur die ander een se emosies en voor ons ons kom kry, woed daar ’n jong oorlog en ons weet mos dat daar geen wenners uit ’n oorlog stap nie. Om vuur met vuur te veg, werk nie.   Nee, daar is ’n baie beter manier: 9As iemand lelik teenoor jou optree, moet jy nie op jou beurt lelik wees nie. Hou jou skerp tong in, al beledig iemand jou. Dis menslik om die ander persoon se stemtoon op te tel en op sy of haar trant aan te gaan.  Die menslikheid maak dit egter nie reg nie. Inteendeel, dis nie hoe kinders van God maak nie. Ons wag eers so ’n rukkie voor ons reageer, want dis in die wagtydjie wat wysheid gewoonlik sy opwagting maak.   Wysheid help ons om te besef dat ons eers die emosies op hok moet kry voordat ons reageer. Baie keer soek mense konfrontasie, want hulle is goed daarin om as wenners uit die stryd te tree.  Hulle is egter nie opgewasse om met sagte wyse woorde gekonfronteer te word nie. Gou blaas hulle die aftog en soek ’n ander plek om amok te gaan maak.   Dié een kom nie vanself nie, maar kom ons maak moeite om sagte en mooi woorde vir ander te hê, al kom hulle skiet-skiet op ons werf aan.   Teks 1 Petrus 3:8-11 https://www.bible.com/af/bible/50/1PE.3.8-11.DB Dink bietjie hieroor Waar is jy in die spervuur? Hoe kan jy reg optree? Wie kan jou help?  Gebed Vader, soms kry ek so seer deur ander se manier van praat en doen aan my. Dis dan vir my nie so maklik om nie ook so te praat nie. Mag U Gees my help om sagte en wyse woorde te spreek. Amen.  Shalom Gerjo Ben Ns. Gaan na www.kruispad.tv om na Gerjo Ben en Renata se eredienste te luister. Skakel Sondae om 9:00. in om gemeenskap van gelowiges te ervaar.
إظهار الكل...
New item by Kruispad247

04:46
Video unavailableShow in Telegram
03:56
Video unavailableShow in Telegram
Photo unavailableShow in Telegram

03:12
Video unavailableShow in Telegram