cookie

Sizning foydalanuvchi tajribangizni yaxshilash uchun cookie-lardan foydalanamiz. Barchasini qabul qiling», bosing, cookie-lardan foydalanilishiga rozilik bildirishingiz talab qilinadi.

avatar

Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

Ko'proq ko'rsatish
Reklama postlari
280
Obunachilar
Ma'lumot yo'q24 soatlar
-17 kunlar
+330 kunlar
Post vaqtlarining boʻlagichi

Ma'lumot yuklanmoqda...

Find out who reads your channel

This graph will show you who besides your subscribers reads your channel and learn about other sources of traffic.
Views Sources
Nashrni tahlil qilish
PostlarKo'rishlar
Ulashishlar
Ko'rish dinamikasi
01
Maandag 17 Junie 2024 Goeiemôre Uiteindelik lyk dit of die politieke toneel begin stabiliseer. Die president bly vir nou die president, die landskap lyk effe meer gunstig en hopelik sal die trae ekonomie nou weer begin lewe kry. Wat wel kommerwekkend is, is die skerp toename in geweldsmisdaad die afgelope 10 tot 14 dae. Plaasaanvalle het werklik skerp gestyg terwyl ander vorms van misdaad nie ver agter is nie. Slegs Vrydag was hier by ons gewapende rooftogte waar die misdadigers dit duidelik laat blyk het hul skroom nie om te skiet nie. Verlede Vrydag is 'n swaar voertuig met erts gekaap. Die voertuig is spoedig teruggevind maar nie voor die erts eers op 'n onbekende plek afgelaai is nie. In ons eie area is ek bewus van twee aanvalle waar plaaswerkers geteiken is. Ek is ook bewus van vele kleiner misdade soos inbrake, diefstal ens. Selfs motordiefstal en kapings het die afgelope tyd skerp gestyg. Dit kan toegeskryf word aan die rustigheid wat nou heers na die voorafgaande weke se paraatheid wat misdadigers se planne so bietjie gekortwiek het of dit kan ook net wees dat die euforie van die verkiesing begin taan. Hoe dit ookal mag wees, ons moet skerp bly, wees oplettend, deel inligting en gebruik die inligting wat jy kry, tot jou voordeel. Wees paraat, hou jou deure gesluit en maak dit steeds so moeilik moontlik vir boosdoeners om hul doel te bereik. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
1943Loading...
02
https://www.ofm.co.za/article/inspiration/332214/sondag-word-konsentrasiekampdag-herdenk
1543Loading...
03
Vrydag 14 Junie 2024 Môre Is jy 'n gelowige? Glo jy in Christus? Sou jy jouself bestempel as 'n Christen? Glo jy dat God 'n plan het met jou? Ek is nie 'n geleerde teoloog nie, ek het maar soos so baie ander in die NG kerk grootgeword, gekatkiseer en daar aangeneem. Was diaken in ons gemeente en moes ook maar met teleurstelling verneem van dinge wat in ons gemeente plaasgevind het, predikante met klei voete wat ingegee het tot versoekings en nog baie meer. Mense stel mens teleur, soms onwetend maar God was, is en sal vir altyd dieselfde bly. Nou kom ek by die boodskap wat die afgelope paar dae kort kort in my hart en gedagtes opkom. Ons is hier aan die Suidpunt van Afrika geplaas met 'n doel. Ons Heer het destyds so opdrag gegee dat van Riebeeck en al die ander waaronder die Franse Hugenote, Duitsers en die res hulself hier kom vestig het. Hierdie voorvaders van ons kon gekies het om rustig te bly waar hulle was maar Hy het dit so bewimpel dat hulle hierheen moes kom en 'n nuwe nasie hier kom vestig. Ek kan nie glo dat dit alles beplan was sodat ons uiteindelik hier uitgewis moet word nie. Ons God is 'n God van liefde, orde en dissipline. Tog kies ons as mense om Sy verordeninge te verdraai soos dit ons pas. Ek weet ek is self skuldig, en ek het geen verskoning nie. Ek gaan lankal nie meer kerk toe nie maar dit beteken nie dat ek my geloof en Christenskap verloën nie, inteendeel, ek glo steeds in God die Vader, die almagtige Skepper van hemel in aarde, en wat dan daarop volg. Hy lê die afgelope ruk kort kort die vraag in my hart, hoekom is ek hier? Wat is my doel in hierdie Land? Ek kan baie maklik my goed oppak en terug verkas Europa toe, waar my voorouers vandaan kom maar is dit in Sy plan? Ek glo dat ons hier is omdat Hy ons klompie hier wil gebruik. Ek glo ook dat Hy, Sy wil aan my sal bekend maak ter gelegender tyd. Nog nooit het Hy my in die steek gelaat nie, Hy het my nog altyd op die regte tyd laat voorberei vir dit wat Hy vorentoe vir my beplan. Nog elke keer, en ek glo in hierdie onsekere tye sal dit dan ook so wees. Ek glo ook met my hele hart dat hierdie boodskappe wat elke dag uitgaan nie deur my eie wil of kennis is nie maar deur Sy wil en Sy plan. Met die hoeveelheid terugvoer wat ek al ontvang het weet ek hierdie boodskappe raak mense se lewens en weet ek ook dat Hy 'n plan het hiermee. Ek het nie nodig om te weet wat daardie plan is nie, al wat ek moet doen is om te gehoorsaam. Daarom stuur ek elke boodskap soos dit vir my gegee word. Dankie vir elkeen wat lees, versprei en kennis neem. Dankie vir elkeen wat die inligting ter harte neem en gebruik. Iewers vorentoe gaan dit ons en Hom goed te pas kom. Amen Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
1964Loading...
04
Donderdag 13 Junie 2024 Môre weer Ja so praat mens maar elke dag met mense en probeer hul oortuig dat hul veiligheid iets werd is. So sien jy ook elke dag dat mense nie werklik die erns van die saak begryp nie. Ek en ander soos ek, weet ook nie aldag meer wat om te doen om mense te oortuig dat elkeen moet saamwerk om homself, sy gesin en ook gemeenskap te beveilig nie. Ek sou reken as jy nou jou karwiele verloor het aan diefstal, of selfs jou kar, jou gereedskap en wat nog alles, sal jy darem nou al begin verstaan dat jy iets moet doen. Ongelukkig blyk dit nie die geval te wees nie. Ek het 'n vriend wat altyd sê "mense kry nóg nie swaar genoeg nie" en dit is een honderd persent die waarheid. Ons moet jou werklik eers bloei, mense aan die dood afstaan en dan steeds is die opkoms maar power. Ek kan vandag nog in my motor klim en reguit na verskillende persele ry waar ek tot by die mense se voordeur gaan sonder enige obstruksie, hek of selfs hond wat blaf. Dan staan daardie voordeur oop, geen veiligheidsdeur, geen sleutel of slot aan die deur en hulle slaap waaragtig nog vanaand in daardie huis agter daardie deur wat nie sluit nie. G'n wonder mense word amper daagliks nog in hul huise verras deur aanvallers nie. Dit dan nog terwyl hulle met volksvreemde werkers op hul grond sit wat dan so goed werk. Onwettige immigrante, wat sonder enige rekord die land in en uitgaan en enige tyd kan vlug. Nee mense ek kan baie dinge verstaan, ek het ook geduld met baie goed maar met mense wat nie hulself wil help nie, daarmee raak my nerwe darem nou dun. Ek meen die mense sit in hul huise, weier om betrokke te raak, deel sowaar as vet nog inligting van ons buurtwag groepe met werkers en enigiemand anders wat wil kyk, net om dan te wil kla wanneer hulle aangeval word? Hoe in die lewe? Wat gaan deur so mens se kop? Ek is jammer maar ek kan ook net soveel verduur, geen mens kan maande, jare lank sien hoe ons mense afgemaai word terwyl ons wel iets daaraan kan doen maar net mooi niks wil doen nie omdat ons te gemaklik is. Seker maar verkeerd van my maar in so geval moet 'n ou mos nou maar bloei. Verstaan mooi, ek praat nie van bejaarde mense nie. Nee ek praat van jong manne in hul vroeë dertigs wat wragtig vir my wil vertel daar bestaan nie so iets soos plaasaanvalle nie. Van iemand wat bo 60 of 70 is kan ek verstaan want dit is mense wat uit 'n heel ander lewens uitkyk kom. Maar jonger mense wat elke dag die gevolge van hierdie goed sien en dit steeds ontken? Dit gaan my verstand te bowe. Mense ons moet wakker word. As jy vandag nog nie agter gekom het dat die intensiteit van die misdaad aan't toeneem is nie, wat doen jy dan? Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2363Loading...
05
Woensdag 12 Junie 2024 Môre Ons kry gereeld inligting oor inbrake, aanvalle, diefstalle en nog seker tien ander goed. Ons hoor ook gereeld hoe mense kla dat misdaad erg raak, hoe besig sekere areas is ensovoorts. Wat my ook opval is dat so baie mense so baie verskonings het oor hoekom hulle nie kan betrokke raak nie. Soos reeds vroeër die week genoem, beplan ons aktiewe groepie om bymekaar te kom vir 'n werkswinkel waartydens ons 'n reeks goed wil bespreek met betrekking tot ons area se veiligheid. Een van die onderwerpe gaan juis handel oor hoe ons meer mense betrokke kan kry in ons pogings. Uiteindelik gaan dit nie soseer oor ons en ons werksaamhede nie maar oor die veiligheid van ons gemeenskap. Hoe meer mense uit ons gemeenskap betrokke raak, hoe beter kan ons ons eie gemeenskap bedien. Soos hierbo genoem, is daar legio verskonings. My werk, my kerk, my gesin, tyd en nog vele meer maar wanneer daardie persoon in nood verkeer verwag hulle ons bystand en ondersteuning. Ons kan ongelukkig net soveel doen met 10 of 15 outjies op 'n slag en dan moet mens onthou hierdie outjies werk ook, het ook gesinne, is ook betrokke by hul onderskeie kerke. Dit gaan oor keuses, jy kan kies om aktief betrokke te raak, jou gemeenskap te dien of jy kan kies om tuis te sit en 'n gebruiker te wees. Wat kies jy? Raak betrokke by jou naaste buurtwag, doen jou deel vir jou eie veiligheid. Wees een van die wat 'n verskil maak. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q https://afriforum.co.za/wat-doen-ons-2/buurtwagte/
2022Loading...
06
Dinsdag 11 Junie 2024 Goeiemôre Ons moet nooit ophou dink aan planne om misdaad te ontwyk nie omdat misdadigers nooit ophou nuwe planne maak om misdaad te pleeg nie. Teen hierdie tyd is ons almal al bewus van die staal penne wat op verskeie roetes om Pretoria en tot 'n mate die N4 tussen Pretoria en Rustenburg gebruik word om motoriste tot stilstand te dwing. So week of wat gelede het ek twee keer kort na mekaar berigte ontvang van motoriste wat geroof is nadat hul gestop het om vreemde voorwerpe in die pad te ondersoek. In een geval is daar ledemate van winkelpoppe in die pad geplaas. Die persoon het dit gesien en toe gestop om ondersoek in te stel. Hy is na bewering van 'n selfoon beroof. In die tweede geval is 'n stuk kombers in die pad geplaas om soos 'n persoon te lyk wat daar lê en slaap. Hierdie keer het 'n groep van 4 voertuie afgetrek om te ondersoek. Die manne is nie aangeval of geroof nie maar kon wel beweging in die ruigtes langs die pad hoor. Hierdie metodes herinner nogal aan die hinderlae wat grens boere destyds mee te doen gehad het. Tot 'n mate dink ek die fisiese honger wat van hierdie misdadigers mee te kampe het dryf hulle tot hierdie uiterstes maar dan weer dink ek ook dat baie van hierdie misdade meer teen die mens in die motor gerig word. Ek waag dan ook die voorspelling dat hierdie tegnieke van yster penne en ander voorwerpe uiteindelik sy weg sal vind na kleiner roetes en uiteindelik ná ons stedelike strate. Ons sal moet opstaan en saamstaan om hierdie euwel te bestry, dit gaan verseker nie die werk van 'n paar manne wees nie maar uiteindelik die van die groter gemeenskap. Ons sal moet langtermyn planne beraam om hierdie tipe goed die hoof te bied en om die persone wat wel roetes patroleer en veilig hou se hande te sterk. Ons groepie manne en dames hier in my omgewing beplan reeds 'n werkswinkel om verskeie strategieë te ondersoek en bespreek. Ons beplan ook om weereens ons gemeenskap te probeer motiveer om saam te werk. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2183Loading...
07
Maandag 10 Junie 2024 Môre Ons leef deesdae in regtig interessante tye. Baie van die profesieë wat selfs in die Bybel gemaak is, begin vandag in ons eie tyd, waar word. Jare gelede het iemand eendag vir my gesê hy't nog altyd gewonde as die Messias eendag weer terugkom aarde toe, hoe sal almal Hom gelyk kan sien, maar toe voeg hy by, met vandag se satelliet tegnologie is dit alles moontlik. Ons leef nou in tye waar tegnologie 'n geweldige groot rol speel, tegnologie en kommunikasie loop hand aan hand. Vandag is dit moontlik om binne enkele oomblikke beeldmateriaal van erge natuurrampe aan die anderkant van die aardbol, op jou selfoon in jou hand te sien. Nou is my vraag, as tegnologie so magtig is, hoekom kan ons dit nie tot ons voordeel aanwend nie? Hoekom kan ons nie ons selfone gebruik om bv misdaad te bekamp nie? Of hoekom kan ons nie ons selfone en die verskillende sossiale media groepe wat daaraan gekoppel is gebruik om ons lewens veiliger en beter te maak nie? Wat maak dat ons nie die nut kan insien van bv inligting oor verdagte persone of bedrywighede op 'n buurtwag groep te plaas nie? Ons het die het in die hand, ons moet net leer hoe om dit te gebruik. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2272Loading...
08
Vrydag 7 Junie 2024 Môre Ons kyk steeds na beplanning. Veiligheid beplanning begin tuis. Jou gesin moet vooraf sekere reëlings in plek hê vir sekere omstandighede. Mens sal bv reëlings in plek hê vir 'n geval waar die huis sou aan die brand raak. Uiteraard is die plan dat almal sal saamwerk maar dit help veel dat almal hardloop om ouma se foto te red maar niemand dink aan goed soos bv klere of voedsel wat gered kan word nie. Nog erger almal hardloop vir die foto maar niemand kry brandbestryding toerusting nie! Wanneer mens jou huis gesin en mense gereël het dat elkeen 'n sekere taak vir elke moontlike probleem het, dan begin jy die ouens om jou by jou planne betrek. Wat gebeur bv as daar 'n oorstroming of ander natuur ramp sou plaasgevind? Wat sal die reëlings wees in geval van 'n lang kragonderbreking as gevolg so natuur ramp? Waar sal mens kan water kry? Wie het koelkas of koelkamer geriewe waar ander hul bederfbare voedsel kan bere. Wat van kook en ander kosmaak geriewe. Ja meeste van ons is op gasstowe en dalk solar of gas geysers maar wat van diegene wat nie daardie voordele het nie? Hoe word hierdie mense geakkommodeer? So brei mens die gebeurlikheidsplanne uit, wat gebeur bv in 'n geval van protes aksie, dalk massa aanvalle ens. Ek noem nou hierdie nie dat mens dit ooit sal wil sien nie maar.mens moet ook realisties wees. Hoekom neem mens versekering uit? Omdat jy tog wil voorsorg tref? Beplanning is dus iets wat mens op elke vlak van jou lewe behoort toe te pas, of dit nou finansies, nood planne ten opsigte van buitengewone omstandighede of selfs jou huwelik en sosiale lewe is. Om nie te beplan nie is letterlik 'n plan om te misluk Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3643Loading...
09
Donderdag 6 Junie 2024 Môre weer Ons praat oor beplanning en voorbereiding. So rukkie gelede het ek by geleentheid genoem dat ons nie met misdaad te doen het nie maar eerder met lae intensiteit oorlogvoering. Ons almal ken mos die storie van die padda in die pot water wat stadig verwarm word. Mens kom nie agter wat aan't gebeur is nie, tot dat dit te laat is. Nou ja, juis hieroor is dit nodig om bietjie anders oor sekere goed te dink. Begin by die mees basiese. Wat gebeur as ek jou in jou huis vaskeer vir etlike dae? Hoe oorleef jy met dit wat jy het? Het jy genoeg water? Wat van voedsel? Dit hou nie noodwendig direk verband met misdaad nie maar daar was al gevalle waar mense vir dae nie hul huise kon verlaat nie omdat eksterne magte hulle verhinder het. Daar is goed soos ekstreme weersomstandighede, pandemie siektes of selfs net kwarentyn wat jou in jou huis laat vir onbepaalde tydperke. Dan die feit dat ons nie meer manne na die grens toe stuur nie, beteken nie dat die oorlog verby is nie, inteendeel dit het doodeenvoudig na ons woonbuurte geskuif. Ons kan nie so maklik meer saans buite rondloop nie, slaap en leef agter slot en grendel, is gewapen tot die tande en steeds leef ons daagliks in vrees vir wanneer dit met my gebeur. Dit is die presiese scenario van die grensoorlog destyds. Is jou waterbronne veilig? Kan iemand daar bykom en jou bron kontamineer? Indien wel watter plan kan jy maak om dit te vermy? Kan jy jou waterbron op een of ander wyse beveilig? Wat van jou elektrisiteit toevoer? Waar is die hoof meter kas? Is dit bereikbaar en kan die beveilig word? Dit is nie altyd so maklik om bv 'n transformator te saboteer nie maar dit is in baie gevalle verspot maklik om 'n meter kas oop te maak en die krag af te skakel, of te vandaliseer. As jy voor jou hek ,of binne jou perseel vasgekeer word, het jy alternatiewe wegkom roetes wat jy kan gebruik om te ontsnap? Het jy kommunikasie met die buitewêreld? Het jy al alternatiewe ondersoek? Daar is soveel dinge wat gedoen kan word. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3425Loading...
10
Woensdag 5 Junie 2024 Môre Ons gesels die week weer oor beplanning en hoekom dit belangrik is om te beplan vir sekere situasies. Ek het gister gepraat met die landelike ouens maar dieselfde probleme wat die landelike gebiede ondervind kan ook in stedelike gebiede 'n faktor wees. Wie onthou nog so 2 jaar gelede toe daar onluste in Natal en Gauteng was. Skielik was winkels nie so toegangklik nie en die wat wel was, het sommer vinnig vinnig uit voorraad uit geraak. Dink nog bietjie verder terug, 2020 toe COVID die ding was, hoe kosbaar het 'n rolletjie toiletpapier geword. So kan mens seker maar aanhou, die punt is net dat beplanning selfs in jou eie huishouding baie belangrik is. Ons het bv 'n reeling in ons huis dat daar altyd ten minste 2 van elke gebruiksartikel in ons huis moet wees, 2 sakke suiker, 2 sakke rys, 2 of meer houers koffer en tee. Een waaraan gebruik word en een op die rak. Sodra jy daardie een op die rak oopmaak moet dit vervang word met 'n nuwe een. Daar word ook nie bederfbare produkte in houers weggebêre. So het ons bv 'n geseëlde 25l emmer met suiker, een met mieliemeel, een met rys ens. Nie omdat ek groot probleme verwag nie maar omdat ek nie tydens 'n probleem gevang wil word daarsonder nie. Dit is nou maar net hoe dit werk. Ons het ook kanne met diesel en petrol vir die goed soos opwekkers en waterpompe. Daar is vir ons huis 2500 liter drinkwater met 'n geredelike toegang tot nog water indien die voorraad ons nie hou nie. 2500 liter water kan ons tot 'n week of langer hou in geval van nood. Dit gaan bloot daaroor dat ons voorbereid wil wees indien 'n volgende pandemie of ander ongeluk ons tref. So 11 jaar gelede was hier op ons dorpie 'n staking in die myn industrie wat 6 maande geduur het. Dit het baie ouens onkant gevang en min het verwag dat dit werklik so lank sou duur. Sommige het nooit na daardie episode herstel nie. Diegene wat bietjie voorbereiding in plek gehad het, kon steeds funksioneer. Met die pas afgelope verkiesing het ons weer die probleem gehad. Vanaf Maart maand is besighede doodstil, verskeie ouens het reeds hul werk verloor en nog meer gaan hul werk verloor. Mense het doodeenvoudig ophou geld spandeer. Selfs noodsaaklike dienste het 'n redelike afname in hul omset. Dit alles oor die onsekerheid van die uitkoms van hierdie verkiesing. Weereens het die reserwes wat ons in plek gestel het, ons reeds handig te pas gekom. Veiligheid is nie net vroeë waarskuwing en gevegte nie, nee, veiligheid is ook om voorsiening te maak vir die dinge wat ons nie altyd verwag nie. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3026Loading...
11
Dinsdag 4 Junie 2024 Môre Vir ouens wat in landelike gebiede woon is dit belangrik om te kan vooruit beplan. Jy kan nie vir elke klein dingetjie in jou kar spring en dorp toe jaag nie. Jy moet leer om vooruit te dink en bv goed soos brood, suiker, kosvoorraad ens in genoegsame hoeveelhede aanhou ten einde te verhoed dat jy onkant gevang word. Dit is darem rerig onaangenaam om op 'n Saterdag of Sondag middag mense te ontvang en dan agter te kom jou koffie is klaar. So moet jy ook leer om vooruit te beplan ten opsigte van ander goed soos bv brandstof, vervoer, veiligheid, energie en nog 'n magdom ander goed. Vir beplanning skitter veiligheid in die sin dat dit relatief goedkoop is om veiligheid om jou huis in plek te sit, veral as jy die prys meet teen iets soos elektrisiteit, brandstof of kruideniersware. Meestal is die hoeveelheid kere wat jy veiligheid stelsels in plek moet sit ook heelwat minder as bv die aankoop van kruideniers of brandstof. As jou vroeë waarskuwing in plek is kan jy vir 'n redelike tydjie agteroor sit voor jy weer planne hoef te maak. Maar jy moet nie uit die oog verloor dat jy deurlopend planne moet in plek hê en ook alternatiewe planne vir jou planne indien dinge sou skeefloop nie. Daar is dan ook verskillende planne vir verskillende situasies. Hier raak dit nogal 'n ding om by jou gemeenskap ingeskakel te wees sodat jy op hoogte kan wees van gebeurlikheidsplanne in jou area ook. Wat sal bv die plan van aksie wees sou daar 'n groot brand ontstaan, 'n plaasmoord plaasvind of selfs 'n protesaksie geloods word? Hierdie planne moet aan lede van 'n omgewing deurgegee word en ook gereeld bygewerk en ingeoefen word. Jy wil weereens nie op 'n naweek onkant gevang word deur 'n brand of protes aksie nie. Ons is nou net deur 'n redelik morsige verkiesing waar verskeie ouens 'n ontnugtering gehad het. Ons kan steeds voorsien dat daar in die komende maande tekens van misnoë gaan wees en dat hierdie tekens betreklik agressief sal wees. Daarom is dit dan ook nou tyd vir ons om gebeurlikheidsplanne in plek te kry vir wanneer dinge skeefloop. Raak betrokke, weet wat om jou aangaan en skakel ook jou planne inmekaar met die breër gemeenskap om jou se planne. Uiteindelik is dit vir almal se beswil. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2783Loading...
12
Maandag 3 Junie 2024 Môre Wat is belangrik wanneer ek kyk na my persoonlike en my gesin se veiligheid? Daar is verskeie goed wat baie belangrik is om na te kyk maar as ek net een ding moet uitsonder sal dit kommunikasie moet wees. Ek kan tot 'n mate nog sonder vroeë waarskuwing stelsels regkom, dalk ook sonder heinings en ander grense maar kommunikasie is kardinaal in die sin dat ek hulp kan inroep. As ek hulp van buite kan inroep kan ek ten minste plan maak om aanslae op daardie wyse die hoof te bied. Ek kan ook hulp ontbied vir bv mediese probleme. Dit help al klaar as jy, soos ek, in 'n omgewing bly waar selfoon sein afgaan saam met die krag. Sonder krag, sonder water, sonder selfoon sein ens. Hierna sal ek dan kyk daarna om vroeë waarskuwing stelsels in plek te kry. Ek sal ook begin by die punte reg om my huis, strategiese punte waar iemand van buite kan inkom. Daarna kan mens al verder begin uitkring. Jou huis is reeds 'n natuurlike grens en as iemand daar reeds lawaai maak om te kan inkom, het jy reeds 'n beter kans. Ek sal ook, as ek met niks begin nie, inskakel by my plaaslike veiligheidstruktuur. Buurtwag, patrollie groep ens. Hierdie ouens moet weet wie ek is, waar ek bly en ook dat ek bereid is om hulle te help in ruil vir hul hulp aan my. Geen man kan onbepaald as 'n eiland funksioneer nie, jy het die mense om jou nodig. Jy moet op hulle kan staatmaak, op hulle kan vertrou en ook betroubaar wees vir hulle. Julle moet in 'n span saamwerk om 'n groter vroeë waarskuwing netwerk daar te stel. Jou buurman se honde is reeds 'n goeie aanduiding van probleme buite jou huis, so ook joune vir jou bure en so meer. In dorpe en stede kan mens die blokwag stelsel implimenteer, waar kleiner geografiese groepe van miskien 'n woongebied, 'n blok of selfs net paar huise saamwerk om mekaar te beskerm. Ek sien dat mense terugbeweeg na hierdie konsep en dat hulle dit tans weer met groot sukses aanwend. Ons gaan nooit van misdaad kan ontslae raak nie, maar ons sal misdaad kan skuif. Misdadigers skuif van gemeenskappe waar lede saamwerk teen misdaad na omgewings waar hulle ongehinderd hul ding kan doen. Ons praat môre verder. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2835Loading...
13
Vrydag 31 Mei 2024 (Republiekdag) Môre Dink jou in hierdie scenario in. Vrydagaand: Jy ry patrollie, kom op 'n man af wat oënskynlik gesteelde goedere by hom het. Jy stop en deursoek die mannetjie en kry inderdaad jou TV, mikrogolf ens by hom. Dus positief, hy het by jou huis ingebreek en jou goed gevat. Jy is 'n wetsgehoorsame burger, hou die man daar en kontak die polisie. Polisie daag uiteindelik op en stem met jou saam, hulle neem die man in hegtenis, prosesseer hom en dit is nou seker dit. Hy kom Maandag voor die hof. So uur later is jy tuis, besig om jou huis te herstel. Die polisie daag daar op, jy is nogal beïndruk want jy dink hul kom ondersoek die saak verder. Neé, hulle kom neem jou in hegtenis want daar is intussen 'n string sake teen jou oopgemaak, onder andere rig van gevaarlike wapen, onwettige detensie van 'n persoon, crimen injuria en nog so paar ander. Nou, sit jy, die klaer saam met daardie mannetjie in dieselfde sel en kom jul saam voor die hof maandagoggend. Hy gaan tien teen een maandag loop, maar jy daarenteen gaan nie so maklik daarvan afkom nie want die aanklagte teen jou is baie ernstig. Jy verloor, al is dit net tydelik, jou vuurwapen. Jou vrou en kinders is nou tuis en sonder jou beskerming. Jy kan net dink wat hierdie storie aan jou kriminele rekords gaan doen, hoe dit jou toekoms gaan beïnvloed in terme van werksoek. Jy het reg opgetree, jy het nie 'n wapen op hierdie man gerig nie, jy het hom nie die "k" woord toegesnou soos hy se nie en jy het hom nie vals beskuldig/ aangehou nie. Duisende rande verder en baie tyd verlore kom julle tot 'n vergelyk, jy laat vaar die inbraak klagte en hy onttrek sy klagtes teen jou. Jy dink dis 'n wen wen situasie maar is dit? Dit is hoekom ek vir jou sê, sorg dat jy getuies saam met jou het. Sorg dat wat julle ook al doen, dat daar video materiaal is. Bly binne die raamwerk van die wet. Sorg dat jy soveel moontlik bewyse het sodat sou jy aangekla word, jy dadelik die teendeel kan bewys. Wees versigtig, wees waaksaam en wees slim. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
4104Loading...
14
Donderdag 30 Mei 2024 Môre Reëls, hoekom is daar reëls? Dink so daaraan, daar is reëls omdat iemand al 'n ding gedoen het wat hy, of ander, later besef het nie so goeie ding was nie en dus die groter groep wou beskerm daarvan om dieselfde ding te doen en later dieselfde fout agter te kom. Reëls help om goeie orde te hou, dit skep 'n raamwerk waarbinne ons kan leef. Reëls maak dit ook moontlik om iemand se aksies tot 'n mate vooruit te bepaal. Daar is natuurlik die outjies wat glo reëls is daar om gebreek te word en wat dus daarop uit is om reëls te breek. Vir hierdie ouens is daar 'n meganisme in meeste reëls ingebou wat straf vir die oortreding van 'n reël insluit. In kort, reëls is oor die algemeen daar om ons teen onsself te beskerm. Mense dink nie altyd voor hul dinge doen nie en die wêreld/ natuur het nou eenmaal daardie manier om jou uit te sorteer as jy die reëls oortree. Voorbeeld, sommige ouens glo dit is aanvaarbaar vir rou riool om in ons drinkwater te beland. Vir 'n tydperk kan jy selfs wegkom daarmee, maar onthou dat as dit iemand of 'n groep se siening is, sal daardie persoon of groep ook ander sienings hê wat nie heeltemal in pas is met die res van ons s'n nie. So sal daardie iemand dan ook nie bv onderhoud doen op die filter sisteem wat die drinkwater moet suiwer nie. Uiteindelik begin mense dooi van goed soos Cholera, ecoli en nog ander siektes. Moeder natuur se manier om jou te laat besef dit wat jy doen is verkeerd. Hoekom is ek so erg oor reëls vanmôre? Eenvoudig, om suksesvol op te tree teen misdaad, moet ons uiteraard ook sekere reëls in plek hê, ons moet binne die raamwerk van die wet optree en ons moet ook darem ten minste weet wat is reg en wat is verkeerd. Daar is sekere reëls wat deesdae omgedraai word om teen ons te gebruik. Misdadigers is slim en sal jou eie reëls toepas sodat hy/ sy skotvry van sy wandade kan afkom. Wees versigtig wanneer jy so iemand konfronteer. Sorg dat daar altyd getuies is en waar moontlik getuienis soos bv video of audio opnames. Moenie in die ouens se strik trap nie. Ons gesels môre verder Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
4151Loading...
15
Woensdag 29 Mei 2024 Stemdag Môre Ek is besig om gereed te maak, ek ry binne 'n paar minute om sommer vroeg vroeg my stem te gaan uitbring. Vandag se verkiesing is seker die belangrikste sedert 1994, ek wil 'n verskil maak. Na ek vanmôre gestem het, is dit natuurlik die gewag om te hoor wat die uitslag is. En dan die uitslae, en dit is hier waar ek die probleme voorsien. Ek vermoed daar gaan 'n klomp ouens wees wat ontnugter gaan wees. Dit is hierdie ouens wat dalk die moeilikheid kan maak. Wat jy ookal doen, moenie betrokke raak in hierdie ouens se gevegte nie. Beskerm waar dit nodig is, maar moet onder geen omstandighede verder betrokke raak nie. As jy enigsins kan, vermy die konflik situasies heeltemal. Almal is maar effe senuagtig en baie ouens voorsien probleme. Ek dink ook ons kan in sekere areas probleme verwag maar solank dit nie binne my direkte omgewing is of "my" gemeenskap beïnvloed nie, dink ek dit is belangrik om my afstand te hou. Wat julle ook al vandag doen, gaan stem asseblief, wees versigtig en bid vir die beste. Groete Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3611Loading...
16
Dinsdag 28 Mei 2024 Môre Soos gister beloof, ek praat vanmôre verder oor my Vrydag ekskursie na die alarmstelsel uit die onderwêreld. Ek daag toe gister daar op, gewapen met 2 nuwe batterye, 'n klomp ekstra draad, sensors en wat nog. Ek wil dit sommer hier al noem, ek hou nie van alarmstelsels nie. So begin ek krap en ondersoek instel. So vind ek toe uit dat meer as die helfte van die sensors nie aktief gekoppel is nie. Liggies werk ens maar dit gee geen sein deur na die paneel toe nie. So vind ek ook uit dat die gewapende reaksie radio, nie eens bestaan nie. Die klient betaal maandeliks 'n fortuin oor na die reaksie maatskappy sonder dat hulle ooit enige seine sal ontvang. Nou ja, 'n baie ongelukkige klient groet my, nadat ek aanbeveel dat hy liewer na 'n bekende en betroubare maatskappy gaan wat 'n pakket aanbied wat installasie, onderhoud en reaksie insluit. Ek kan nie help om baie sleg te voel nie. Ek voel ek laat die man in die steek, maar ek kan ook nie al die nodige dienste bied nie en gaan nie die klient en myself blootstel aan moontlike probleme in die toekoms nie. Wat baie belangrik is: Maak seker die alarm maatskappy is PSIRA geregistreer, dit staan vir Private Security Industry Regulating Authority. Dit is 'n liggam waaraan privaat sekuriteitsmaatskappye moet behoort. Maak seker van die maatskappy se baan rekord. Daar is soveel kansvatters daarbuite. Wees versigtig aan wie jy jou en jou gesin se veiligheid toevertrou. Môre is stemdag, gaan stem asseblief, jou stem maak wel 'n verskil. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3612Loading...
17
Maandag 27 Mei 2024 Môre Vrydagmiddag word ek uitgeroep na 'n "dringende" onderbreking. Die klient se alarm stelsel wil nie aanskakel nie en hy wil winkel toemaak vir die naweek. Met my aankoms sien ek hulle is besig om die winkel te verander met die gevolg dat van die sensors nie kan funksioneer nie omdat die kabels beskadig is. Die klient vra toe dat ek die spesifieke sensors moet omseil vir die naweek, en hier begin die pret. Die klient ken nie sy eie kode vir die alarm nie. Die installeerder is nie beskikbaar nie en niemand het sy kode om op die stelsel in te skakel nie. Dit staaf net weer my ou klagte, mense gaan vir al die katoeters wat hul kan koop sonder om self te weet hoe om dit te gebruik of basiese foutopsporing te doen. Ure en baie los torring van drade later kon ek darem die stelsel kry om met die afstandbeheer aan te skakel. Die man is natuurlik nie vreeslik dik van die lag nie, ek kan hom seker nie kwalik neem na my gesprek met hom nie. Mense betaal vir die beste en mooiste stelsels, met raakskerm tegnologie, kunsmatige intelligensie en wat nog alles. Intussen doen hulle nie die moeite om selfs die basiese inligting oor die stelsels te bekom nie. Dit is van kardinale belang dat jy self of ten minste iemand in jou binnekring, hetsy vrou of kinders, die basiese inligting rondom die stelsel moet hê, wagwoorde, inligting oor waar sensors geplaas is en selfs waar kommunikasie lyne geïnstalleer is in geval van skielike foute. Dan is daar die rugsteun krag wat aan sulke stelsels energie voorsien. Vrydag se stelsel het geen battery rugsteun in nie en ek moet dus vandag planne maak. Die oorspronklike installasie is deur iemand gedoen wat nou wegkruip. Meer hieroor in 'n volgende gesprek Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3663Loading...
18
Vrydag 24 Mei 2024 Goeiemôre Terug na veiligheid Die winter is besig om nou vinnig op ons toe te sak, oor bietjie minder as 'n maand bevind ons, onsself in die hartjie van die winter en begin die son sy stadige terugtog oor die ewenaar. Intussen word dit later in die oggend lig en vroeër in die aand donker. Ons nagte is nog betreklik matig, wat tot gevolg het dat misdadige elemente steeds aktief is. Met die wat die nagte langer word skep dit natuurlik die ideale geleentheid vir niksnutte om vroeër bedrywig te raak met hul stoutighede. Daarom.is dit belangrik vir ons om op te let wanneer jy skemeraand tuis kom en voor ligdag weer vertrek. Die kanse vir mense wat op die uitkyk is vir 'n vinnige geleentheid om jou van jou kosbaarhede te vervreem, is tydens die vroeë aande en oggende nou heelwat beter. Omdat mens geneig is om bietjie warmer aan te trek teen die koeler weer is dit dan ook so dat jou beweeglikheid ingeperk word, wat uiteraard tot gevolg het dat ouens soos hierdie nog 'n bietjie beter voorsprong op jou het. Let op, kyk veral rondom jou hekke en ander ingange vir wegkruipers wat jou kan inwag. Maak seker die area rondom jou ingange is goed belig en oop sodat jy goed kan sien wat daar aangaan. Wees ook bedag op voertuie wat jou agtervolg huis toe. Ry liewer twee of drie keer om die blok as om direk by jou hek in te draai en so 'n slagoffer van 'n roof of kaping te word. Verskerp jou waarneming deur speletjies met jou man, kinders of jouself te speel. Leer bv oplet na verskillende items wat op straat gelaat word, bottels, plastieksakke, selfs kartonhouers. Dit raak prettig as jy vir jou man of vrou begin vra, het jy die of daardie item opgemerk? Brei die speletjie uit na goed soos motors, mense ens Baie vinnig kom jy agter hoeveel goed jy altyd gemis het Geniet jou naweek en sterkte Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
4142Loading...
19
Media files
4495Loading...
20
Donderdag 23 Mei 2024 Môre Ek hoor baiekeer mense sê "ek wil niks weet van politiek af nie" of "ek is klaar met politiek, ek stel nie belang nie" en dit is natuurlik elkeen se goeie reg om so te voel. Die realiteit is ongelukkig dat al is jy klaar met politiek, is politiek nooit klaar met jou nie. Solank daar 'n regering is wat besluite neem aangaande die omgewing, dorp of land waar jy woon, is jy ongelukkig onderwerp aan politiek en die gevolge daarvan, dit is nou maar eenmaal so. Politiek besluit oor die paaie waarop jy moet ry, die wetstoepassing op daardie paaie, die krag wat na jou huis kom, water, riolering ja tot 'n groot mate selfs wat jy eet en wat jy kan bekostig. Daarom, al stem jy nie altyd saam met wat in die politiek gebeur nie, is dit belangrik dat jy maar op hoogte bly van partye se beleid t.o.v goed soos polisiëring, wetstoepassing, veiligheid en so aan. Hierdie ouens, politici, bepaal uiteindelik of daar 'n polisiemag of rebelle mag gaan wees wat jou omgewing gaan patroleer. Hulle bepaal of jy skoon water gaan hê in jou huis, of daar riool in die dorp/stad se strate gaan afloop en of die ligte gaan aan of af wees. Jy en ek is dus verantwoordelik om ons stemreg te gebruik om dit wat ons graag wil sien in ons omgewing deur middel van 'n kruisie op 'n stukkie papier te bewerkstellig. Om dit te doen moet ons ingeligte besluite neem sodat ons kan weet watter politieke party se ideale en voornemens die naaste is aan dit wat ons nastreef. Dit is ook belangrik om te weet watter partye is die ouens wat gedurig van opinie en dan ook beleid verander soos dit hulle pas. Ek staan eerder agter iemand wat onwrikbaar is in hul beleid as om te stem vir iemand wat bereid is om met die oposisie saam te werk net sodat hulle in 'n magsposisie kan wees. Doen mooi navorsing voordat jy volgende week jou kruisie gaan trek, weet vir wie jy stem en waartoe daardie party in staat is. Sterkte Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
4364Loading...
21
Woensdag 22 Mei 2024 Môre Na aanleiding van gister se boodskap wil ek net noem dat ek nie paniekerig raak of paniek wil saai nie. Mens moet tog die realiteit van die situasie kan opsom en insien. Dinge is werklik net bietjie baie stil op die oomblik, en daarom kan mens nie anders as om te wonder wat die klomp verskillende groepe in die mou voer nie. Ek wil vanmôre gou so klein bietjie gesels oor die tegnologie wat ons kan gebruik om onsself mee te beveilig en ook wat tans beskikbaar is. Dit is nogal interessant om te sien hoe goed soos kunsmatige intelligensie in ons veiligheidsstelsels begin inkruip. Ek is nie baie ingenome met dié nuwerwetse tegnologie nie maar tans wil dit voorkom asof dit 'n effektiewe oplossing is omdat die werking daarvan nog so bietjie duister is vir ons "vriende". Die nuwerwetse gevoel is ongelukkig dat daar geen teenvoeter vir kunsmatige intelligensie is soos natuurlike onnoselheid nie, en hiermee moet ek ook saamstem. Misdadigers dink nou maar eenmaal op 'n ander vlak wat my laat wonder of die KI werklik opgewasse is teen hierdie ouens as hul eers die KI se werking begin verstaan. Ek is steeds geneig om van die ou "dom" stelsels te gebruik soos bv infra rooi strale, strikke ens. Uiteindelik moet mens maar die ekstra moeite insit om die beter oplossing te hê. KI is tans die geur van die maand maar kan baie gou in 'n nagmerrie ontaard as ons dit nie mooi hanteer nie. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3572Loading...
22
Dinsdag 21 Mei 2024 Goeiemôre Oor 8 dae trek ons kruisies in seker die belangrikste verkiesing sedert 1994. Tans is dinge baie stil en maak niemand enige geluide ten opsigte van gevolge van die uitkoms van hierdie verkiesing nie. Dit is baie vreemd dat ons nie in die hoofstroom media meer hoor van die radikale groeperinge nie en dus wonder mens onwillekeurig wat hierdie en ander ouens in die mou voer. Selfs die nasionale vervoer stilstand wat deur die grootste vervoer vakbond afgekondig is, is ter elfder ure vir eers opgeskort hangende verdere samesprekings. Ons almal ken die uitdrukking "die stilte voor die storm" en dit is hoe dit op oomblik vir my voël. Iewers is iets nie pluis nie. Die afgelope 2 tot 3 maande al kom ons ook agter dat groot maatskappye en selfs Jan Alleman traag is om geld te spandeer. Almal hou hul asems op vir die uitkoms van hierdie verkiesing. Wat moet ons maak hiervan? Dit is regtig moeilik om te sê weereens weet mens nie mooi wat om te verwag nie behalwe dat jy moet voorberei vir die ergste en moet hoop/ bid vir die beste. Maak seker jou vroeë waarskuwing stelsels is in plek, maak seker jy is op hoogte van gebeure in jou gemeenskap, weet waar jou plaaslike knelpunte, sleutel punte ens geleë is in geval van onrus. As julle steeds nie op gemeenskap vlak gebeurlikheidsplanne in plek het nie, dan is dit nou al amper te laat. Hierdie planne moes reeds gemaak wees en ook aan die nodige sleutelpersone gedeel. Jy kan nou nog sulke planne maak en teen die naweek in plek sit maar ek sê weer tyd is baie baie min. Ek dink regtig hierdie is een van daardie tye waar ons reeds ons dinge agtermekaar moes hê want ongeag die uitslag van hierdie verkiesing, glo ek dat daar groot ongelukkigheid gaan wees onder wie ook al verloor. Bekom nou noodvoorraad, kommunikasie en genoeg energie bronne want dinge kan verswak in die volgende weke. Let wel ek sê kan want weereens, nie een van ons kan werklik vooraf bepaal wat gaan gebeur nie. Ons kan maar net raai. Uit vorige ondervinding kan ek egter 'n redelik ingeligte raaiskoot waag. Sterkte, vrede en geloof vir elkeen Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3736Loading...
23
Maandag 20 Mei 2024 Goeiemôre Weens verskeie faktore is daar nie vanmôre 'n boodskap nie Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3150Loading...
24
https://twitter.com/afriforum/status/1791728536908165615?t=PS5Glpw41fHXUa3wwWu_FQ&s=19
3732Loading...
Maandag 17 Junie 2024 Goeiemôre Uiteindelik lyk dit of die politieke toneel begin stabiliseer. Die president bly vir nou die president, die landskap lyk effe meer gunstig en hopelik sal die trae ekonomie nou weer begin lewe kry. Wat wel kommerwekkend is, is die skerp toename in geweldsmisdaad die afgelope 10 tot 14 dae. Plaasaanvalle het werklik skerp gestyg terwyl ander vorms van misdaad nie ver agter is nie. Slegs Vrydag was hier by ons gewapende rooftogte waar die misdadigers dit duidelik laat blyk het hul skroom nie om te skiet nie. Verlede Vrydag is 'n swaar voertuig met erts gekaap. Die voertuig is spoedig teruggevind maar nie voor die erts eers op 'n onbekende plek afgelaai is nie. In ons eie area is ek bewus van twee aanvalle waar plaaswerkers geteiken is. Ek is ook bewus van vele kleiner misdade soos inbrake, diefstal ens. Selfs motordiefstal en kapings het die afgelope tyd skerp gestyg. Dit kan toegeskryf word aan die rustigheid wat nou heers na die voorafgaande weke se paraatheid wat misdadigers se planne so bietjie gekortwiek het of dit kan ook net wees dat die euforie van die verkiesing begin taan. Hoe dit ookal mag wees, ons moet skerp bly, wees oplettend, deel inligting en gebruik die inligting wat jy kry, tot jou voordeel. Wees paraat, hou jou deure gesluit en maak dit steeds so moeilik moontlik vir boosdoeners om hul doel te bereik. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 4
Hammasini ko'rsatish...
Sondag word Konsentrasiekampdag herdenk

Op 16 Junie, hoofsaaklik bekend as Jeugdag, vind nóg ’n belangrike herdenking plaas: Konsentrasiekampdag. Die FAK-Kultuurnetwerk het die afgelope vier jaar hierdie dag met ’n spesiale geleentheid b...

👍 2
Vrydag 14 Junie 2024 Môre Is jy 'n gelowige? Glo jy in Christus? Sou jy jouself bestempel as 'n Christen? Glo jy dat God 'n plan het met jou? Ek is nie 'n geleerde teoloog nie, ek het maar soos so baie ander in die NG kerk grootgeword, gekatkiseer en daar aangeneem. Was diaken in ons gemeente en moes ook maar met teleurstelling verneem van dinge wat in ons gemeente plaasgevind het, predikante met klei voete wat ingegee het tot versoekings en nog baie meer. Mense stel mens teleur, soms onwetend maar God was, is en sal vir altyd dieselfde bly. Nou kom ek by die boodskap wat die afgelope paar dae kort kort in my hart en gedagtes opkom. Ons is hier aan die Suidpunt van Afrika geplaas met 'n doel. Ons Heer het destyds so opdrag gegee dat van Riebeeck en al die ander waaronder die Franse Hugenote, Duitsers en die res hulself hier kom vestig het. Hierdie voorvaders van ons kon gekies het om rustig te bly waar hulle was maar Hy het dit so bewimpel dat hulle hierheen moes kom en 'n nuwe nasie hier kom vestig. Ek kan nie glo dat dit alles beplan was sodat ons uiteindelik hier uitgewis moet word nie. Ons God is 'n God van liefde, orde en dissipline. Tog kies ons as mense om Sy verordeninge te verdraai soos dit ons pas. Ek weet ek is self skuldig, en ek het geen verskoning nie. Ek gaan lankal nie meer kerk toe nie maar dit beteken nie dat ek my geloof en Christenskap verloën nie, inteendeel, ek glo steeds in God die Vader, die almagtige Skepper van hemel in aarde, en wat dan daarop volg. Hy lê die afgelope ruk kort kort die vraag in my hart, hoekom is ek hier? Wat is my doel in hierdie Land? Ek kan baie maklik my goed oppak en terug verkas Europa toe, waar my voorouers vandaan kom maar is dit in Sy plan? Ek glo dat ons hier is omdat Hy ons klompie hier wil gebruik. Ek glo ook dat Hy, Sy wil aan my sal bekend maak ter gelegender tyd. Nog nooit het Hy my in die steek gelaat nie, Hy het my nog altyd op die regte tyd laat voorberei vir dit wat Hy vorentoe vir my beplan. Nog elke keer, en ek glo in hierdie onsekere tye sal dit dan ook so wees. Ek glo ook met my hele hart dat hierdie boodskappe wat elke dag uitgaan nie deur my eie wil of kennis is nie maar deur Sy wil en Sy plan. Met die hoeveelheid terugvoer wat ek al ontvang het weet ek hierdie boodskappe raak mense se lewens en weet ek ook dat Hy 'n plan het hiermee. Ek het nie nodig om te weet wat daardie plan is nie, al wat ek moet doen is om te gehoorsaam. Daarom stuur ek elke boodskap soos dit vir my gegee word. Dankie vir elkeen wat lees, versprei en kennis neem. Dankie vir elkeen wat die inligting ter harte neem en gebruik. Iewers vorentoe gaan dit ons en Hom goed te pas kom. Amen Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 11
Donderdag 13 Junie 2024 Môre weer Ja so praat mens maar elke dag met mense en probeer hul oortuig dat hul veiligheid iets werd is. So sien jy ook elke dag dat mense nie werklik die erns van die saak begryp nie. Ek en ander soos ek, weet ook nie aldag meer wat om te doen om mense te oortuig dat elkeen moet saamwerk om homself, sy gesin en ook gemeenskap te beveilig nie. Ek sou reken as jy nou jou karwiele verloor het aan diefstal, of selfs jou kar, jou gereedskap en wat nog alles, sal jy darem nou al begin verstaan dat jy iets moet doen. Ongelukkig blyk dit nie die geval te wees nie. Ek het 'n vriend wat altyd sê "mense kry nóg nie swaar genoeg nie" en dit is een honderd persent die waarheid. Ons moet jou werklik eers bloei, mense aan die dood afstaan en dan steeds is die opkoms maar power. Ek kan vandag nog in my motor klim en reguit na verskillende persele ry waar ek tot by die mense se voordeur gaan sonder enige obstruksie, hek of selfs hond wat blaf. Dan staan daardie voordeur oop, geen veiligheidsdeur, geen sleutel of slot aan die deur en hulle slaap waaragtig nog vanaand in daardie huis agter daardie deur wat nie sluit nie. G'n wonder mense word amper daagliks nog in hul huise verras deur aanvallers nie. Dit dan nog terwyl hulle met volksvreemde werkers op hul grond sit wat dan so goed werk. Onwettige immigrante, wat sonder enige rekord die land in en uitgaan en enige tyd kan vlug. Nee mense ek kan baie dinge verstaan, ek het ook geduld met baie goed maar met mense wat nie hulself wil help nie, daarmee raak my nerwe darem nou dun. Ek meen die mense sit in hul huise, weier om betrokke te raak, deel sowaar as vet nog inligting van ons buurtwag groepe met werkers en enigiemand anders wat wil kyk, net om dan te wil kla wanneer hulle aangeval word? Hoe in die lewe? Wat gaan deur so mens se kop? Ek is jammer maar ek kan ook net soveel verduur, geen mens kan maande, jare lank sien hoe ons mense afgemaai word terwyl ons wel iets daaraan kan doen maar net mooi niks wil doen nie omdat ons te gemaklik is. Seker maar verkeerd van my maar in so geval moet 'n ou mos nou maar bloei. Verstaan mooi, ek praat nie van bejaarde mense nie. Nee ek praat van jong manne in hul vroeë dertigs wat wragtig vir my wil vertel daar bestaan nie so iets soos plaasaanvalle nie. Van iemand wat bo 60 of 70 is kan ek verstaan want dit is mense wat uit 'n heel ander lewens uitkyk kom. Maar jonger mense wat elke dag die gevolge van hierdie goed sien en dit steeds ontken? Dit gaan my verstand te bowe. Mense ons moet wakker word. As jy vandag nog nie agter gekom het dat die intensiteit van die misdaad aan't toeneem is nie, wat doen jy dan? Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 2
Woensdag 12 Junie 2024 Môre Ons kry gereeld inligting oor inbrake, aanvalle, diefstalle en nog seker tien ander goed. Ons hoor ook gereeld hoe mense kla dat misdaad erg raak, hoe besig sekere areas is ensovoorts. Wat my ook opval is dat so baie mense so baie verskonings het oor hoekom hulle nie kan betrokke raak nie. Soos reeds vroeër die week genoem, beplan ons aktiewe groepie om bymekaar te kom vir 'n werkswinkel waartydens ons 'n reeks goed wil bespreek met betrekking tot ons area se veiligheid. Een van die onderwerpe gaan juis handel oor hoe ons meer mense betrokke kan kry in ons pogings. Uiteindelik gaan dit nie soseer oor ons en ons werksaamhede nie maar oor die veiligheid van ons gemeenskap. Hoe meer mense uit ons gemeenskap betrokke raak, hoe beter kan ons ons eie gemeenskap bedien. Soos hierbo genoem, is daar legio verskonings. My werk, my kerk, my gesin, tyd en nog vele meer maar wanneer daardie persoon in nood verkeer verwag hulle ons bystand en ondersteuning. Ons kan ongelukkig net soveel doen met 10 of 15 outjies op 'n slag en dan moet mens onthou hierdie outjies werk ook, het ook gesinne, is ook betrokke by hul onderskeie kerke. Dit gaan oor keuses, jy kan kies om aktief betrokke te raak, jou gemeenskap te dien of jy kan kies om tuis te sit en 'n gebruiker te wees. Wat kies jy? Raak betrokke by jou naaste buurtwag, doen jou deel vir jou eie veiligheid. Wees een van die wat 'n verskil maak. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q https://afriforum.co.za/wat-doen-ons-2/buurtwagte/
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 2
Dinsdag 11 Junie 2024 Goeiemôre Ons moet nooit ophou dink aan planne om misdaad te ontwyk nie omdat misdadigers nooit ophou nuwe planne maak om misdaad te pleeg nie. Teen hierdie tyd is ons almal al bewus van die staal penne wat op verskeie roetes om Pretoria en tot 'n mate die N4 tussen Pretoria en Rustenburg gebruik word om motoriste tot stilstand te dwing. So week of wat gelede het ek twee keer kort na mekaar berigte ontvang van motoriste wat geroof is nadat hul gestop het om vreemde voorwerpe in die pad te ondersoek. In een geval is daar ledemate van winkelpoppe in die pad geplaas. Die persoon het dit gesien en toe gestop om ondersoek in te stel. Hy is na bewering van 'n selfoon beroof. In die tweede geval is 'n stuk kombers in die pad geplaas om soos 'n persoon te lyk wat daar lê en slaap. Hierdie keer het 'n groep van 4 voertuie afgetrek om te ondersoek. Die manne is nie aangeval of geroof nie maar kon wel beweging in die ruigtes langs die pad hoor. Hierdie metodes herinner nogal aan die hinderlae wat grens boere destyds mee te doen gehad het. Tot 'n mate dink ek die fisiese honger wat van hierdie misdadigers mee te kampe het dryf hulle tot hierdie uiterstes maar dan weer dink ek ook dat baie van hierdie misdade meer teen die mens in die motor gerig word. Ek waag dan ook die voorspelling dat hierdie tegnieke van yster penne en ander voorwerpe uiteindelik sy weg sal vind na kleiner roetes en uiteindelik ná ons stedelike strate. Ons sal moet opstaan en saamstaan om hierdie euwel te bestry, dit gaan verseker nie die werk van 'n paar manne wees nie maar uiteindelik die van die groter gemeenskap. Ons sal moet langtermyn planne beraam om hierdie tipe goed die hoof te bied en om die persone wat wel roetes patroleer en veilig hou se hande te sterk. Ons groepie manne en dames hier in my omgewing beplan reeds 'n werkswinkel om verskeie strategieë te ondersoek en bespreek. Ons beplan ook om weereens ons gemeenskap te probeer motiveer om saam te werk. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 4
Maandag 10 Junie 2024 Môre Ons leef deesdae in regtig interessante tye. Baie van die profesieë wat selfs in die Bybel gemaak is, begin vandag in ons eie tyd, waar word. Jare gelede het iemand eendag vir my gesê hy't nog altyd gewonde as die Messias eendag weer terugkom aarde toe, hoe sal almal Hom gelyk kan sien, maar toe voeg hy by, met vandag se satelliet tegnologie is dit alles moontlik. Ons leef nou in tye waar tegnologie 'n geweldige groot rol speel, tegnologie en kommunikasie loop hand aan hand. Vandag is dit moontlik om binne enkele oomblikke beeldmateriaal van erge natuurrampe aan die anderkant van die aardbol, op jou selfoon in jou hand te sien. Nou is my vraag, as tegnologie so magtig is, hoekom kan ons dit nie tot ons voordeel aanwend nie? Hoekom kan ons nie ons selfone gebruik om bv misdaad te bekamp nie? Of hoekom kan ons nie ons selfone en die verskillende sossiale media groepe wat daaraan gekoppel is gebruik om ons lewens veiliger en beter te maak nie? Wat maak dat ons nie die nut kan insien van bv inligting oor verdagte persone of bedrywighede op 'n buurtwag groep te plaas nie? Ons het die het in die hand, ons moet net leer hoe om dit te gebruik. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 2
Vrydag 7 Junie 2024 Môre Ons kyk steeds na beplanning. Veiligheid beplanning begin tuis. Jou gesin moet vooraf sekere reëlings in plek hê vir sekere omstandighede. Mens sal bv reëlings in plek hê vir 'n geval waar die huis sou aan die brand raak. Uiteraard is die plan dat almal sal saamwerk maar dit help veel dat almal hardloop om ouma se foto te red maar niemand dink aan goed soos bv klere of voedsel wat gered kan word nie. Nog erger almal hardloop vir die foto maar niemand kry brandbestryding toerusting nie! Wanneer mens jou huis gesin en mense gereël het dat elkeen 'n sekere taak vir elke moontlike probleem het, dan begin jy die ouens om jou by jou planne betrek. Wat gebeur bv as daar 'n oorstroming of ander natuur ramp sou plaasgevind? Wat sal die reëlings wees in geval van 'n lang kragonderbreking as gevolg so natuur ramp? Waar sal mens kan water kry? Wie het koelkas of koelkamer geriewe waar ander hul bederfbare voedsel kan bere. Wat van kook en ander kosmaak geriewe. Ja meeste van ons is op gasstowe en dalk solar of gas geysers maar wat van diegene wat nie daardie voordele het nie? Hoe word hierdie mense geakkommodeer? So brei mens die gebeurlikheidsplanne uit, wat gebeur bv in 'n geval van protes aksie, dalk massa aanvalle ens. Ek noem nou hierdie nie dat mens dit ooit sal wil sien nie maar.mens moet ook realisties wees. Hoekom neem mens versekering uit? Omdat jy tog wil voorsorg tref? Beplanning is dus iets wat mens op elke vlak van jou lewe behoort toe te pas, of dit nou finansies, nood planne ten opsigte van buitengewone omstandighede of selfs jou huwelik en sosiale lewe is. Om nie te beplan nie is letterlik 'n plan om te misluk Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 2
Donderdag 6 Junie 2024 Môre weer Ons praat oor beplanning en voorbereiding. So rukkie gelede het ek by geleentheid genoem dat ons nie met misdaad te doen het nie maar eerder met lae intensiteit oorlogvoering. Ons almal ken mos die storie van die padda in die pot water wat stadig verwarm word. Mens kom nie agter wat aan't gebeur is nie, tot dat dit te laat is. Nou ja, juis hieroor is dit nodig om bietjie anders oor sekere goed te dink. Begin by die mees basiese. Wat gebeur as ek jou in jou huis vaskeer vir etlike dae? Hoe oorleef jy met dit wat jy het? Het jy genoeg water? Wat van voedsel? Dit hou nie noodwendig direk verband met misdaad nie maar daar was al gevalle waar mense vir dae nie hul huise kon verlaat nie omdat eksterne magte hulle verhinder het. Daar is goed soos ekstreme weersomstandighede, pandemie siektes of selfs net kwarentyn wat jou in jou huis laat vir onbepaalde tydperke. Dan die feit dat ons nie meer manne na die grens toe stuur nie, beteken nie dat die oorlog verby is nie, inteendeel dit het doodeenvoudig na ons woonbuurte geskuif. Ons kan nie so maklik meer saans buite rondloop nie, slaap en leef agter slot en grendel, is gewapen tot die tande en steeds leef ons daagliks in vrees vir wanneer dit met my gebeur. Dit is die presiese scenario van die grensoorlog destyds. Is jou waterbronne veilig? Kan iemand daar bykom en jou bron kontamineer? Indien wel watter plan kan jy maak om dit te vermy? Kan jy jou waterbron op een of ander wyse beveilig? Wat van jou elektrisiteit toevoer? Waar is die hoof meter kas? Is dit bereikbaar en kan die beveilig word? Dit is nie altyd so maklik om bv 'n transformator te saboteer nie maar dit is in baie gevalle verspot maklik om 'n meter kas oop te maak en die krag af te skakel, of te vandaliseer. As jy voor jou hek ,of binne jou perseel vasgekeer word, het jy alternatiewe wegkom roetes wat jy kan gebruik om te ontsnap? Het jy kommunikasie met die buitewêreld? Het jy al alternatiewe ondersoek? Daar is soveel dinge wat gedoen kan word. Dawie Conradie Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Hammasini ko'rsatish...
Landelike Veiligheid | WhatsApp Channel

Landelike Veiligheid WhatsApp Channel. Plasings van Maandag tot Vrydag. Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed.

https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q.

245 followers

👍 6