Nuusflits
Kanalga Telegram’da o‘tish
691
Obunachilar
Ma'lumot yo'q24 soatlar
-17 kun
-1730 kun
Postlar arxiv
691
2 ernstig beseer in ongeluk tussen trein en bakkie
WES-KAAP. – Twee mense het Maandag kritieke beserings opgedoen tydens ‘n ongeluk tussen ‘n trein en ‘n bakkie naby ‘n plaas in Worcester.
#ongeluk #bakkie #trein
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/2-ernstig-beseer-in-ongeluk-tussen-trein-en-bakkie/
691
Hittegolfwaarskuwing vir verskeie provinsies
’n Hittegolf met hoë temperature word van Maandag tot Donderdag (29 Januarie) verwag. Hierdie hitte word vir dele van Sarah Baartman, Chris Hani, Joe Gqabi, Alfred Nzo, OR Tambo en Amathole, en tot ten minste Vrydag (30 Januarie) oor die Noord-Kaap, sentrale en suidelike Vrystaat en die suidwestelike dele van Noordwes voorspel.
#hittegolf #hitte #VoxWeather
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/hittegolfwaarskuwing-vir-verskeie-provinsies/
691
KYK: Beslag gelê op 7 busse tydens operasie om skoliervervoer te beveilig
GAUTENG. – Vanoggend (Maandag) het die Gauteng-verkeerspolisie, die Suid-Afrikaanse polisiediens en die Tshwane-metropolisie hulle pogings vir padveiligheid vir leerlinge verskerp tydens ’n operasie in Soshanguve om veiligheid vir skoliervervoer te handhaaf. Daar is op sewe busse beslag gelê.
#skoliervervoer #operasie #busse
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/kyk-beslag-gele-op-7-busse-tydens-operasie-om-skoliervervoer-te-beveilig/
691
Troosdiens gehou vir 8-jarige wat by skool sterf
WES-KAAP. – ‘n Troosdiens is Sondag gehou vir Matthew Cheswin Baartman (8), in gr. 3 in Laerskool Klapmuts, wat Vrydagoggend op die skoolterrein gesterf het. Die presiese oorsaak van sy dood is nog nie bevestig nie, aangesien omvattende ondersoeke tans deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement en ander owerhede gedoen word.
#MatthewBaartman #sterf #skool
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/troosdiens-gehou-vir-8-jarige-wat-by-skool-sterf/
691
Papegaai in boom spot reddingspan uit die hoogte
GAUTENG. – ’n 14 weke oue macaw (ara) het reddingswerkers Sondagoggend behoorlik op hul tone gehou, toe sy hoog in ’n boom in Centurion vasgesit en luidkeels van bo af “kommentaar” gelewer het.
#papegaai #spot #reddingspan
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/papegaai-in-boom-spot-reddingspan-uit-die-hoogte/
691
Ernstige besering toe 5-jarige gly en kop stamp
GAUTENG. – Roland Janse van Rensburg (5) is in die Life Suikerbosrand-hospitaal in Heidelberg opgeneem nadat hy ernstig beseer is toe hy op ’n rugbybal gegly en sy kop hard gestamp het. Sy familie probeer alles in hulle vermoë om hom in ‘n privaathospitaal te hou.
#RolandJansevanRensburg #val #beseer
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/ernstige-besering-toe-5-jarige-gly-en-kop-stamp/
691
7 verdagtes in hegtenis – beslag gelê op 8 onwettige vuurwapens
KWAZULU-NATAL. – Sewe verdagtes is vanoggend (Maandag) in die Maphumulo-polisiëringsgebied tydens ’n intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem. Daar is op agt vuurwapens beslag gelê, waarvan twee vermoedelik aan die polisie behoort.
#SAPD #verdagtes #vuurwapens
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/7-verdagtes-in-hegtenis-beslag-gele-op-8-onwettige-vuurwapens/
691
DA sê onderbesteding vir gesondheid wek kommer – SBAH kry 2de MRI-skandeerder
GAUTENG. – Die DA het die Gautengse departement van gesondheid gekritiseer omdat dit na verwagting R725 miljoen in die 2025/26-boekjaar onbestee sal laat, ondanks die toestand van hospitale, personeeltekorte en onbetaalde diensverskaffers. Die Steve Biko Akademiese Hospitaal (SBAH) het egter onlangs ‘n tweede MRI-skandeerder, in wat as ‘n belangrike mylpaal bestempel is, in gebruik geneem.
#gesondheid #onderbestee #bekommernis
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/da-se-onderbesteding-vir-gesondheid-wek-kommer-sbah-kry-2de-mri-skandeerder/
691
2 verdrink wat by seekoeikarkas probeer kom
KWAZULU-NATAL. – Twee persone het in hulle poging om ‘n seekoeikarkas in ‘n rivier uit te kom ná die dier van kant gemaak is. Die seekoei is in ’n strik in die Mfolozirivier naby Monzi vasgevang.
#verdrink #seekoeikarkas #strikgevang
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/2-verdrink-wat-by-seekoeikarkas-probeer-kom/
691
Massaredding uit seestrome tydens verjaardagpartytjie in Kleinmond
WES-KAAP. – Nege mense, insluitend sewe tieners en twee volwassenes wat deel was van verjaardagvieringe, is Sondagmiddag van verdrinking gered nadat hulle in sterk seestrome by Kleinmond se hoofstrand vasgevang was.
#Kleinmond #verjaardag #massaredding
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/massaredding-uit-seestrome-tydens-verjaardagpartytjie-in-kleinmond/
691
KYK: Man beseer nadat voertuig van Chapmanspiek af stort
WES-KAAP. – ’n Man (47) is Sondagoggend beseer nadat sy voertuig ongeveer 100 meter van Chapmanspiek-rylaan teen ’n krans af gestort en op rotse langs die kus tot stilstand gekom het.
#Chapmanspiek #motor #beseer
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/kyk-man-beseer-nadat-voertuig-van-chapmanspiek-af-stort/
691
Polisie vra dringende skenkings vir honde-eenhede
OOS-KAAP. – Die polisie in die Oos-Kaap het ’n dringende beroep op die publiek gedoen om honde te skenk, om ’n ernstige tekort by die provinsie se K9-eenhede aan te spreek.
#SAPD #honde #skenkings
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/polisie-vra-dringende-skenkings-vir-honde-eenhede/
691
Korrektiewe dienste kap Tshwane oor mislukte poging om krag af te skakel
GAUTENG. – Die departement van korrektiewe dienste sê die Stad Tshwane het op grond van foutiewe rekeninginligting verkeerd opgetree deur te probeer om elektrisiteit by die Kgoši Mampuru II Korrektiewe Sentrum af te skakel. Die DKD sê hy is veral bekommerd daaroor dat dr. Nasiphi Moya, die uitvoerende burgemeester, openbare uitsprake oor die beoogde afskakeling gemaak het sonder om die feite vooraf te verifieer.
#DKD #elektrisiteit #Tshwane
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/korrektiewe-dienste-kap-tshwane-oor-mislukte-poging-om-krag-af-te-skakel/
691
Valke maak deurbraak in ontvoerings en moorde van 1985
OOS-KAAP. – Die Valke het ’n deurbraak gemaak in ’n dekades oue saak wat uit die apartheidsjare dateer. Die sake hou verband met die ontvoering en dood van die aktiviste Sipho Hashe, Qaqawuli Godolozi en Champion Galela, van die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO), wat op 8 Mei 1985 by die destydse Verwoerd-lughawe in Port Elizabeth ontvoer is en nooit weer gesien is nie.
#Valke #deurbraak #ontvoerings #moorde
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/valke-maak-deurbraak-in-ontvoerings-en-moorde-van-1985/
691
DA eis antwoorde oor Denel-finansies – Januarie-salarisse wel betaal
GAUTENG. – Die DA eis antwoorde oor die gebruik van miljarde rand se staatsreddingsboeie aan Denel, nadat dit aan die lig gekom het dat werknemers by sommige afdelings aanvanklik ingelig is dat Januarie-salarisse moontlik nie betaal sou word nie. DefenceWeb het egter berig dat werknemers by Denel Dynamics en Pretoria Metal Pressings (PMP) wel hul Januarie-salarisse ontvang het.
#Denel #finansies #vrae
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/da-eis-antwoorde-oor-denel-finansies-januarie-salarisse-wel-betaal/
691
Luiperd vermoedelik doodgeskok
WES-KAAP. – ’n Luiperdmannetjie is Vrydag dood in die Nuy-vallei naby Worcester aangetref. Die dier is vermoedelik deur elektrisiteit doodgeskok.
#luiperd #dood #elektrisiteit
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/luiperd-vermoedelik-doodgeskok/
691
Polisie ondersoek moord en poging tot moord op Eskom-werknemers
MPUMALANGA. – Die Witbank-polisie ondersoek ‘n voorval waartydens Bongani Madonsela (39), ’n Eskom-werknemer, Woensdagmiddag omstreeks 17:00 by die kruising van die R547 en D455 by Rietspruit naby Witbank doodgeskiet en sy vrou ernstig beseer is.
#SAPD #Eskom #moord #pogingtotmoord
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/polisie-ondersoek-moord-en-poging-tot-moord-op-eskom-werknemers/
691
Verdagtes in hof nadat bejaarde by seun se graf sterf
WES-KAAP. – Darren Stephanus (38) en Ryan Munnik (20) het Woensdag op aanklag van die moord op Piet (Stompie) de Koker (77) van die Strand in die Stellenbosch-landdroshof verskyn. De Koker is op 17 Januarie by sy seun se graf in Onder-Papegaaiberg doodgesteek.
#verdagtes #bejaarde #moord
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/verdagtes-in-hof-nadat-bejaarde-by-seun-se-graf-sterf/
691
Meer as 250 000 buitelandse leerlinge in SA se openbare skole
Siviwe Gwarube, die minister van basiese onderwys, het Woensdag bekendgemaak dat daar laasjaar 253 618 buitelandse leerlinge in Suid-Afrikaanse openbare skole geregistreer was, asook 3 240 buitelandse opvoeders, in antwoord op ’n parlementêre vraag.
#openbareskole #buitelandseleerlinge #buitelandseopvoeders
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/meer-as-250-000-buitelandse-leerlinge-in-sa-se-openbare-skole/
691
Staatsinstellings, insluitend polisie-akademie, se krag af weens skuld
GAUTENG. – Die Stad Tshwane het Woensdag tydens ’n #TshwaneYaTima-inkomsteveldtog elektrisiteit by verskeie staatsinstellings in Pretoria ontkoppel weens uitstaande skuld aan die munisipaliteit. Onder die staatsinstellings is die polisie-opleidingskollege met ‘n uitstaande elektrisiteitsrekening van R3,8 m.
#staatsinstellings #elektrisiteit #agterstallig
Lees meer hier:
https://nuusflits.com/staatsinstellings-insluitend-polisie-akademie-se-krag-af-weens-skuld/
