cookie

Мы используем файлы cookie для улучшения сервиса. Нажав кнопку «Принять все», вы соглашаетесь с использованием cookies.

Рекламные посты
1 717
Подписчики
-124 часа
-67 дней
-430 дней

Загрузка данных...

Прирост подписчиков

Загрузка данных...

INLIGTING RONDOM DIE KAAPSE OPLEIDINGS KLASSE In Augustus gaan Arina in verskeie dorpe elke dag ‘n kursus aanbied en die inligting wat sy gaan deel met julle, tesame met ‘n boek wat uitgedeel word, is die volgende: Bou ‘n gesonde leem grond vanuit sand en of klei gronde Ons deel met jou die voordele en nadele van jou grond en hoe om dit binne 3 maande te korrigeer tot ‘n lewendige leemgrond. Voordele en nadele van kompos Daar is meer nadele as voordele tot kompos aankope, daarom is dit so noodsaaklik dat jy kan onderskeid tref tussen die goeie en die slegte kompos, want dit bepaal jou groei, oes, pes beheer en ook swamsiektes van plante. Hoe om slegte kompos te verander. Plaas lewe in die grond Leer ken die verskil tussen ‘n lewendige grond en ‘n dooie grond en hoe dit die groei van groente affekteer, en ook die verskil lewer tussen sukses en mislukking op groentetuine. Diffusie vs mineralisasie Voor en nadele van grond chemika Het jy werklik enige grond chemika nodig en watter minerale en hoeveel word benodig. Kan jy groente plant met net kompos of is minerale ook nodig. Huidiglik gooi ons 60%- 80%  te veel minerale op groentetuine. Inhibeer die plant insekte peste Wat veroorsaak dat jy insekte peste op plante het en hoe kan dit verhoed word. Verhoed die plant siektes Die redes vir swamsiektes en bakteriële siektes op plante en hoe om dit te voorkom sonder die gebruik van swam beheer. Suksesvolle saad ontkieming As jy nie +90% ontkieming het op jou saad nie, is hierdie lesing se inligting net vir jou bedoel. Ons gee jou al die oplossings. Voordele en nadele van saailinge Hoe kan ons die chemiese intelligensie van die saailing,vanuit die kwekery, verander na ‘n plant wat deur mineralisasie gevoed word. Plant intelligensie Saad en plante se groeiwyse kan heeltemal verander word met die toediening van tegnieke deur plant intelligensie te leer ken. ‘n Gesonder tuin, met geen of minder uitgawes word hierdeur beloon. Metodes om ons groente meer droogte bestand en hitte bestand te maak. Plant pasmaats Wat is die invloed wat plant pasmaats en plant spasie op die groeikrag en pes beheer het. Voeding vir gesonde groente Gesonde voeding, met vitamiene en anti-oksidante word gegroei op gesonde aerobiese grond, waar plant intelligensie en mineralisasie heers. Voordele en nadele van grond bedekkings Beskerm jou water rekening, die grond organismes, die plant se haarwortels en verminder daardeur peste en plant siektes. Water metodiek Is daar iets soos te veel water op groente en hoe om te bepaal wanneer is genoeg.     Verhoog jou vrugdrag Somer groente het sekere minerale en spoor elemente op sekere groeitye nodig om ‘n hoër vrugdrag te kan bekom. Ons deel met jou die geheime tussen ‘n plant met 10 tamaties en 60 tamaties. Verlaag jou insetkostes Watter metodes om te gebruik sodat jou uitgawes op onkruid beheer, pes beheer, swam beheer en groei kan verlaag. Eet gesonde voedsel Om gesonde voedsel te kan eet, dwarsdeur die jaar, het die tuinier ‘n onderhouds plan nodig om te volg. Hierdie plan vir onderhoud van jou groentetuin word met jou gedeel. Tydens die kursus word ook ‘n boek, met foto’s en idees aan jou uitgedeel met al die nodige notas daarop, en ook plek om ekstra notas te maak. Ons stuur ‘n inligtings blad aan elke inskrywer vir die kursus, waar ons vrae vra oor jou kennis en jou probleme in die tuin, sodat die klasse ook vir jou persoonlike inligting kan besorg, om jou tuin probleme op te los. Ons benodig nog heelwat inskrywings en vra ons lede, wat weekliks gratis inligting van ons ontvang, om hierdie kursusse te ondersteun ,selfs al adverteer jy dit net op jou sosiale media groepe vir ons. 13 AUGUSTUS:     SOMERSET WES 15 AUGUSTUS:     PAARL 16 AUGUSTUS:     DURBANVILLE 17 AUGUSTUS:     BLOUBERGSTRAND 19 AUGUSTUS:     HOUTBAY (in English) 21 AUGUSTUS:     CLANWILLIAM 22 AUGUSTUS:    LANGEBAAN Om te kan inskryf vir die kursus, word jou naam en van met selnommer en epos adres, tesame met die dorp van bywoning gestuur aan ARINA 082 331 5434
Показать все...
PLANTE WYS TEKORTE IN DIE WARM VOOR-WINTER Ons temperature, veral die nag temperature, is heelwat hoër hierdie jaar en dit bring sy eie probleme teweeg in die tuine. Ek ervaar dat daar meer wurms en Luise voorkom in die tuine, veral die laaste week. Daar kom ook heelwat vrae in oor die voorkoms van meeldou, en veral donsige meeldou op Akkerbome, spinasie, rose en beet. Wat kan jy as tuinier doen om jou plante te beskerm teen sy oortollige produksie van fotosintering suikers wat afgeskei word. Dit is tog die rede hoekom hierdie insekte so lekker sonder maaltyd hou in jou tuin. Eerstens, moet ons die plante meer voed met blaarvoeding, sodat daar nie minerale tekorte voorkom nie en ek stel voor dat jy Kelpak hiervoor sal inspan. Seagro en Quanoboost gaan die stikstof te hoog dryf en sal dan die insekte probleem net vererger. Tweedens, sal ek Trelmix spuit, om die plante te help met spoor elemente, wat uiteindelik die plant sal stoot tot die produksie van verhoogde aminosure, dus Plant Lipiede. En die insekte kan nie plant lipiede verorber nie. Maar jy kan ook nie NET die Trelmix spuit nie. Hier op die plaas, met 1 hektaar se dig geplante groente, spuit ons nou 2 keer per week en word Kelpak, Nitrosol (of Agriboost) afgewissel met Trelmix. Sodoende het ons ontslae geraak van roes op die knoffel en uie, asook van Luise op die groter kool en blomkool plante. Ons maak ook seker dat die aerobiese kompos ekstrak maandeliks oor die grond gegooi word sodat die aerobiese organismes nie afsterf nie, want dit is hierdie organismes wat die plant dryf tot mineralisasie. Indien daar enige swamsiektes op jou blare voorkom, sou ek voorstel dat die kompos ekstrak water oor die grond, en die spuit van aerobiese kompos tee op die blare, soveel as moontlik herhaal moet word, om die siklus te breek van die verspreiding van hierdie anaerobiese swamme op die plante se blare. Bestel jou Kelpak, kompos ekstrak en Trelmix by Jaco per wattsup 082 956 0715.
Показать все...
Фото недоступно
Photo from Arina
Показать все...
WITVLIEG SAAI CHAOS IN DIE GROENTETUIN Gewoonlik is witvlieg ‘n suigende insek wat net in die somermaande voorkom in die tuine, maar met hierdie jaar se winter wat nie wil inskop nie, word die tydperk van chaos saai net al hoe langer en meer en meer plante word aangesteek met hierdie verpesting. Daar is dus baie eiers wat agterbly in die tuine. ‘n Magdom tuiniers het in die laaste 2 maande by my gekla dat hul nie ontslae kan raak van hierdie verpesting op die groente nie, en selfs ook op sagteblaar struike soos fuchsias, mint, violas en varkore. Omdat die insek eiers uitbroei elke 8 dae, word die aanteling in jou tuin gou-gou ‘n konsternasie. Werk gifstowwe? Ja, om die volwasse vliegie dood te maak as jy op hom spuit, maar nie die eiers nie. Die witvlieg sit aan die agterkant van die blaar, dus moet jy onder die blare inspuit om kontak te maak met die volwasse vliegie en more oggend, as jy inspeksie gaan doen, dan loer daar weer ‘n paar nuwe wit vlerkies vir jou onder die blare uit. Wat is dan die antwoord? Nadat ek verlede jaar daarmee gesukkel het op my tamaties en komkommers, het ek hierdie jaar ‘n ander aanslag probeer. En dankie tog, dit het gewerk. Hierdie jaar het ons nie ‘n enkele witvlieg of rooi spinnekop in die groentetuin gehad nie. Ek het begin by die ontkieming van my saad en ook die uitplant van my saad in die tuin. Deur gebruik te maak van die plant se intelligensie proses, naamlik om so gou as moontlik ‘n gesonde Rhizosheath te ontwikkel rondom die wortels van die plant. As die Endofiete dadelik kan inbeweeg in die plant se wortelstelsel en binne die wortel van die saailing deur die korrekte organismes (Endofiete) gevoed word, dan kan mineralisasie vanaf dag 1 van ontkieming plaasvind, en die kleine plantjie kan dan plant lipiede (vette en olies) vorm….iets wat nie vir die witvlieg kan voeding bied op die plant nie. Dus is die plant se blare beskerm teen hierdie witvlieg en ook rooi spinnekop se suig aksie. Vir meer inligting oor PLANT INTELLIGENSIE en MINERALISASIE en hoe dit werk, ook op struike en rose, kan ons videos oor hierdie onderwerpe bestel word van Tessa by wattsup 066 326 6321. Vir die uitvoering van die taak, om hierdie Endofiete in jou grondmedium te kry, kan jy ons wintermaande se KOMPOS EKSTRAK met ENDOFIETE daarin bestel van Jaco per wattsup 082 956 0715.
Показать все...
Фото недоступно
Photo from Arina
Показать все...
So kan jy hul bestaan heeltemal inhibeer. Geniet die laaaang herfs wat ons beleef vanjaar en maak daarvan gebruik om jou groente beddings so voedsaam as moontlik te maak. Ek gaan dit selfs tussen my roosbome probeer hierdie winter.
Показать все...
GESONDE GROND EN WAT DOEN JY IN DIE WINTER Ek kan nog die jare in Secunda onthou toe ons in Februarie uitgestap het uit die tuin en eers weer in einde Julie terug gekom het met die snoeiskêr. Dit is hoe ons geglo het jy moet tuinmaak in die 1990. Maar vandag weet ons van beter en kyk ons beter na ons grond se lewe. Wat is gesonde grond? En waaruit bestaan dit en wat kan ek as tuinier nou doen om my grond gesond te kry vir die begin van die volgende plant seisoen. Soms lyk dit asof die winter nooit gaan begin hierdie jaar nie, en dan gaan ons in ‘n rus periode en dink die grond moet ook nou rus. Maar, as daar nie plante in jou grond is, om die grond organismes te voed nie, dan gaan die grond organismes dood of gaan ook rus. Dit veroorsaak dat jou grond vir langer koud bly in Augustus en die nuwe aanplantings van die LENTE langer gaan neem om te groei tot vrugdrag, wat ook meer peste in die vroeë seisoen gaan besorg. Jy kan wel nou iets daaraan doen, sodat jou grond vrugbaar, warmder en lewendiger sal wees sodra die lente begin vorm aanneem. Ons klein tuiniers kan ook “dekgewasse “in ons tuin saai in die wintermaande om dit uit te trek in die lente, sodat daar plek kan kom vir die somer groente. In die proses van die “dekgewasse”te plant, word die grond organismes gevoed en vermenigvuldig hulle en plaas organiese sure in die grond, wat jou nuwe aanplantings van die lente en somer gesonder en vinniger sal laat groei, met minder peste soos Luise, witvlieg en rooi spinnekop. Dit is hoe ek verlede winter my 0,2 hektaar groentetuin gesond gedokter het, en hierdie somer nooit enige van hierdie suigende peste op my vrugdraende groente beleef het nie. Wat is gesonde grond en hoe kan jy vandag nog daarna werk om jou grond gesond te dokter deur die wintermaande. Eerstens, gaan koop vir jou soveel as moontlik kompos op groot skaal en plaas ‘n 3 – 5 cm se kompos bo op die grond. Bring nou die aerobiese grond organismes in deur maandeliks KOMPOS EKSTRAK oor jou nuwe grond te gooi sodat die aerobiese organismes en die Endofiete geokuleer kan word in hierdie kompos. Jy benodig net 2 koppies kompos ekstrak medium in 20 liter water om 20 m2 se grond te okuleer. Nou gaan koop jy vir jou ‘n groot pakkie saad van Beet en spinasie en gousblomme en meng die saad met mekaar. Dit gaan nou jou dekgewasse word wat jy gaan direk saai oor die klam grond en dan liggies toehark onder die kompos. Die plante kan maar op mekaar ontkiem, want die doel is om soveel as moontlik voeding vir die organismes in die grond te verskaf en nie net om groente te pluk nie. Hierdie plante gaan nou uitgehaal word wanneer ons die somergroente gaan uitplant. Die doel van hierdie dekgewasse is net om die organismes soveel as moontlik te voed deur die wintermaande en nie soseer om gepluk te word as groente nie. Sodoende kan jy ‘n volwaardige en gesonde grond vir jouself kweek binne die bestek van 2 maande in die winter. Selfs die sanderige grond van die kusgebiede kan op hierdie manier lewendig gemaak word in ‘n kort tydjie. Om die grond organismes nog meer te voed via die plante, sal ek weekliks of elke 2 weke Trelmix op die blare spuit sodat die spoor elemente die plante kan help om hul fotosintering te verhoog, veral as dit kouer word. Die strooi van ROTSPOEIERS kan ook dien as voeding vir die grond organismes,wat dan weer dien as voeding vir die plante van die somermaande. En hierdie rotspoeiers sal ek strooi oor die kompos wanneer ek die grond voorberei, met ‘n koppie vol per m2 se grond. Selfs as jy vrugtebome in die tuin het, sal ek hierdie metode volg om die vrugtebome se grond gesonder te maak sodat daar meer vrugte kan vorm aan die boom, en dan sal ek selfs my groente of kruie onder hierdie bome plant in die somermaande. Sodoende kan jy jou grond voorberei en ‘n gesonde grondstruktuur opbou wat uit aerobiese organismes bestaan en jou somertuin sal net meer gesond en lewendiger voorkom in die vroeë lentemaande. Dit is die manier hoe jy as tuinier kan voorkom dat daar ‘n magdom Luise, witvlieg en rooi spinnekop in jou somertuin gaan oorheers.
Показать все...
HOEKOM ONTKIEM JOU SAAD NIE Ek het in die laaste week seker 7 tuiniers gekry wat kla oor die ontkieming van hul saad; daarom hierdie skrywe. Wat is die redes hoekom jou saad nie ontkiem nie? Ou saad en swak saad is seker die rede wat 60% die oorsaak is. Daar is maatskappye daarbuite wat verswakte saad aan ons verkoop met vreeslike hoogmoedige name gekoppel aan die saad. As jy brokkoli plant wil jy tog nie Mostert saad ontkiem nie. “rest my case”. Die saad is te diep begrawe onder die saailingmedium of jy spuit water van bo af en die saad sak dieper in die saailingmedium in. Daarom plant ek nooit my sade direk in die tuin nie, maar eers in potjies of houers. Saad moet nooit die eerste 2 weke na ontkieming enige blaarvoeding ontvang nie. Die saad moet sterk genoeg wees om homself te versorg uit die groeimedium; anders het jy swak saad gekoop. Die sade moet nie elke dag versmoor in die nat groeimedium nie. Maak net van onder af nat wanneer die mengsel begin uitdroog. Plant dus in ‘n NAT saailingmedium sodat die medium nie elke dag uitdroog en water benodig van bo af nie. Swak saailingmediums wat gesteriliseer was en nou geen organismes bevat om die saadjie te help ontkiem nie. Daarom maak ek my saailingmedium nat in kompos ekstrak water. Om jou saad so vinnig as moontlik te laat ontkiem, is die aanplanting van die MAAN FASE die beste raad wat ek jou kan gee. Veral die datum, 2 dae voor NUWE MAAN sal vir jou die hoogste ontkiemingsyfer besorg. Om jou saad voor VOLMAAN te plant is ook ‘n goeie datum, maar ek vind dat die saailinge se bene dan te lank groei, tenkoste van die wortel se ontwikkeling van die saailing. Hoe langer dit die saad neem om te ontkiem (langer as 7 dae) hoe laer gaan die ontkiemings syfer wees en hoe swakker gaan die saailing wees. Hoe meer herhaaldelik jy nodig het om die saailingmedium nat te maak, hoe makliker kan wortelvrot siektes ontstaan, veral as jy nie gebruik gemaak het van aerobiese kompos ekstrak om jou medium te bedek met aerobiese organismes nie. Jy kan jou saad oornag in kompos ekstrak water laat lê voor aanplanting, maar ek vind dit te ‘n groot proses om ‘n paar saadjies weer uit die water te kry die volgende dag. Hier gebeur alles teen ‘n tempo, want ons moet 15 000 sade per maanfase plant. STERKTE MET JUL SADE PLANT en onthou ons het ‘n video beskikbaar oor die plant van sade en idees hoe om jou sade te beskerm teen koue en of hitte. Bestel die video by TESSA 066 326 6321.
Показать все...
GROENTE SAAILINGE WIL NIE GROEI NIE Na aanleiding van al die vrae wat ek teëkom op sosiale media het ek gedink om dit hier gedeeltelik aan te spreek, maar dit ook te koppel aan die stem opname oor water, wat oor die radio bespreek is. Party tuiniers word so ontmoedig, want hul koppe word deurgekaar gepraat van al die verskillende tegnieke wat deesdae op sosiale media verskyn. As jy verskillende tegnieke van verskillende plant metodes gaan meng soos ‘n roereier dan kan jy verseker wees dat die produkte of metodes mekaar gaan weerspreek en chemiese toksiditeit gaan skep. Hoekom plant jy pragtige saailinge uit die kwekery, en dan vind ‘n algehele stillstand plaas met soms ook agteruitgang van die saailinge of selfs dood. Wat kan die redes wees? Die manier hoe jy die saailing na sy dood toe uittrek uit die saailingbakkie, i.p.v om die saailing van onderaf uit te stoot, anders breek die wortels of die nek van die saailing af. Veral die brassica groente is geneig om hul nekke te verloor. Plant in droë grond is die mees versekerde vorm van saailinge verloor. Maak die vorige dag jou grond nat. Plant bo op beenmeel of enige vorm van organiese of chemiese middels kan die jong wortels brand tot in die dood. Luister na die onderhoud oor ons toestand van ons water. Dit het ook ‘n groot invloed op jou grond se groeikrag, deurdat chemikalieë jou grond kan vergiftig. Daarom moet ons biologie in die grond versterk word. Metodes wat jy kan gebruik om jou saailing hierteen te beskerm, is die gebruik van kompos ekstrak wat Endofiete bevat, sodat laasgenoemde jou plantjie se wortelstelsel so sterk en so spoedig as moontlik kan help met ‘n opbou van ‘n gesonde Rhizosheath, wat die wortels kan beskerm teen swamsiektes. As die hitte, wat nog huidiglik hoog is, die plant gaan aanhelp om meer fotosintering suikers te vorm, dan is daar definitief iets op die plant wat die Luise gaan naderlok, en selfs rooi spinnekop in die areas waar die temperature nog daagliks bokant 30 grade Celsius rond dobber. Hoe kan hierdie suikers omgeskakel word na lipiede en die kos van die insek weg geneem word?  Dit is waar ek die botteltjies Trelmix nader trek om my te help om vinniger by lipiede uit te kom, sodat daar nie kos op die Luise se tafel gedek is nie. Is daar genoegsame suurstof en suurstofryke organismes teenwoordig in jou grond anders kan mineralisasie, en selfs diffusie van minerale nie plaasvind nie. Dit is veral die stikstof wat vinnig kan verdwyn, veral as jy reën ontvang het. Deur dan stikstof toe te dien, maar nie suurstof terug te bring in die grond nie, kan die probleem juis groter word. Blaarvoeding en grond voeding verskil hemelsbreed vanmekaar en wat hul doel is vir die plant en grond organismes verskil ook . Te veel is nie goed nie en te gereelde voeding kan ook ‘n lui saailing navore bring, wat soos ‘n bottelbaba sy longe gaan uitskree met geel blare as jy hom nie gereeld kos gee nie. Kyk gerus na ons video oor PLANT INTELLIGENSIE as jy dit nog nie verstaan nie. As jy sukkel om jou saailinge aan die groei te kry, kyk gerus na ons videos wat hieroor handel om jou bietjie agtergrond te bied van wat presies gebeur met jou saailing die dag as hy geplant word en daarna. Hoekom gee jy voeding, maar die plant staan in rus. In ons nuutste video oor VERHOOG JOU WINTER GROENTETUIN SE GROEIKRAG het ons al hierdie redes in volle detail verduidelik en ook vir jou oplossings gegee en ‘n program gegee om te volg sodat jou saailinge nie ‘n stadige dood sterf nie, maar vanaf dag 1 uit sy blokke spring en gesond groei met verhoogde mineralisasie. Volg ons stappe en jou saailinge kan nie anders as om vinnig te reageer op die behandeling nie.  
Показать все...
Фото недоступно
Photo from Arina
Показать все...