cookie

Utilizamos cookies para mejorar tu experiencia de navegación. Al hacer clic en "Aceptar todo", aceptas el uso de cookies.

avatar

BV Wes-Kaap

Mostrar más
Países Bajos706El idioma no está especificadoPolítica21 553
Publicaciones publicitarias
932
Suscriptores
Sin datos24 horas
-27 días
-1130 días

Carga de datos en curso...

Tasa de crecimiento de suscriptores

Carga de datos en curso...

Video van ons aksie, wat gister 31 Mei plaasgevind het ter ondersteuning van die Boere Afrikaners! Die vrye mense van Suid-Afrika het dapper geveg vir hul onafhanklikheid, vir die reg om hul grond te bewerk teen die voorskrifte van die Britse kroon. Ons onthou die honderde Russiese mans, vrywilligers wat na die ander kant van die planeet gegaan het om vir ons Boere-broers te veg. Russe en Boere is wapenbroers!
Mostrar todo...
3
02:35
Video unavailableShow in Telegram
Видео нашей акции, которая прошла вчера, 31 мая в поддержку буров-африканеров! Свободный народ Южной Африки отважно сражался за свою независимость, за право возделывать свои земли против диктата британской короны. Мы вспоминаем сотни русских мужчин, добровольцев, отправившихся на другой край планеты воевать за наших бурских братьев. Русские и буры - братья по оружию!
Mostrar todo...
63.70 MB
👍 2 2
Ons waardeer enige ondersteuning van die buiteland en dis ñ riem onder die hart om te sien met hoeveel ywer hierdie jong Russe saam ons Boere staan. Op een van die foto’s kan jy ook sien dat die nuwe Bittereinders embleem (wat binnekort vrygestel gaan word) ook vertoon saam hulle embleem op n plakkaat. Bittereinders Groete, -Francois van der Merwe www.Bittereinders.co.za
Mostrar todo...
👍 3
Vanoggend word ek wakker met ñ boodskap van ons Russiese vriende. Dit lees as volg: “Op 31 Mei 1902 het die Anglo-Boereoorlog geëindig. Honderde Russiese vrywilligers het aan hierdie stryd vir onafhanklikheid van die Boerestate deelgeneem! Gister het die Dubbelkoparend-aktiviste ñ saamtrek in Moskou, by die Britse en Kanadese ambassades gehou en hul steun vir die Boere-Afrikaners uitgespreek! Ons mense is baie soortgelyk, ons staan vir tradisionele waardes en beskerm ons land teen buitelandse aanvalle. Eer aan die heldhaftige Boerevolk teen die tiranne van Groot-Brittanje!” Hierdie organisasie genaamd, die Dubbelkoparend is dieselfde organisasie wat protes aksies in Moskou en oor Rusland gehou het, toe ek gearresteer was in Groblersdal. Ons het intussen heelwat kommunikasie met hierdie groep gehad en het ook vir hulle ñ lesing aangebied oor die verhouding tussen Boere en Russe, asook watse impak hulle gehad het in die Tweede Vryheids oorlog.
Mostrar todo...
👍 8
Photo unavailableShow in Telegram
Dit is met groot leed wese dat ons moet aankondig dat Chris Harmse vanmiddag 29/5/2024 na sy hemelse huis is. Namens die Witkruis Monument asook die Bittereinders en die Harmse familie sê ons dankie vir elke oproep. Ons vra dat julle almal net bietjie spasie sal gee om oor die ergste skok te kom en nie onnodige oproepe te maak nie. Ons sal laatweet van begrafnis reelings sodra alles gefinaliseer is. Chris het n spesiale plek in baie mense se harte gehad en sy liefde vir ons mense deur sy werk by die Witkruis monument en Bittereinders was van onskatbare waarde. Ons Volk het vandag een van sy groot seuns verloor. Saluut oom, ons sal nie vergeet. Ons sal aanhou bou en werk daar waar oom gestop het, ons sal die wedren voortsit. Mag God die Harmse familie vandag berusting gee, en mag hy almal wat naby hom was ook troos. God is met ons. Bittereinders Groete
Mostrar todo...
💔 4🙏 1
👍 3 1
Vandag het ons weer die Kerkstraambom tereur aanval herdenk, en soos ek daar gesels met die mense wat so getrou elke jaar opdaag, dink ek net aan die simboliek van hierdie klein maar tog so belangrike dae. Dit is wanneer n Volk versuim om die klein dinge van die verlede te onthou, dat hy die groot dinge begin minder ag, maar solank daar n groep van ons is wat nie vergeet, sal die nagedagtenis van ons volksgenote wat hulle lewens in hierdie era van tereur verloor het altyd onthou word. Vandag 41 jaar terug is meer as 200 mense sowel as hul geliefdes se lewens onherroeplik uitmekaar geskeur toe die Kerkstraat bom afgegaan het, en solank soos wat ons dit hardop se en die lesse wat daaruit teleer is leer, bly hulle nagedagtenis lewendig. So eer en wys ons respek vir ons gestorwe volksgenote. Vir my is dit n onwrikbare toewyding om die nalatingskap van die wat hulle lewens verloor het lewendig te hou, om daar te wees of ek alleen staan of saam duisendes, in reën of sonskyn, in koue of gemak, ons mag nie vergeet, ons mag nie hul sterfte so min ag. Kom ons onderhou die klein dinge, kom ons spreuk van ons helde en leiers, kom ons hou ons erfenis en geskiedenis lewendig, of ons dit alleen doen of nie, of dit populer is of nie. DIS ONS PLIG. God wees met u. Bittereinders Groete - Francois van der Merwe
Mostrar todo...
Photo unavailableShow in Telegram
Boodskap van Tewie Wessels Weer in Groblersdal. Ek wil vandag net uit my pad uitgaan om vir tannie Marcelle Maritz te bedank vir alles wat sy beteken vir my. Tannie werk onverpoos agter die skerms en almal kon nog altyd net 'n oproep maak en tannie was daar om te help van probleme met veiligheid tot gesondheid. Tannie is van die min in die politiek wat my opreg trots maak en ons Volk se belange ook trots steun. Lief tannie baie🌹🌹
Mostrar todo...
6👍 2
01:44
Video unavailableShow in Telegram
‼️Groblersdal terugvoer‼️ Ons sal nie terug staan nie, ons sal nie skaam wees nie,ons sal nie stil wees nie! Ons sal weer vry wees. God is met ons. Sluit vandag aan by die beweging wat onbeskaamd net vir Boere/Afrikaner belang baklei. Www.Bittereinder.co.za Bittereinders Groete -Francois van der Merwe
Mostrar todo...
IMG_1835.MOV20.69 MB
👍 5🔥 1
https://www.bittereinders.co.za/post/die-lewe-is-n-geskenk-uit-god-se-hand Die lewe is 'n geskenk uit God se hand. God het bepaal dat alle menselewens op 'n baie besonderse manier geskep word by wyse daarvan dat 'n man en vrou een word. Die kerkvader Tertullianus en die Hervormer Martin Luther leer ons dat selfs die menslike siel gegenereer word met konsepsie, en dus ten nouste verbind is met ons genetiese samestelling (sien Levitikus 17:11, 14). Dit is om hierdie rede dat aborsie moord is. En om jou eie kinders te vermoor is sekerlik een van die ergste gruwels denkbaar. 'n Volk word gebou deur gesinne, en gesinne word gevorm wanneer kinders verwek word. Daarom moet ons volk se kinders beskerm en gekoester word vir wat hulle werklik is - geskenke van God (Psalm 127:3). Dit beteken dat ons ook daarna moet streef om eerder groter as kleiner gesinne en eerder meer as minder kinders te hê. Boerekinders is die toekoms van die Boerevolk. -Adi Schlebusch (Pactum Institute) Besoek gerus Dr. Schlebusch se webtuiste by: https://www.pactuminstitute.com/
Mostrar todo...
Die lewe is 'n geskenk uit God se hand.

Dit is om hierdie rede dat aborsie moord is. En om jou eie kinders te vermoor is sekerlik een van die ergste gruwels denkbaar.