HOEKOM IS DAAR SO BAIE INSEKTE PESTE IN JOU TUIN
Jul antwoorde op die vraelyste het aan my getoon om hierdie kort artikeltjie te skryf. Wat is die werklike rede hoekom daar so baie Luise, witvlieg en rooispinnekop en wurms en kewers is wat ons groente opeet.
Ons gaan dit in die kursus bespreek hoe om hierdie probleme op te los en te voorkom, maar hier is ‘n paar redes.
Vir diegene wat in potte plant, is die redes:
Jou potgrond is of anaerobies (sonder suurstof) of leweloos;
Jou potte bak te warm in die son;
Daar is nie aerobiese grond organismes in jou potgrond nie;
Daar is nie glomalin (gom wat afgeskei word) teenwoordig wat die vog inhoud kan vashou nie
Daar is te veel soute (stikstof, kalsium, magnesium, ens) in jou potgrond;
Die plant ontvang te veel stikstof blaarvoeding wat die fotosintering suikers verhoog;
Daar is te veel misstowwe ingevoeg by die potgrond;
Die plant ontvang nie mineralisasie via die aerobiese grond organismes nie;
Die plant ontvang nie genoegsame spoor elemente nie
Vir diegene wat in grond plant, is die redes:
Die positiewe minerale in die grond is wangebalanseerd;
Die stikstof (N) in die NPK minerale is te hoog;
Daar is nie genoegsame aerobiese fungi’s in die grond nie;
Die grond het nie protozoa en nematodes nie;
Dus kan mineralisasie nie plaasvind nie;
Die plant het nie as saailinge mineralisasie ontvang via Endofiete organismes nie;
Die grond bak te warm;
Daar is kompaksie dieper in die kleigrond;
Die plant ontvang te veel stikstof via misstowwe, of blaarvoeding
Die plant ontvang nie genoegsame spoor elemente nie
As jy gereeld gepla word deur suigende insekte wat jou plante verwoes, soek dan die antwoorde vir jou probleem by hierdie redes en in die klas sal ons die oplossing vir jou aanspreek.
INSKRYWINGS VIR GROENTE KURSUSSE OF MEER INLIGTING, KAN BY ARINA 082 331 5434 BEKOM WORD.