cookie

نحن نستخدم ملفات تعريف الارتباط لتحسين تجربة التصفح الخاصة بك. بالنقر على "قبول الكل"، أنت توافق على استخدام ملفات تعريف الارتباط.

avatar

Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

إظهار المزيد
مشاركات الإعلانات
277
المشتركون
لا توجد بيانات24 ساعات
+27 أيام
+2330 أيام
توزيع وقت النشر

جاري تحميل البيانات...

Find out who reads your channel

This graph will show you who besides your subscribers reads your channel and learn about other sources of traffic.
Views Sources
تحليل النشر
المشاركاتالمشاهدات
الأسهم
ديناميات المشاهدات
01
Vrydag 17 Mei 2024 Môre Soms loop mens paadjies wat nie regtig vir jou sin maak nie. Dan kom jy 'n tyd vorentoe en kyk terug en besef dat jy sekere dinge in daardie tyd moes deurgaan om nou, wanneer jy terugkyk, meer of dalk beter ondervinding te hê om sekere situasies te kan hanteer. Ek wil nie vanmôre filosofies raak en 'n lang relaas afsteek oor hierdie spore waarop ons gelei word nie. Wat ek jou vandag wil kom vra is eintlik baie eenvoudig. Ons elkeen het ervarings, ondervinding. Soms is dit goed en soms is dit sleg. Ek wil jou vandag vra, sal jy kans sien om betrokke te raak met mense wat kan baat vind uit jou ondervinding? Kom ons sê bv jy is 'n verpleër en jy kan vandag op 'n toneel afkom waar jou kennis en ondervinding kan help om iemand se lewe te red, sal jy dit doen? Dalk is jy 'n goeie administrateur, of dalk kan jy goed werk met kos, inligting, syfers, menseverhoudings of iets soortgelyks. Kan jy nie dalk hierdie kennis en ondervinding in jou gemeenskap terugploeg nie? Hoeveel kan dit vir jou beteken om iemand se hand te neem, iemand wat dalk desperaat is en nie meer weet hoe om vorentoe te gaan nie, en daardie persoon te mentor tot 'n punt waar hy of sy weer 'n aktiewe lid van die gemeenskap kan word? Mens werk nie altyd net vir geld nie, ek loop regtig baie vrywilligers raak wat hul tyd, kennis, ondervinding, hul menswees met ander deel om 'n verskil te maak. Dit gaan heel moontlik nou half onvanpas wees maar selfs mense van ander kleur, geloof, oortuiging spring soms in om hul medemens behulpsaam te wees. Nou as daardie mens met sy ander vel, hoed, kopdoek dit kan doen, hoeveel te meer is dit nie ons plig wat direk uit die Bybel die opdrag ontvang het nie. Se Jesus nie duidelik vir ons "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself nie?" Ons elkeen het al 'n pad gestap, sommige positief, ander negatief, maar 'n pad wat ons lewens ryker gemaak het met kennis en ondervinding wat ons met ander ten goede kan deel. Moenie dink dit is net ons wat deurloop onder misdaad nie, in die townships is dit 10 keer erger as by ons. Maar tog, in daardie township is daar mense, net soos ons, wat mekaar se hande vat en dra. Ek vra vandag mooi, raak betrokke, al is dit net om die woord oor jou buurtwag te versprei, of om 'n uur per dag op jou stoep te sit en te rapporteer wat jy in die straat voor jou huis sien. Elke bietjie help, elke klein bietjie help. Skryf goed neer, gee briefie vir die plaas of buurtwag raak net betrokke. Jou oplettendheid, jou goeie daad kan dalk net die ding wees wat iemand se lewe gaan red. Mooi dag Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
1323Loading...
02
Donderdag 16 Mei 2024 Goeiemôre Ek het gister weer 'n baie insiggewende en interressante gesprek gehad rondom kostes van vroeë waarskuwing stelsels. Hoewel ons hierdie gesprek al soveel keer gehad het dink ek moet mens toegee dat nie almal die blikkie en klippie mens kan wees nie, maar met dit gesê, is dit sekerlik nie die enigste effektiewe goedkoop vroeë waarskuwing stelsel nie. Daar is regtig baie oulike, goedkoop alternatiewe beskikbaar in die handel, plekke soos builders warehouse, Chamberlain's, game ens. Kyk maar rond. Jy hoef regtig nie die "latest en greatest" te hê nie. Jy gebruik uiteindelik dit wat vir jou werk. Ek wil vanmôre hierby byvoeg, hou jouself op hoogte van bestaande wetgewing en weerhou jouself daarvan om aan die verkeerde kan daarvan te beland. Wees versigtig met wat jy doen, wat jy se en baie belangrik, sorg dat jy getuies het. Ons sien gereeld mense wat na 'n suksesvolle aankeer van 'n verdagte, self aangekla word van goed soos bv, aanranding, rig van gevaarlike wapen, crimen injuria en nog 'n verskeidenheid ander goed. Ek net noem dat nog 'n baie gewilde een is dat vroue wat in 'n operasie mag betrokke wees baie maklik omdraai en sê dat iemand haar seksueel aangerand of selfs net aangeraak het. As so beskuldiging na jou kant kom is dit amper 'n onmiddellike arres. Moet dus sovêr jy kan nooit alleen optree nie en as jy optree sorg vir een of ander vorm van opname, hetsy audio of video en audio. Hoe moeilik dit ookal mag wees, tree rasioneel en sovêr moontlik, sonder emosie op. Met ander woorde, hoe kwaad jy ookal mag wees, wees rustig, doelgerig en selfbeheersd. Moenie dat enigiemand 'n vinger na jou kan wys nie. Hier is dit ook belangrik om daarop te let dat organisasies soos AfriForum aan hul buurtwaglede regshulp beskikbaar maak in gevalle waar so lid binne die riglyn van die wet optree en dan vals beskuldig word deur verdagtes. Dit is 'n baie goeie reëling dat daar altyd 'n video opname gemaak word. Weereens is dit duur om bv lyf kameras aan te koop en bedryf maar glo my hofsake kan baie duurder wees en vat ongelooflike lang tye op. Vaardig iemand in jou groep af om om video's te neem met 'n selfoon, dit sal jou goed dien sou dit tot 'n aanklag/ regsaksie lei. Sluit aan by ons *AfriForum Rustenburg inligting kanaal* https://whatsapp.com/channel/0029VaQTTcMISTkB0BHY2A35
1563Loading...
03
Woensdag 15 Mei 2024 Môre Eerstens vra ek verskoning dat ek nie gister 'n plasing gemaak het nie. Goed, ek gesels die afgelope week met iemand wat my komplimenteer met die wyse waarop ek ons vroeë waarskuwing stelsels geïnstalleer het. Hy hou spesifiek van die idee dat daar rugsteun ingebou is vir elke stelsel en dan weer rugsteun vir elkeen van daardie rugsteun stelsels. So kan mens, as iets fout gaan nog steeds 'n tweede, derde en selfs vierde stelsel in plek hê sou iets iewers verkeerd loop. Ek probeer dan ook my stelsels so beplan dat alles so inmekaar skakel dat mens veelvuldige stelsels of grense moet oorkom voordat jy by my huis uitkom. Ek is tans besig met planne om dieselfde idee ook in my voertuie aan te bring. Ons beleef tans 'n vlaag inbrake in veral besighede se voertuie waar gereedskap en materiaal gesteel word. Dit maak mens se lewe nogal erg ongemaklik wanneer jy by jou voertuig kom en bore, hoekslypers ens is geneem. Ek sien die tendens is dan ook om battery aangedrewe masjiene te neem omdat dit baie handig is om by 'n volgende plek weer toegang te kry. Daarom beplan ek nou en werk aan idees om my toerusting veilig en op hul plek te hou. Ek werk ook aan 'n plan om goed soos wiele, batterye en selfs brandstof te beskerm aangesien dit ook besig is om hoë waarde kommoditeite te word. Verskeie mense het nou al gekla dat hul voertuig spaarwiel gesteel is hier by ons. Myne bly nou maar tuis vir normale alledaagse gebruik en ry net saam wanneer ek verder weg gaan van my kospotte af. Mens moet net nooit uit planne uitbraak nie, altyd moed en durf hê om iets nuuts te probeer en uiteindelik dalk 'n nuwe patent kry. Nou ja so sukkel mens maar voort dag vir dag Geseënde Woensdag vir almal. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
1683Loading...
04
Maandag 13 Mei 2024 Goeiemôre Daar is tans soveel wyses waarop misdadigers teiken dat dit moeiliker word om te fokus op slegs een strategie. Die ouens raak meer en meer desperaat en ontsien geeneen in hul kriminele aktiwiteite nie. Die spykers op die pad is maar net nog een van die metodes waarop misdadigers onskuldige mense teiken. Meestal is die wins uit so rooftog betreklik klein in vergelyking met die skade en trauma.. Maar wat kan ek doen om hierdie misdaad te vermy en selfs te bestry? Die eerste logiese stap sal wees om die brandpunte sovêr moontlik te vermy. Daar is gereeld nuwe inligting wat aan die lig kom en tans wil dit voorkom of die meeste gevalle, saans na sononder, in en om Gauteng plaasvind. Dit sal dus 'n goeie besluit wees om nie dan op hierdie paaie te ry nie. Tweedens, as jy dan moet ry, probeer 'n paar voertuie bymekaar kry en ry in konvooi. Indien dit nie moontlik is nie, kry nood nommers van reaksie groepe op die roete. As jy betrokke raak in so insident, kry soveel moontlik afstand tussen jou en die misdaad toneel. Hou aan ry sovêr as wat jy kan. Kontak noodpersoneel met jou ligging. Mens kan jou kar vervang maar niemand kan 'n lewe vervang nie, dit is onmoontlik. Dit kom weereens daarop neer dat mens moet vooruit beplan. As jy vandag in Pretoria of omgewing moet wees en die kans is daar dat jy in die donker moet terugry, reel dan liewer oorslaap plek. Mens vat nie onnodig kanse nie. Baie sterkte vir die week wat voorlê vir elkeen. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2514Loading...
05
Vrydag 10 Mei 2024 Môre weer Teen die tyd weet ons dat misdaad oral kop uitsteek, dat misdadigers geen steen onaangeroer sal laat om net hul vervoeilike dade te kan pleeg nie. Selfs kerke en kerkdienste word nie ontsien nie. Ons weet hierdie dinge en ons hoop elke dag dat dit net nie met ons moet gebeur nie, maar tog, gebeur dit alte gereeld. Die Engelse spreekwoord sê, "Hindsight is 20/ 20" ek sê "Foresight is even better" ons moet net ophou lui wees, vooruit dink en beplan en ons planne in plek hou. Destyds toe ek nog op 'n kerkraad gedien en gereeld 'n sekere kerk besoek het, het ons 'n slag of twee kar verloor tydens 'n erediens aan booswigte. Ons moes toe noodgedwonge kerkraadslede afvaardig om tydens dienste voetpatrolies te loop. Destyds, ongeveer 30 jaar gelede, het dit goed gewerk maar namate die misdaad toegeneem het en die skobbejakke meer toegewyd geraak het, moes ons naderhand hekke en heinings installeer en nog later sekuriteit bewaking kry. Alles kon soveel makliker die hoof gebied word as ons net aanvanklik beter beplanning en implimentering kon doen. Ek gee toe dat ons destyds nie voorbereid was op hierdie goed nie. Omdat ons vandag weet en dinge sien gebeur is dit teoreties makliker om planne te maak en in plek te sit. Tegnologie het intussen met rasse skrede vooruitgegaan wat ons in staat stel om reeds lank voor die tyd bewus te wees van betreders en dus kan optree terwyl hul nog in aantog is. Ons grootste probleem lê by onsself, ons eie mense wat ons planne in die wiele ry omdat elke ou sy eie idee het en dit wil afdwing. Ons moet leer om hande te vat, mekaar se planne te ondersteun al is dit nie noodwendig wat ek self sou doen nie en 'n verenigde front vorm. Dit is die beste teenvoeter vir dit wat tans aan't gebeur is. Ons tyd word min, ons voorsien reeds groter probleme in die nabye toekoms. Ek pleit by elke persoon wat hier lees, staan op, raak betrokke, vat hande in jou gemeenskap, vorm daardie front en skep 'n ondeurdringbare muur teen misdaad. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3143Loading...
06
Donderdag 9 Mei 2024 Môre Soveel keer sê mense vir my, "ons kan nie enige vroeë waarskuwing hier insit nie, ons huur net die plek." Werklik!? Enige verhuurder wat 'n huurder die reg ontsê om veiligheid en sekuriteit by sy huur eiendom op te sit verdien om geen huurder in daardie plek te hê nie. Ek huur en ek sit veiligheid stelsels in, as die grond baron sy stert in 'n krul wil ruk daaroor, dan is dit maar goed so. Hy of sy gaan nie my gesin beskerm nie, is meestal nie eens naby die eiendom nie en woon heel moontlik in 'n veiligheidskompleks. Huurders moet toegelaat word om veiligheid stelsels in plek te sit, in werklikheid behoort elke huurhuis ten minste 'n basiese vroeë waarskuwing stelsel in plek te hê. As verhuurder is dit jou plig om huurders eerlik in te lig oor die veiligheid situasie in die buurt waar jy verhuur. Moenie lieg en sê daar was nog nooit 'n inbraak as jy voor jou siel weet dit is nie so nie. Ek het al 'n verhuurder gehad wat hart en mond beloof het dat die huis so veilig is as fort Knox, maar die vorige inwoners het getrek nadat hul in dieselfde huis aangeval is. Dit is blatante misleiding. Huurders behoort onder geen omstandighede enige veiligheidsstelsels ontsê te word nie. Huurders het die reg tot 'n eerlike en feitlike opsomming van die buurt en omgewing se veiligheid situasie. Laat jou huurder vooraf weet waarvoor hy homself inlaat. Huurders, moenie naïf wees en alles glo wat jou lêndlord (landlord of grondbarron) jou vertel nie. Ons almal behoort teen die tyd te weet jy is nêrens meer veilig nie. Laat sit jou veiligheidsstelsels in, jy kan dit saam neem na jou volgende plek of aan die nuwe huurder verkoop wanneer jy trek. Verhuurders behoort ook 'n lys van basiese kontak besonderhede aan hul huurders beskikbaar te stel. Hierdie tipe lys behoort eintlik deel van die plaaslike buurtwag se verantwoordelikhede te wees. Op hierdie lys moet die nommers van plaaslike reaksie personeel, buurtwag leiers, dokters, hospitale, ambulans dienste ens wees. Daar moet ook plek wees waar bure en ander naasbestaandes se nommers ingeskryf kan word. Jou huis se adres moet baie duidelik wees. Veral in landelike gebiede is dit van kardinale belang dat 'n gestandaardiseerde stelsel in plek moet wees. Dit moet ook in stand gehou word. Jou eiendom, of jy self daar bly of verhuur, behoort jou trots te wees. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2734Loading...
07
Woensdag 8 Mei 2024 Môre Waarskuwing: Vanmôre se gesprek mag dalk sensitiewe lesers ontstel. As jy bewus word van 'n misdadiger in jou huis, wat is die verskillende scenarios wat kan uitspeel? 1. Die inbreker sien jou en hardloop weg. 2. Die skobbejak hou jou en jou gesin aan, beroof julle en gee pad, geen fisiese aanranding of beserings. 3. Julle word aangeval, vasgebind, aangerand en beroof. Hoewel sleg leef julle darem nog en kan jul weer van voor af bou 4. Julle word vasgemaak, aangerand, gemartel, vrouens word verkrag, die aanvallers vlug met een of twee selfone, TV en dalk 'n skootrekenaar of twee. Hierdie is baie sleg, nog slegter as om vermoor te word want, vir die res van daardie vrou en kinders se lewens bly daardie misdadiger in hul koppe. Die sielkundige uitwerking van so aanval kan nooit ooit ten volle bepaal of ongedaan gemaak word nie. Dan is daar ook die moontlikheid van seksueel oordraagbare siektes, en natuurlik vir die res van die gesin se trauma na die aanskou van hierdie gruwel dade. Ek het al soveel keer in die verlede gesê, hierdie is lankal nie meer misdaad nie, dit is lae intensiteit oorlogvoering, terrorisme. Tot 'n baie groot mate is hierdie goed vermybaar, deur te beplan, die nodige vroeë waarskuwing in plek te sit en deur daadwerklike positiewe optrede. Hoekom sal jy dit nie doen nie? Hoekom die risiko loop om deel te word van die aaklige statistiek? Ek wens so ek kan elke passiewe persoon wat weier om betrokke te raak, weier om te beplan, weier om stelsels en planne in plek te sit, aan sy of haar skouers gryp en ruk tot hul wakker word. Mense kyk om jou, dit is nie net meer plaas en landelike bewoners wat so kru aangeval word nie dit kruip al meer in ons dorpe en stede in. Dit gebeur al meer gereeld by ons winkels, werkplekke, universiteite en skole. Lees bietjie koerant, luister die radio nuus en kyk nuus op TV. Gaan soek inligting op sosiale media want die hoofstroom media berig nie graag oor hierdie goed nie. Ons preek elke dag, vertel jou elke dag van vroeë waarskuwing stelsels, planne maak en buurtwagte. Ons preek dat mense moet betrokke raak, maar tog sit mense appaties voor TV, rekenaar en speletjies in plaas van om aktief betrokke te raak. Naweke word karre tot oorlopens toe vol gepak met bagasie, gesinne gaan hou jolyt, kuier, vang vis en stap. Al hierdie dinge kos geld, dieselfde geld wat jy kan aanwend om jou stelsels mee in plek te sit. Wat kos dit deesdae vir 'n gesin van vier om vir een week "weg" te gaan met vakansie? Duisende, meer as wat 'n intreevlak alarm stelsel kos. Ek kom vandag nog by huise waar geen alarm, geen veiligheidsdeure of in sommige gevalle nie eens heinings is nie. Maar daar is allerhande vermaak, DStv, internet, bote, vierwiel motorfietse, karavaan en wat nog by dieselfde huise. Ons moet ernstig besin oor dit wat werklik belangrik is. 10, 20, 30 jaar gelede was dinge anders. Die misdaad toneel het nou soveel verander dat jy nie meer sonder vroeë waarskuwing, buurtwagte, gewapende reaksie en wat nog kan klaarkom nie. Kry jou en jou gesin se prioriteite agtermekaar voor dit te laat is. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
4896Loading...
08
Dinsdag 7 Mei 2024 Goeiemôre Tyd, die een ding wat ons nie kan terugkry wanneer ons dit eers gebruik het nie. Tyd is kosbaar, hoe meer tyd ek het om voor te berei hoe beter kan ek dit doen. As dit dan so is, hoekom sal ek nie vir myself planne maak om meer tyd te hê wanneer ek in 'n krisis moet voorberei nie? Hoekom sal ek nie reeds vooraf, planne beraam en in plek sit om vir myself kosbare oomblikke te koop wanneer 'n noodsituasie ontstaan nie? Wanneer jy die stories hoor wat mense vertel nadat hulle aangeval is, loop daar 'n goue draad deur elkeen van daardie stories. Voor die voet is almal op een of ander wyse verras. "Die mense was bv besig om TV te kyk", of "het net klaar gebraai en was besig om gereed te maak om te eet", "hulle het geslaap toe hul wakker word met mense in die kamer" en nog baie meer. So hier en daar hoor jy darem 'n suksesverhaal soos die tannie wat die rook uit 'n groep aanvallers geskiet het, of die dame wat in haar kind se hangkas gaan wegkruip het met 'n pistool en toe die aanvaller doodgeskiet het. Dié suksesverhale is egter ver in die minderheid. Feit bly staan meeste mense (almal) wat aangeval is, is op een of ander wyse verras. Kom ons dink nou bietjie anders. Wat gebeur as daardie misdadiger die deur oopmaak en verras word met 'n mal boer wat op hom losbrand? Of as hy daardie heining knip en 'n ander persoon/ persone trap hom en sy makkers sommer net daar vas? Wat as jy die verrassing aan jou kant kan kry en die suksesverhaal na die tyd kan vertel? Want jy kan! En jy moet! Want jy weet tog dat jy een of ander tyd aangeval sal word. So hoekom sal jy nie jou dinge so beplan dat jy die held in daardie verhaal kan wees nie? Wat keer jou om jou lewe en omgewing so te reël dat jy as oorwinnaar uit daardie situasie kan stap? Geld? Tyd? Kennis? Elke dag wat jy deurgaan sonder om iets aan jou beplanning te doen, is 'n dag wat jy mors. Elke dag wat jy versuim om iets in plek te sit om vir jou tyd te koop, is 'n nag wat jy ingaan met 'n hoër risiko om aangeval te word! Dit is ook 'n dag wat jy nóóit weer sal hê om te spandeer aan iets wat jou lewe kan red nie. Begin vandag nog planne maak. Kry vandag nog jou vroeë waarskuwing stelsels in plek! Sluit vandag nog by jou buurtwag aan. Raak vandag nog betrokke in jou gemeenskapsveiligheid program. Moenie in môre oggend se koerant memoriam wees nie, wees op die voorblad omdat jy oorwin het, omdat jy die verrassing element aan jou kant kon kry. Jy kan en moet die verskil wees Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2763Loading...
09
Maandag 6 Mei 2024 Môre Wat het ek nodig om myself en my gesin te beskerm? Die kort antwoord is: Tyd Met tyd aan jou kant, kan jy pro aktief optree in plaas van om te reageer op kort kennisgewing. As jy 'n jaar voor die tyd weet daar gaan 'n drastiese verhoging in die prys van brandstof wees, kan jy reeds 'n plan maak om die styging die hoof te bied maar as jy vanmôre by die pomp stop om vol te maak, en dan agterkom die prys het oornag met R 15.00 per liter gestyg, dan is ek bevrees jy gaan meer as net platsak wees. So as jy 'n kosbare 5 of 10 sekondes vooraf kan weet van 'n voornemende misdadiger op jou perseel, kan jy planne aktiveer om hom te hanteer. Sou jy egter met die loop van 'n vuurwapen teen jou kop wakker word, gaan jy 'n slegte dag beleef. Daarom is dit so belangrik om vroeë waarskuwing stelsels in plek te kry. Vroeë waarskuwing kan alarms, kameras en ander items behels maar vroeë waarskuwing kan ook betrokkenheid in jou gemeenskap wees. In werklikheid is 'n gesonde veilige gemeenskap 'n uitstekende vroeë waarskuwing stelsel. Betrokkenheid in so 'n gemeenskap bied aan jou en jou gesin 'n voorry sitplek met uitstekende insae in jul gemeenskap se veiligheid. Ek kan nie gemeenskapsbetrokkenheid genoeg beklemtoon nie, dit is amper so belangrik soos jou geloof. Raak betrokke, ken jou gemeenskap en ken jou omgewing. Ek sien te veel mense wat nie weet wat buite hul grensdrade aan die gang is nie. Ek wil in die volgende paar dae met jou praat oor tyd. Hoe kosbaar is tyd en water verskil kan selfs net 'n paar sekondes maak. Selfs 5 sekondes vroeë waarskuwing kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Ek wil met jou praat oor die verrassings element en hoe jou kanse verbeter as jy die verrassing aan jou kant het en tot jou voordeel gebruik. Ek wil ook met jou praat oor jou verantwoordelikheid teenoor jou gesin. Hoe misdaad oor die laaste paar jaar drasties verander het en hoe desperaatheid die oorhand by baie misdadigers begin kry. Dit is nou tyd om jou optrede, kennis en planne op te skerp. Dit is nou tyd om waaksaam te wees en die misdadigers in jou area dop te hou. Jy kan, deur fyn op te let, sien hoe hierdie ouens foute maak, en jy kan daardie foute tot jou voordeel aanwend. Ons gesels môre verder . . . Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2682Loading...
10
Vrydag 3 Mei 2024 Goeiemôre Ons het gister so bietjie gesels met die groep leiers, vandag wil ek met die nuwe rekrute gesels. Jy besluit om by die buurtwag aan te sluit, en jy kom daar aan met 'n kop vol planne. Dit is goed so, ons wil graag nuwe idees en planne hoor maar wees versigtig. Ek hoor baiekeer manne wat sê "ons moet koerante toe gaan" of "ons moet die stasiebevelvoerder gaan sien" en nog heelwat ander blink planne. My vriend, soveel as wat ek en andere jou idee ondersteun wil ek ook hê jy moet vir 'n oomblik dink. Kom ons noem hulle die ou manne, het heel moontlik al reeds hierdie roetes probeer. Hulle het heel moontlik al ander planne, waaraan jy nog nie gedink het nie, ook probeer. Die ou manne het, net soos jy, ook met hierdie planne vorendag gekom en ek moet toegee, in die pre 94 era, sou hierdie planne puik vrugte afgewerp het. Die probleem is net dat in die post 94 wêreld, is die groot plan bietjie anders. Ek persoonlik het al in vergaderings gesit waar deelnemers ons die son, maan en sterre beloof het, net om kort daarna soos mis voor die son te verdwyn. Ons het al geleer dat sommige stories werklik te goed is om waar te wees. Uit ondervinding het ons al geleer dat die owerhede, nie baie behulpsaam is nie, daarom is ons grootliks op ons self aangewese om dinge veilig en aanmekaar te hou. Daarom gebeur dit dat wanneer jy 'n plan van aksie aanroer, jy nie altyd met groot entoesiasme begroet word nie. Die ou manne het geen probleem met jou plan nie, ons weet ongelukkig alreeds wat gaan gebeur wanneer ons die plan probeer implimenteer. Jy kan nie 'n dooie perd ry nie, ons regerende party is ongelukkig, 'n dooie perd. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3572Loading...
11
Donderdag 2 Mei 2024 Môre Ek wil vanmôre bietjie met groep leiers praat. Jy is in beheer van 'n buurtwag of ander veiligheids groep. Vir hierdie groep om effektief te funksioneer, is dit afhanklik van gemeenskapslede wat betrokke raak en dus hul tyd, kennis en bronne beskikbaar stel. Dit gebeur heel dikwels dat 'n persoon aansluit en omtrent alles wat die groep leierskap doen bevraagteken. So persoon sal bv se dat die leiers die polisie moet betrek, die provinsiale polisie hoof moet gaan sien, die burgemeester en raadslede moet raadpleeg en nog vele meer. Ek besef dit is uiters frustrerend en dat hierdie outjie nie bewus is van die verskillende pogings wat julle as leiers reeds van stapel gestuur het nie. Dan kan jy ook maar vir die outjie sê dat al hierdie roetes al gevolg is en dat jy geen samewerking van daardie partye kry nie, hy/sy aanvaar dit gewoonlik nie. Probeer maar geduldig wees, hopelik het jy iewers notules of notas van vergaderings wat gehou is. Stel maar afskrifte daarvan beskikbaar. Laat hy maar self lees. Dit is ongelukkig so dat baie outjies wat betrokke raak glo hul weet alles en dat hulle eers 'n paar keer self moet probeer voordat hul begin besef wat dit behels om so operasie te dryf. Ja natuurlik is daar die kans dat die outjie jou werk wat reeds gedoen is, ongedaan kan maak deur sy ondeurdagte optrede, maar as jy sovêr jy kon met almal goeie verhoudinge probeer bou en hou het, sal dit nie maklik gebeur nie. Probeer maar diplomaties wees en reken maar op die ondersteuning van jou groep. Daar sal ander mense wees wat jou goeie werk en moeite aan die outjie sal verduidelik. Moenie fokus verloor en moedeloos word nie. Gebruik hierdie ouens om bv vergaderings by te woon en verslag te doen daarvan. Gee hom verantwoordelikheid om self ook sy bedrae te lewer. Moet nie die persoon heeltemal uitgeskakel nie, dit veroorsaak amper altyd probleme. Sterkte met wat jul leiers doen. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3492Loading...
12
Woensdag 1 Mei 2024 Goeiemôre 29 Dae van vandag af, staan ons hopelik in rye om te stem. In die volgende 29 dae kan baie dinge verander. Ons kan net bid dat dinge vreedsaam sal verloop maar, ons moet ook realisties wees en besef dat dinge baie skeef kan loop. Hoe goed ons voorbereid is en hoe aanpasbaar ons gaan wees, gaan bepaal hoe maklik of moeilik ons deur die volgende paar weke en maande sal kom. Wat die eintlike verkiesing betref is daar 'n paar uitkomste elk met sy eie stel gevolge. Die moontlikheid bestaan dat die verkiesing weereens sal wees soos voorheen met die regerende party wat weer 'n volstrekte meerderheid behaal. Dan is dit "business as usual" alles gaan aan soos nou, ja daar sal ongelukkigheid wees van ander partye maar ek vermoed dit sal tot 'n groot mate eers onderdruk word. Sou dit so gebeur dat geen enkele party die volstrekte meerderheid kan bereik nie, tree die koalisie opsie in werking. Dan sal die partye wat besluit om in koalisie te gaan 14 dae hê om hul koalisie aan die gang en reg te kry. Met dit in gedagte kan mens seker aanvaar dat die volgende 6 tot 8 weke redelik interressant sal wees en dat ons heelwat beweging op die misdaad front sal sien. Iets wat nogal 'n groot rol kan speel is die ding dat die presidensie te kenne gegee het dat hul die parlement wil ontbind, ongeveer 'n week voor die verkiesing. Dit opsigself kan nogal vreemde gevolge hê. Tyd sal leer. Wat ek vandag vir elke persoon wil se is, maak nou gereed, skerp jou veiligheid nog so stappie of twee op en wees baie paraat. Kyk wat om jou gebeur. Wees waaksaam. Nie een van ons kan werklik voorspel wat gaan gebeur nie maar ek glo steeds daaraan om gereed te maak vir die ergste, terwyl ek steeds hoop vir die beste. Ek sit liewer na die tyd met 'n wavrag blikkies kos as om in 'n krisis sonder kos te sit. Ek kan redelik effektief van so hoop kos ontslae raak maar kan nie so maklik kos skep nie. Dink, beoordeel jou veiligheid situasie en maak aanpassings soos en waar nodig. Groete Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3373Loading...
13
Media files
4254Loading...
14
Dinsdag 30 April 2024 More Charles Darwin het glo gesê - "It is not the strongest or the most intelligent who will survive but those who can best manage change." Die mens is baie aanpasbaar, kyk maar hoe vinnig mense aanpas na hy bv 'n ledemaat verloor het, of skielik van werk of blyplek moes verander. As jy nie verandering aanvaar nie en steeds hunker na dit wat jy ken en gehad het, raak jy dikwels verlore in die nuwe omgewing. Ek sê egter nie jy moet by alles leer aanpas nie, inteendeel, dit sou dom wees om bv jou waardes en tradisies weg te gooi ter wille van aanpassing. Maar jy kan wel jou leefstyl aanpas om goed soos misdaad die hoof te bied. As ons na die misdaad tendense oor die afgelope 10 jaar kyk sal jy sien dat daar heelwat nuwe planne aan die lig gekom het. Goed soos bv "spiking" ontvoering, mense roof is vandag baie meer prominent as wat dit 10 jaar terug was. Met dit in gedagte vra ek dan die vraag, hoekom sal ek vandag steeds staatmaak op die vroeë waarskuwing en verdediging metodes wat ek 10 jaar terug in plek gesit het? Ons sou 10 jaar gelede nog baie alarm stelsels binne die huis gehad het, met ander woorde, verklikers wat jou in kennis stel dat iemand binne jou huis is. Oor die laaste klompie jare het die fokus weggeskuif van binne jou huis en fokus ons deesdae meer daarop om te weet wanneer die booswig my perseel betree. So pas ons voortdurend aan terwyl die wat nie wil aanpas nie gewoonlik slagoffers word. Ons kommunikasie metodes het ook oor die laaste 10 jaar ontwikkel, soveel so dat ons ongeveer 10 jaar gelede eers sosiale media soos Whatsapp begin ontdek het. Facebook se rol verklein en al meer mense beweeg weg van Facebook af terwyl Whatsapp, telegram en dies meer ontwikkel tot meer kragtige en toeganklike vorme van kommunikasie. Om dus te oorleef, moet jy bereid wees om aan te pas. Gaan bekyk jou stelsels en planne, is dit nog relevant vandag? Maak dit voorsiening vir die hedendaagse misdaad tendense? Indien nie moet jy ernstig begin kyk daarna om veranderings te maak. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
2981Loading...
15
Media files
2895Loading...
16
Maandag 29 April 2024 More Die Bybel leer ons dat daar 'n tyd en plek vir alles is. Dit sê ook dat ons God, 'n God van orde is. Ek het grootgeword in 'n huis waar orde en dissipline elke dag by ons ingedril is. My oorlede moeder was baie gesteld daarop dat daar orde en roetine moet wees. Elke oggend opstaan, aantrek, bed opmaak, ontbyt eet, dag aanpak, take verrig, vanaand tuis kom, sekere dinge doen en dan die afsluiting van die dag waar mens seker maak jou deure is toe en gesluit, alarms is aan ens. Dit is seker vir sommiges vervelig om alles so oor en oor te doen maar, seker omdat ek so grootgeword het, pas dit my uitstekend. Elke weermag maak ook staat op dissipline. Om die waarheid te sê, enige vorm van opleiding is eintlik maar net die aanleer van sekere dissiplines. Enige beroep, hoe onvoorspelbaar ookal, maak staat op orde vir die sukses daarvan. Misdaad werk presies dieselfde, en wanneer mens die misdadiger se werk metodes begin ontleed kom jy baie gou agter dat selfs hulle orde en dissipline in hul werkwyse het. As jy dus gaan inligting insamel, gereeld tonele besoek en kyk hoe daar toegang verkry is, wat geneem is of hoe die misdaad dan gepleeg is, kom jy gou gou patrone agter. As jy dan verder gaan kyk en nog verder terug gaan begin navorsing doen kom jy ook agter dat hierdie ouens ook ander stappe het wat hulle deurgaan voordat hulle eens by die misdaad toneel aankom.. So sal hulle byvoorbeeld ook verkenning van die area doen, inligting oor die moontlike slagoffer inwin en dophou om jou patrone te bepaal. Hulle sal ook goed soos vervoer en dalk gespesialiseerde hulp inbring om bv by 'n sekere alarm of deurslot verby te kom. So vir my en vir jou om meer pro aktief op te tree moet ons inligting hê oor die persoon of groep wat ons teister, ons moet ook besef dat hierdie persone hul metodes gereeld afwissel om ons van stryk te bring. Ons moet dus baie fyn begin oplet en leer, dophou, waarneem en inligting wat ons so inwin, verwerk tot die punt waar ons kan weet wat gaan volg. Dit is dus uiters belangrik om inligting in te win. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
3172Loading...
Vrydag 17 Mei 2024 Môre Soms loop mens paadjies wat nie regtig vir jou sin maak nie. Dan kom jy 'n tyd vorentoe en kyk terug en besef dat jy sekere dinge in daardie tyd moes deurgaan om nou, wanneer jy terugkyk, meer of dalk beter ondervinding te hê om sekere situasies te kan hanteer. Ek wil nie vanmôre filosofies raak en 'n lang relaas afsteek oor hierdie spore waarop ons gelei word nie. Wat ek jou vandag wil kom vra is eintlik baie eenvoudig. Ons elkeen het ervarings, ondervinding. Soms is dit goed en soms is dit sleg. Ek wil jou vandag vra, sal jy kans sien om betrokke te raak met mense wat kan baat vind uit jou ondervinding? Kom ons sê bv jy is 'n verpleër en jy kan vandag op 'n toneel afkom waar jou kennis en ondervinding kan help om iemand se lewe te red, sal jy dit doen? Dalk is jy 'n goeie administrateur, of dalk kan jy goed werk met kos, inligting, syfers, menseverhoudings of iets soortgelyks. Kan jy nie dalk hierdie kennis en ondervinding in jou gemeenskap terugploeg nie? Hoeveel kan dit vir jou beteken om iemand se hand te neem, iemand wat dalk desperaat is en nie meer weet hoe om vorentoe te gaan nie, en daardie persoon te mentor tot 'n punt waar hy of sy weer 'n aktiewe lid van die gemeenskap kan word? Mens werk nie altyd net vir geld nie, ek loop regtig baie vrywilligers raak wat hul tyd, kennis, ondervinding, hul menswees met ander deel om 'n verskil te maak. Dit gaan heel moontlik nou half onvanpas wees maar selfs mense van ander kleur, geloof, oortuiging spring soms in om hul medemens behulpsaam te wees. Nou as daardie mens met sy ander vel, hoed, kopdoek dit kan doen, hoeveel te meer is dit nie ons plig wat direk uit die Bybel die opdrag ontvang het nie. Se Jesus nie duidelik vir ons "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself nie?" Ons elkeen het al 'n pad gestap, sommige positief, ander negatief, maar 'n pad wat ons lewens ryker gemaak het met kennis en ondervinding wat ons met ander ten goede kan deel. Moenie dink dit is net ons wat deurloop onder misdaad nie, in die townships is dit 10 keer erger as by ons. Maar tog, in daardie township is daar mense, net soos ons, wat mekaar se hande vat en dra. Ek vra vandag mooi, raak betrokke, al is dit net om die woord oor jou buurtwag te versprei, of om 'n uur per dag op jou stoep te sit en te rapporteer wat jy in die straat voor jou huis sien. Elke bietjie help, elke klein bietjie help. Skryf goed neer, gee briefie vir die plaas of buurtwag raak net betrokke. Jou oplettendheid, jou goeie daad kan dalk net die ding wees wat iemand se lewe gaan red. Mooi dag Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
إظهار الكل...
Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

👍 2
Donderdag 16 Mei 2024 Goeiemôre Ek het gister weer 'n baie insiggewende en interressante gesprek gehad rondom kostes van vroeë waarskuwing stelsels. Hoewel ons hierdie gesprek al soveel keer gehad het dink ek moet mens toegee dat nie almal die blikkie en klippie mens kan wees nie, maar met dit gesê, is dit sekerlik nie die enigste effektiewe goedkoop vroeë waarskuwing stelsel nie. Daar is regtig baie oulike, goedkoop alternatiewe beskikbaar in die handel, plekke soos builders warehouse, Chamberlain's, game ens. Kyk maar rond. Jy hoef regtig nie die "latest en greatest" te hê nie. Jy gebruik uiteindelik dit wat vir jou werk. Ek wil vanmôre hierby byvoeg, hou jouself op hoogte van bestaande wetgewing en weerhou jouself daarvan om aan die verkeerde kan daarvan te beland. Wees versigtig met wat jy doen, wat jy se en baie belangrik, sorg dat jy getuies het. Ons sien gereeld mense wat na 'n suksesvolle aankeer van 'n verdagte, self aangekla word van goed soos bv, aanranding, rig van gevaarlike wapen, crimen injuria en nog 'n verskeidenheid ander goed. Ek net noem dat nog 'n baie gewilde een is dat vroue wat in 'n operasie mag betrokke wees baie maklik omdraai en sê dat iemand haar seksueel aangerand of selfs net aangeraak het. As so beskuldiging na jou kant kom is dit amper 'n onmiddellike arres. Moet dus sovêr jy kan nooit alleen optree nie en as jy optree sorg vir een of ander vorm van opname, hetsy audio of video en audio. Hoe moeilik dit ookal mag wees, tree rasioneel en sovêr moontlik, sonder emosie op. Met ander woorde, hoe kwaad jy ookal mag wees, wees rustig, doelgerig en selfbeheersd. Moenie dat enigiemand 'n vinger na jou kan wys nie. Hier is dit ook belangrik om daarop te let dat organisasies soos AfriForum aan hul buurtwaglede regshulp beskikbaar maak in gevalle waar so lid binne die riglyn van die wet optree en dan vals beskuldig word deur verdagtes. Dit is 'n baie goeie reëling dat daar altyd 'n video opname gemaak word. Weereens is dit duur om bv lyf kameras aan te koop en bedryf maar glo my hofsake kan baie duurder wees en vat ongelooflike lang tye op. Vaardig iemand in jou groep af om om video's te neem met 'n selfoon, dit sal jou goed dien sou dit tot 'n aanklag/ regsaksie lei. Sluit aan by ons *AfriForum Rustenburg inligting kanaal* https://whatsapp.com/channel/0029VaQTTcMISTkB0BHY2A35
إظهار الكل...
Afriforum Rustenburg Inligting | WhatsApp Channel

Afriforum Rustenburg Inligting WhatsApp Channel. Inligting en bemarking kanaal vir Afriforum Rustenburg Afriforum is 'n nie politiese burgerregte-organisasie wat die regte van sy lede beskerm op alle vlakke van die samelewing. Hierdie kanaal is oop vir almal, lede en ook nie lede. Deel gerus dié skakel met almal

https://whatsapp.com/channel/0029VaQTTcMISTkB0BHY2A35.

157 followers

👍 3
Woensdag 15 Mei 2024 Môre Eerstens vra ek verskoning dat ek nie gister 'n plasing gemaak het nie. Goed, ek gesels die afgelope week met iemand wat my komplimenteer met die wyse waarop ek ons vroeë waarskuwing stelsels geïnstalleer het. Hy hou spesifiek van die idee dat daar rugsteun ingebou is vir elke stelsel en dan weer rugsteun vir elkeen van daardie rugsteun stelsels. So kan mens, as iets fout gaan nog steeds 'n tweede, derde en selfs vierde stelsel in plek hê sou iets iewers verkeerd loop. Ek probeer dan ook my stelsels so beplan dat alles so inmekaar skakel dat mens veelvuldige stelsels of grense moet oorkom voordat jy by my huis uitkom. Ek is tans besig met planne om dieselfde idee ook in my voertuie aan te bring. Ons beleef tans 'n vlaag inbrake in veral besighede se voertuie waar gereedskap en materiaal gesteel word. Dit maak mens se lewe nogal erg ongemaklik wanneer jy by jou voertuig kom en bore, hoekslypers ens is geneem. Ek sien die tendens is dan ook om battery aangedrewe masjiene te neem omdat dit baie handig is om by 'n volgende plek weer toegang te kry. Daarom beplan ek nou en werk aan idees om my toerusting veilig en op hul plek te hou. Ek werk ook aan 'n plan om goed soos wiele, batterye en selfs brandstof te beskerm aangesien dit ook besig is om hoë waarde kommoditeite te word. Verskeie mense het nou al gekla dat hul voertuig spaarwiel gesteel is hier by ons. Myne bly nou maar tuis vir normale alledaagse gebruik en ry net saam wanneer ek verder weg gaan van my kospotte af. Mens moet net nooit uit planne uitbraak nie, altyd moed en durf hê om iets nuuts te probeer en uiteindelik dalk 'n nuwe patent kry. Nou ja so sukkel mens maar voort dag vir dag Geseënde Woensdag vir almal. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
إظهار الكل...
Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

👍 1
Maandag 13 Mei 2024 Goeiemôre Daar is tans soveel wyses waarop misdadigers teiken dat dit moeiliker word om te fokus op slegs een strategie. Die ouens raak meer en meer desperaat en ontsien geeneen in hul kriminele aktiwiteite nie. Die spykers op die pad is maar net nog een van die metodes waarop misdadigers onskuldige mense teiken. Meestal is die wins uit so rooftog betreklik klein in vergelyking met die skade en trauma.. Maar wat kan ek doen om hierdie misdaad te vermy en selfs te bestry? Die eerste logiese stap sal wees om die brandpunte sovêr moontlik te vermy. Daar is gereeld nuwe inligting wat aan die lig kom en tans wil dit voorkom of die meeste gevalle, saans na sononder, in en om Gauteng plaasvind. Dit sal dus 'n goeie besluit wees om nie dan op hierdie paaie te ry nie. Tweedens, as jy dan moet ry, probeer 'n paar voertuie bymekaar kry en ry in konvooi. Indien dit nie moontlik is nie, kry nood nommers van reaksie groepe op die roete. As jy betrokke raak in so insident, kry soveel moontlik afstand tussen jou en die misdaad toneel. Hou aan ry sovêr as wat jy kan. Kontak noodpersoneel met jou ligging. Mens kan jou kar vervang maar niemand kan 'n lewe vervang nie, dit is onmoontlik. Dit kom weereens daarop neer dat mens moet vooruit beplan. As jy vandag in Pretoria of omgewing moet wees en die kans is daar dat jy in die donker moet terugry, reel dan liewer oorslaap plek. Mens vat nie onnodig kanse nie. Baie sterkte vir die week wat voorlê vir elkeen. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
إظهار الكل...
Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

👍 5
Vrydag 10 Mei 2024 Môre weer Teen die tyd weet ons dat misdaad oral kop uitsteek, dat misdadigers geen steen onaangeroer sal laat om net hul vervoeilike dade te kan pleeg nie. Selfs kerke en kerkdienste word nie ontsien nie. Ons weet hierdie dinge en ons hoop elke dag dat dit net nie met ons moet gebeur nie, maar tog, gebeur dit alte gereeld. Die Engelse spreekwoord sê, "Hindsight is 20/ 20" ek sê "Foresight is even better" ons moet net ophou lui wees, vooruit dink en beplan en ons planne in plek hou. Destyds toe ek nog op 'n kerkraad gedien en gereeld 'n sekere kerk besoek het, het ons 'n slag of twee kar verloor tydens 'n erediens aan booswigte. Ons moes toe noodgedwonge kerkraadslede afvaardig om tydens dienste voetpatrolies te loop. Destyds, ongeveer 30 jaar gelede, het dit goed gewerk maar namate die misdaad toegeneem het en die skobbejakke meer toegewyd geraak het, moes ons naderhand hekke en heinings installeer en nog later sekuriteit bewaking kry. Alles kon soveel makliker die hoof gebied word as ons net aanvanklik beter beplanning en implimentering kon doen. Ek gee toe dat ons destyds nie voorbereid was op hierdie goed nie. Omdat ons vandag weet en dinge sien gebeur is dit teoreties makliker om planne te maak en in plek te sit. Tegnologie het intussen met rasse skrede vooruitgegaan wat ons in staat stel om reeds lank voor die tyd bewus te wees van betreders en dus kan optree terwyl hul nog in aantog is. Ons grootste probleem lê by onsself, ons eie mense wat ons planne in die wiele ry omdat elke ou sy eie idee het en dit wil afdwing. Ons moet leer om hande te vat, mekaar se planne te ondersteun al is dit nie noodwendig wat ek self sou doen nie en 'n verenigde front vorm. Dit is die beste teenvoeter vir dit wat tans aan't gebeur is. Ons tyd word min, ons voorsien reeds groter probleme in die nabye toekoms. Ek pleit by elke persoon wat hier lees, staan op, raak betrokke, vat hande in jou gemeenskap, vorm daardie front en skep 'n ondeurdringbare muur teen misdaad. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
إظهار الكل...
Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

👍 5
Donderdag 9 Mei 2024 Môre Soveel keer sê mense vir my, "ons kan nie enige vroeë waarskuwing hier insit nie, ons huur net die plek." Werklik!? Enige verhuurder wat 'n huurder die reg ontsê om veiligheid en sekuriteit by sy huur eiendom op te sit verdien om geen huurder in daardie plek te hê nie. Ek huur en ek sit veiligheid stelsels in, as die grond baron sy stert in 'n krul wil ruk daaroor, dan is dit maar goed so. Hy of sy gaan nie my gesin beskerm nie, is meestal nie eens naby die eiendom nie en woon heel moontlik in 'n veiligheidskompleks. Huurders moet toegelaat word om veiligheid stelsels in plek te sit, in werklikheid behoort elke huurhuis ten minste 'n basiese vroeë waarskuwing stelsel in plek te hê. As verhuurder is dit jou plig om huurders eerlik in te lig oor die veiligheid situasie in die buurt waar jy verhuur. Moenie lieg en sê daar was nog nooit 'n inbraak as jy voor jou siel weet dit is nie so nie. Ek het al 'n verhuurder gehad wat hart en mond beloof het dat die huis so veilig is as fort Knox, maar die vorige inwoners het getrek nadat hul in dieselfde huis aangeval is. Dit is blatante misleiding. Huurders behoort onder geen omstandighede enige veiligheidsstelsels ontsê te word nie. Huurders het die reg tot 'n eerlike en feitlike opsomming van die buurt en omgewing se veiligheid situasie. Laat jou huurder vooraf weet waarvoor hy homself inlaat. Huurders, moenie naïf wees en alles glo wat jou lêndlord (landlord of grondbarron) jou vertel nie. Ons almal behoort teen die tyd te weet jy is nêrens meer veilig nie. Laat sit jou veiligheidsstelsels in, jy kan dit saam neem na jou volgende plek of aan die nuwe huurder verkoop wanneer jy trek. Verhuurders behoort ook 'n lys van basiese kontak besonderhede aan hul huurders beskikbaar te stel. Hierdie tipe lys behoort eintlik deel van die plaaslike buurtwag se verantwoordelikhede te wees. Op hierdie lys moet die nommers van plaaslike reaksie personeel, buurtwag leiers, dokters, hospitale, ambulans dienste ens wees. Daar moet ook plek wees waar bure en ander naasbestaandes se nommers ingeskryf kan word. Jou huis se adres moet baie duidelik wees. Veral in landelike gebiede is dit van kardinale belang dat 'n gestandaardiseerde stelsel in plek moet wees. Dit moet ook in stand gehou word. Jou eiendom, of jy self daar bly of verhuur, behoort jou trots te wees. Dawie Conradie t.me/veiligheid101 Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
إظهار الكل...
Landelike veiligheid

Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed

👍 4