cookie

نحن نستخدم ملفات تعريف الارتباط لتحسين تجربة التصفح الخاصة بك. بالنقر على "قبول الكل"، أنت توافق على استخدام ملفات تعريف الارتباط.

avatar

BV Wes-Kaap

إظهار المزيد
هولندا665لم يتم تحديد اللغةالسياسة22 881
مشاركات الإعلانات
941
المشتركون
لا توجد بيانات24 ساعات
-27 أيام
-1130 أيام

جاري تحميل البيانات...

معدل نمو المشترك

جاري تحميل البيانات...

👍 3
Vandag het ons weer die Kerkstraambom tereur aanval herdenk, en soos ek daar gesels met die mense wat so getrou elke jaar opdaag, dink ek net aan die simboliek van hierdie klein maar tog so belangrike dae. Dit is wanneer n Volk versuim om die klein dinge van die verlede te onthou, dat hy die groot dinge begin minder ag, maar solank daar n groep van ons is wat nie vergeet, sal die nagedagtenis van ons volksgenote wat hulle lewens in hierdie era van tereur verloor het altyd onthou word. Vandag 41 jaar terug is meer as 200 mense sowel as hul geliefdes se lewens onherroeplik uitmekaar geskeur toe die Kerkstraat bom afgegaan het, en solank soos wat ons dit hardop se en die lesse wat daaruit teleer is leer, bly hulle nagedagtenis lewendig. So eer en wys ons respek vir ons gestorwe volksgenote. Vir my is dit n onwrikbare toewyding om die nalatingskap van die wat hulle lewens verloor het lewendig te hou, om daar te wees of ek alleen staan of saam duisendes, in reën of sonskyn, in koue of gemak, ons mag nie vergeet, ons mag nie hul sterfte so min ag. Kom ons onderhou die klein dinge, kom ons spreuk van ons helde en leiers, kom ons hou ons erfenis en geskiedenis lewendig, of ons dit alleen doen of nie, of dit populer is of nie. DIS ONS PLIG. God wees met u. Bittereinders Groete - Francois van der Merwe
إظهار الكل...
Photo unavailableShow in Telegram
Boodskap van Tewie Wessels Weer in Groblersdal. Ek wil vandag net uit my pad uitgaan om vir tannie Marcelle Maritz te bedank vir alles wat sy beteken vir my. Tannie werk onverpoos agter die skerms en almal kon nog altyd net 'n oproep maak en tannie was daar om te help van probleme met veiligheid tot gesondheid. Tannie is van die min in die politiek wat my opreg trots maak en ons Volk se belange ook trots steun. Lief tannie baie🌹🌹
إظهار الكل...
6👍 2
01:44
Video unavailableShow in Telegram
‼️Groblersdal terugvoer‼️ Ons sal nie terug staan nie, ons sal nie skaam wees nie,ons sal nie stil wees nie! Ons sal weer vry wees. God is met ons. Sluit vandag aan by die beweging wat onbeskaamd net vir Boere/Afrikaner belang baklei. Www.Bittereinder.co.za Bittereinders Groete -Francois van der Merwe
إظهار الكل...
👍 5🔥 1
https://www.bittereinders.co.za/post/die-lewe-is-n-geskenk-uit-god-se-hand Die lewe is 'n geskenk uit God se hand. God het bepaal dat alle menselewens op 'n baie besonderse manier geskep word by wyse daarvan dat 'n man en vrou een word. Die kerkvader Tertullianus en die Hervormer Martin Luther leer ons dat selfs die menslike siel gegenereer word met konsepsie, en dus ten nouste verbind is met ons genetiese samestelling (sien Levitikus 17:11, 14). Dit is om hierdie rede dat aborsie moord is. En om jou eie kinders te vermoor is sekerlik een van die ergste gruwels denkbaar. 'n Volk word gebou deur gesinne, en gesinne word gevorm wanneer kinders verwek word. Daarom moet ons volk se kinders beskerm en gekoester word vir wat hulle werklik is - geskenke van God (Psalm 127:3). Dit beteken dat ons ook daarna moet streef om eerder groter as kleiner gesinne en eerder meer as minder kinders te hê. Boerekinders is die toekoms van die Boerevolk. -Adi Schlebusch (Pactum Institute) Besoek gerus Dr. Schlebusch se webtuiste by: https://www.pactuminstitute.com/
إظهار الكل...
Die lewe is 'n geskenk uit God se hand.

Dit is om hierdie rede dat aborsie moord is. En om jou eie kinders te vermoor is sekerlik een van die ergste gruwels denkbaar.

https://www.bittereinders.co.za/vierkleur Die Vierkleur Die Vierkleur is die vlag van die ou Zuid-Afrikaanse Republiek. Ander Boererepublieke het ook vierkleur-vlae gebruik, maar die Transvaalse Vierkleur is die bekendste. Die Vierkleur is ‘n simbool van vryheid en van die Boerevolk se vryheidstrewe. Dit staan vir ons volk se gesindheid teenoor ander volke. In gehoorsaamheid aan die Wet van God gun ons ook ander volke dieselfde vryheid wat ons begeer. Hierdie gesindheid staan reeds in die Voortrekkermanifes en ons volk het nog altyd daaraan getrou gebly. Daarom staan die Vierkleur teen imperialisme en kolonialisme. Dit staan teen verdrukking en onderdrukking van volke. Dit staan vir ons Bybelse opdrag dat elke volk homself moet regeer en die Here in volksverband moet soek en dien. Dit is waarom ons voorouers so dapper geveg het teen Britse oorheersing. Dit is waarom ons nou ook onder die vaandel van die Vierkleur stry teen die verdrukking van ons volk. Ons hoop om weer saam met ds SJ du Toit te sê: “Die Vierkleur van ons dierbaar land, Die waai weer oor Transvaal, En wee die Godvergete hand, Wat dit weer neer wil haal! Waai hoog nou in ons helder lug. Transvaalse Vryheidsvlag! Ons vyande is weggevlug, Nou blink ‘n blyer dag!” Die Vierkleur verteenwoordig lojaliteit, patriotisme en persoonlike offervaardigheid. ‘n Stimulus om te herhinner aan die dade van helde van die verlede; ‘n Wekroep aan die gewete, ‘n Aanmoediging tot entoesiasme, meer gekonsentreerde idealisme en vurige nasionalisme. ‘n Aansporing om eie belang ondergeskik te stel aan volksbelang. Om uiteindelik die grootste ideaal vir ‘n volk, naamlik vryheid te verwesenlik – as knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry! Bittereinders Groete Francois van der Merwe
إظهار الكل...
Die Vierkleur Sal Aanhou Wapper | Bittereinders

👍 2
'n Kort opdatering: Die Bittereinders het Dantè (ons) se deel van die koste vir die transkripsie van die rekord betaal. Nadat baie druk toegepas is, het die EFF verlede week uiteindelik hul deel betaal en die prokureurs wat die SAMRK verteenwoordig, het vandag hul deel betaal. Die transkribeerders sal nou voortgaan met die transkripsie van die rekord. Die omkeertyd is ongeveer tien dae. Ons eerste konsep van die hoofde van betoog is 'n rukkie gelede gefinaliseer. Sodra ons die rekord ontvang het, sal ons senior advokaat die hoofde finaliseer. Sodra die dokument aan die EFF se prokureurs beteken is, moet hulle, hulle hoofde van argumente voorberei in reaksie op ons s'n. Sodra dit gedoen is, sal ons 'n datum van die regter versoek vir finale argumente. Ons is UITERS dankbaar vir die Bittereinders, wat weereens in die bres getree het. -Millie Westley www.bittereinders.co.za 071 753 7683 [email protected]
إظهار الكل...
Photo unavailableShow in Telegram
Nicci janse van Rensburg beskuldigde borg aansoek uitgestel na 30 April/17 Mei 2024. Hou Bittereinders en Witkruis Monument Facebook blaaie dop vir meer gedetaileerde inligting
إظهار الكل...
😢 2👍 1
Photo unavailableShow in Telegram
Piet Groenewald en Stephan Greeff is sopas borg toegestaan in die Pietersburg hooggeregshof. God is goed.
إظهار الكل...
👏 2🙏 1
Photo unavailableShow in Telegram