cookie

نحن نستخدم ملفات تعريف الارتباط لتحسين تجربة التصفح الخاصة بك. بالنقر على "قبول الكل"، أنت توافق على استخدام ملفات تعريف الارتباط.

avatar

OORLEWINGS tuine

إظهار المزيد
مشاركات الإعلانات
1 711
المشتركون
لا توجد بيانات24 ساعات
-17 أيام
-530 أيام

جاري تحميل البيانات...

معدل نمو المشترك

جاري تحميل البيانات...

Photo unavailable
Photo from Arina
إظهار الكل...
TUINTAKE VIR JULIEMAAND Dit is snoei maand en voedings maand en ook die maand waar ons die grasperke laag afsnoei, aan die einde van die maand. Die temperature van die wintersdae en nagte is hoër as normaal, wat beteken ons kan enige dag vanaf 13  - 25 Julie begin snoei in die ryp gebiede. Die Kapenaars kan later snoei. SUUR LIEFHEBBENDE PLANTE Hierdie plante blom meestal in die wintermaande en benodig nou ekstra aandag met voeding en veral met Trelmix blaarvoeding sodat die blomme nie afval nie. Dit sluit in die azalea, camellias, magnolias, krismisrose en ook jou sitrusbome. Moenie vergeet om jou bloubessies te voed met Acid plant mix nie. Ek gooi ook nou ou teesakkies en koffiemoer oor hul grond. ROSE Die rose moet gesnoei word in Julie maand en daarna vars kompos ontvang met ROSE MIX as voeding. Geen water vir 3 dae na die snoeitydperk nie, sodat die snoeimerke nie swamsiektes kan opdoen nie. Die voeding so vroeg sal nie die roos verplig om vinniger uit te loop nie, want die stikstof is nie dadelik beskikbaar nie, maar die rose mix gee aandag aan ‘n sterk wortelgroei eerste. Dit is ook die tyd van die jaar wanneer ek 5ml Trelmix op 1 liter water oor elke roosboom se wortelstelsel gooi, wanneer die roos alreeds sopnat gemaak is. GROENTEBEDDINGS Dit is nou die tyd om jou nuwe beddings vir die somer voor te berei met kompos en groentemengsel, sodat die minerale beskikbaar kan wees as jy die saailinge vanaf Augustus gaan uitplant. Die winter groente moet nou gereeld gespuit word met Trelmix en Kelpak afwisselend, veral as die Brassicas begin kop maak, want dit is die tydperk wanneer die Luise die nuwe vrug aanval. Onthou om maandeliks kompos ekstrak water oor jou groente beddings te gooi, want die grond organismes raak lui in die koue van die wintermaande. VRUGTEBOME Snoei jou bome vanaf middel Julie en voed die grond met kompos en vrugteboom mengsel. Daar is verskeie videos beskikbaar oor hoe om vrugtebome te snoei. Bestel by Tessa. Daar word ‘n nuwe video op 10 Julie uitgegee, genaamd VERHOOG JOU VRUGTEBOME SE VRUGDRAG MET DIE KORREKTE SNOEI METODE EN VOEDINGS METODES. GRASPERKE As jy baie dooie gras het in  die wortelstelsel, sal dit goed wees om einde Julie die grasperk kort te snoei en die dooie stukke uit te hark, want dit veroorsaak molkrieke en swamsiektes. Gooi dan kompos of erdwurmkompos oor die gras om die wortelstelsel te verbeter. Indien daar kaal kolle is op die grond, gooi daar dan KOMPOS EKSTRAK WATER nadat die grond met die vurk belug is. Moenie enige grass energizer gooi as daar nog ryp voorkom of as jy nie vir 2 weke gereeld water gaan toedien nie. BLADWISSELENDE BOME EN STRUIKE Hierdie plante gaan vroeg uitloop hierdie jaar en benodig ekstra aandag aan die wortelsone. Gooi kompos en PLANT MIX as voeding sodat die wortelstelsel kan versterk. Maak hul diep nat wanneer jy water toedien. POTPLANTE Die wintermaande is die tydperk om ekstra aandag te gee aan potplante, en te besluit of jy hul wil oorplant in nuwe potgrond, en of jy hul net wil laat staan in kompos ekstrak water vir 30 minute, sodat die grond organismes via die water kan intrek in die dooie potgrond. Dan voed ek ook die grond organismes met KELPAK WATER wat ek oor die grond gooi, sodat die organismes weer kan aanteel in die potte, en sodoende het jy nie nodig om die ou potgrond te vervang met nuwe potgrond nie. Selfs my orgideë word so behandel. SPESIALE AANBOD TOT 10 JULIE Daar is spesiale pryse op die volgende produkte, al wys dit nie op ons produkte lyste nie. Hierdie aanbod is net vir produkte wat bestel en betaal is voor die 10 Julie. GROENTEMENGSEL R120 TAMATIE EN PAMPOEN MENGSEL R80 VYEBOOM MENGSEL  R40 VRUGTEBOOM MENGSEL R80 ROOS MENGSEL R80 CLIVIA EN MEERJARIGE PLANT MENGSEL R80 ACID PLANT MIX R80 PLANTFOOD MIX R120 AEROBIESE KOMPOS KOOP 4 SAKKE VIR DIE PRYS VAN 3 (R180)  
إظهار الكل...
Photo unavailable
Photo unavailable
Photo unavailable
Photo from Arina
إظهار الكل...
IS JY GEREED VIR DIE SNOEISEISOEN Julie maand is oor 9 dae en dan kom die snoeimaand vir die tuinier. Gewoonlik word snoei gedoen in die maan tydperk van LAASTE KWARTIER tot en met NUWE MAAN. Dit is die tydperk wanneer plante se sappe afwaarts beweeg en wat die wortels gevoed word met fotosintering suikers. Die volgende laaste kwartier in Julie is die 27 Julie, wat laat is in die maand, veral as ons in ag neem dat die winter temperature hoër is hierdie jaar as normaalweg. Die hoër temperature kan dus beteken dat die perskebome alreeds vroeg in Julie kan uitloop met blommetjies, wat weer kan afryp later in die seisoen. Gewoonlik draai die aarde se water tafel in die dieper grond rondom die 13de Julie en dit is dan die oorsaak hoekom die plant vinniger blomme uitstoot, veral as die temperature gaan hoog bly tot en met die middel Julie. Dit is dus die rede hoekom ek sou voorspel da tons hierdie jaar alreeds vanaf 13 Julie kan begin snoei. Die struike en die rose gaan ook vir jou vroeér uitloopsels gooi weens die hoér temperature. As plante te laat gesnoei word, verander dit die vorming van die plant se nuwe wortelstelsel en word daar nie gesonde nuwe hoof wortels gegroei nie, maar net fyn en tingerige sywortels, wat verswakte bogroei veroorsaak en nie nuwe uitloopsels aan die onderkant van die rose of struik veroorsaak nie. Maar dit voel nog lank tot daardie datum, terwyl dit nou eintlik die tyd is om jou snoeiskêr skerp te maak, jou boomskêre te versorg en ook jou grassnyer se lemme te vervang met skerp nuwe lemme. Daar is nog net 3 weke oor om hierdie taak te verrig. Na snoei is dit ook tyd om jou plante se wortelstelsel te voed en weer te kyk na die organismes sisteem in die grond. Dus, voed jou plante na snoei met minerale en voed die organisme sisteem met kompos en of kompos ekstrak water. Werk saam met die natuur se vloei en die plant sal nie te vining uitloop nie. Hierdie jaar is die ryp ook nie so erg nie, en plante gaan daarop reageer. Dit is beter om vroeg te snoei as om te laat te snoei. Bestel vroegtydig jou minerale mengsels, voordat die nuwe pryse in Julie verskyn.  
إظهار الكل...
LANGEBAAN is nog op 22 Augustus
إظهار الكل...
PESTE EN PLANT SIEKTES SE OORSAAK Ek het hierdie week deur verskeie (100+) inskrywings gewerk waar die deelnemers van ons groentekursusse van Julie en Augustus moes vrae beantwoord uit hul groentetuine. En dit was vir my hoogs opvallend hoe alle probleme met oormatige peste en swamsiektes na 3 redes terug verwys as die rede hoekom hierdie probleme voorkom. En daardie redes is a) die grondstruktuur wat nie korrek is nie; en b) die grond biologie wat heeltemal wangebalanseerd is weens die verkeerde gebruike van kraalmis, kompos en organiese minerale op die verkeerde tydperke; en c) die wanbalans in die grond chemika wanneer dit kom by die verskillende groente soorte. Dit was ook vir my opvallend dat 95% van die vraelyste ‘n probleem gehad het met te min tamaties, roes op die tamaties, meeldou op pampoene, swak saad ontkieming en die mees algemene probleem was die kennis om te weet wanneer om watter groente in jou tuin te plant. Dit is sekere van die onderwerpe wat ons gaan aanspreek in die kursusse. As jy nog nie ingeskryf het vir ons kursusse nie en jy beleef ook probleme met hierdie genoemde groentetuin kopsere, dan wil ek jou aanbeveel om so spoedig moontlik in te skryf, want party kursus datums is alreeds vol geboek, en ons kan nie meer inneem as wat die venue sitplekke kan bied nie. Ons boeke, wat aan jou uitgedeel word as deel van die R450 opleidings kostes, moet voor 10 Julie gedruk word en daarna kan ons nie meer nuwe inskrywings inneem nie. Stuur vandag nog jou naam en van, epos adres, selnommer en watter dorp jy wil bywoon na Arina te 082 331 5434. Ons het die dorpe verwyder waar daar geen of te min inskrywings was die afgelope 2 weke. Kursus tye is 10h00 – 13h00. 26 Julie in CENTURION 27 Julie in PRETORIA 3 Augustus in BENONI (in engels) 7 Augustus in RANDBURG (in engels) 10 Augustus in RIVERSDAL 12 Augustus IN ROOIELS (in engels) 13 Augustus in SOMERSET WES 15 Augustus in PAARL 16 Augustus in DURBANVILLE 17 Augustus in HERMANUS 19 Augustus in HOUTBAAI (in engels) 20 Augustus in CLANWILLIAM ( in engels) in the afternoon 21 Augustus in CLANWILLIAM 31 Augustus in POTCHEFSTROOM  
إظهار الكل...
Photo unavailable
Photo from Arina
إظهار الكل...
KORRIGEER JOU GROND STRUKTUUR Daar is bitter min van ons wat kan spog met ‘n leemgrond, waar die klei en sand en slik partikels eweredig versprei is. Dit is die beste grondstruktuur om te kan hê, wat die minste probleme oplewer en die vinnigste groeikrag besorg. Maar dit is gelukkig nie meer deesdae onmoontlik om dit te kan bekom nie, veral nie as ons werk met die biologie van die grond nie. Indien jy vanoggend mismoedig voel oor jou grond en vaskyk in lewelose plante, wat vir jou laat dink jou groenvingers het oornag in pers vingers verander, dan het ons vir jou goeie nuus vanoggend. Enige negatiewe elemente in jou grondstruktuur kan reg gestel word, in ‘n baie kort tydjie, sonder om die ekonomiese appelkar om te gooi. Jy sukkel dalk met erge kleigrond wat jou voete insuig in die somer en dit uitspoeg in die winter. Wel, die positief van jou kleigrond is dat dit die rykste grond aan humus en minerale is, maar die negatief is dat dit alles vassuig en geen suurstof toelaat wanneer dit nat is nie. En enige grond sonder suurstof, is ‘n grond wat vir jou baie swamsiektes gaan besorg en die plante gaan nie minerale ontvang via diffusie of mineralisasie nie. Dus, nie ‘n baie lekker grond om mee te werk nie. En soms ook ‘n uiterse stadige groeier, wat in die wintermaande alles verander in ‘n vrot nes van dooie plante. Of dalk woon jy langs die see en weier om te glo dat enigiets in daardie warm sandgrond kan groei, dus is jou tuin nie bedoel vir groentetuine nie. Wel, ek het vriende langs die see wat die mooiste groente afpluk, nadat hulle gewerk het aan die biologie van die grond. En nou verander hierdie dooie sand in ‘n lewegewende leemgrond. Wat is dan die geheim om hierdie groot verskeidenheid gronde se karakter so te kan verander, dat die grond omskakel na ‘n leemgrond toe. En hoeveel jaar gaan dit neem? Wel, voorheen het ons gedink dat spit en kompos die antwoord is en dat 3 jaar die getal is vir wonderwerke. Maar, vandag weet ons van beter. Jy kan jou beursie bankrot koop aan kompos, en nog steeds nie die ideal bereik nie. Of jy kan werk met die biologie van die grond, met ½ die kompos en geen spit, en binne 3 maande jou grondstruktuur verander. Wat is daardie geheime element wat jy benodig om jou grondstruktuur te omskep in ‘n lushof van groeikrag? Dit is die vrae wat ons vir jou beantwoord in ons kursusse van Julie maand tot Augustus maand. Saam met die 3 uur lesing ontvang jy ook ons boek, spesiaal saamgestel om jou te help om by die antwoord uit te kom. Dit alles vir net R450. Skryf nou in vir ons lesings, deur jou naam en dorp en epos adres te stuur na Arina by 082 331 5434. 26 Julie te CENTURION 27 Julie te PRETORIA 3 Augustus te VEREENIGING 7 Augustus te RANDBURG in engels 10 Augustus te RIVERSDAL 13 Augustus te SOMERSET WES 15 Augustus te PAARL 16 Augustus te DURBANVILLE 17 Augustus te BLOUBERGSTRAND 19 Augustus te HOUTBAY in engels 20 Augustus te CLANWILLIAM in engels 21 Augustus te CLANWILLIAM in Afrikaans 22 Augustus te LANGEBAAN 31 Augustus te POTCHEFSTROOM Indien daar iemand is wat so vriendelik sal wees om vir ons plakkate in jou dorp op te plak, kontak asseblief vir Arina by 082 331 5434 met jou dorp se naam.
إظهار الكل...
اختر خطة مختلفة

تسمح خطتك الحالية بتحليلات لما لا يزيد عن 5 قنوات. للحصول على المزيد، يُرجى اختيار خطة مختلفة.